Nasionale minimum loon: is jy gerat?

Die lange verwagte nasionale minimum loon vir Suid-Afrika is deur adjunkpresident Cyril Ramaphosa bekend gemaak. Dit volg na twee jaar van onderhandelinge wat op verskeie vlakke plaasgevind het.

Die aankondiging oor die nasionale minimum loon wat op 1 Mei 2018 in werking tree, is gebaseer op ‘n uurlikse tarief van R20,00 vir alle werknemers. Die landbou sektor sal vir eers 90% van die loon moet betaal en die huiswerkersektor 75% van dié loon. Dit kom daarop neer dat die landbousektor R18,00 per uur en die huiswerkersektor R15,00 per uur moet betaal. Hierdie tariewe sal geld tot die jaar 2020 waarna dit weer geevalueer sal word.

nasionale minimum loon

Volgens Sektorale Vasstelling 13 (wat van toepassing is op die landbousektor) betaal landbou reeds vanaf Maart 2017 R15,39 per uur. Die outomatiese verhoging volgens die Sektorale Vasstelling sal steeds plaasvind op 1 Maart 2018. Die uurlikse loon sal wel weer aangepas word op 1 Mei 2018 in terme van die nasionale minimum loon.

Die voorgestelde wetgewing het verreikende gevolge vir die arbeidsomgewing. Jy as werkgewer moet nou reeds bepaal of jy in ‘n finansiële posisie gaan wees om die lone te kan bekostig. Sou jy nie in ‘n posisie gaan wees om die verhoging te bekostig nie, kan werkgewers aansoek doen vir vrystelling. Hierdie vrystelling sal egter slegs vir ‘n 12 maande tydperk oorweeg word.

Die aanduiding is dat geen verdere vrystelling na ‘n tydperk van twee jaar, dus die jaar 2020, toegestaan sal word nie.

Deel dit op:

Facebook
Twitter
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.