Sosiale media in die werksplek

Sosiale media het deel geword van ons daaglikse bestaan. Werkgewers staar gereeld verskeie struikelblokke in die gesig. Een van die redes hiervoor is as gevolg van werknemers wat sosiale media in die werksplek gebruik. Tog moet in ag geneem word dat die gebruik van sosiale media in die werksplek ook voordelig kan wees vir die werkgewer.

Die nadele van die gebruik van sosiale media

  • Verlies van produktiwiteit in die werksplek weens die tyd wat bestee word aan die gebruik van sosiale media.
  • Finansiële verlies as gevolg van die oormatige gebruik van die internet.
  • Menings wat deur werknemers gepubliseer word op sosiale media ten opsigte van die werkgewer of ‘n medewerknemer.

Die voordele van die gebruik van sosiale media

  • Werkgewers kan sosiale media benut om meer inligting te verkry oor kandidate vir vakante poste in die werksplek.
  • Werkgewers kan ‘n werknemer se profiel op sosiale media benut om ondersoek in te stel ten opsigte van enige siekeverlof aansoeke.

Sedick v Krisray (Pty) Ltd

In die saak van Sedick v Krisray (Pty) Ltd is werknemers afgedank weens kommentaar wat hul op die Operasionele Bestuurder se facebook-blad gepubliseer het. Die kommentaar het die eienaar van die besigheid sowel as die eienaar se familie, wat in diens was van die werkgewer, in ‘n swak lig gestel. Die werknemers se verweer was dat individue nie geïdentifiseer was in die kommentaar nie. Hul het ook gestel dat hulle privaatheid geskend was omdat ‘n ander werknemer toegang verkry het tot hulle facebook-bladsye.

By die KVBA was die kommissaris van mening dat daar ‘n groot kans was dat mense wat die kommentaar gelees het, sou kon aflei na wie die kommentaar verwys. Die kommissaris het verder aangedui dat die werknemers se kommentaar ‘n aanduiding was dat hulle nie respek betoon het aan die bestuur van die besigheid nie.

Die gebruik van sosiale media in die werksplek is ‘n toenemende probleem wat werkgewers in die gesig staar. Werkgewers kan die probleem oorbrug deur ‘n sosiale media beleid op te stel en te implementeer. Indien die werknemers nie die beleid volg nie kan progressiewe dissipline toegepas word.

Deel dit op:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.