Wat is my regte as werkgewer en hoe pas ek dit toe?

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Om aan wetgewing te voldoen is nie onderhandelbaar nie en hou ‘n besigheidsrisiko in vir werkgewers. In hierdie hoogs gereguleerde omgewing met betrekking tot arbeid, voel werkgewers dikwels dat hulle aan die kortste ent trek. Werkgewers moet egter besef dat hulle baie regte in die werksplek het, maar ook die verantwoordelikheid het om hierdie regte toe te pas.

Werkgewers kan aanspraak maak op die volgende regte in die werksplek:

Werknemers se fundisiêre verpligting om deurlopend in belang van die werkgewer op te tree.

Die verhouding tussen ‘n werkgewer en werknemer is gebaseer op wedersydse voordele en respek. Met indiensname onderneem die werknemer om deurlopend in goeie trou op te tree en die werkgewer se besigheidsbelange te bevorder. Enige aktiwiteit wat negatief impakteer op die werkgewer-werknemer vertrouensverhouding moet in ‘n baie ernstige lig beskou word.

Tipiese wangedrag wat hiermee verband hou sluit in:

  • korrupsie,
  • afpersing,
  • valse getuienis,
  • valse verklarings,
  • bedrog,
  • diefstal,
  • ongemagtigde besit of wanaanwending van eiendom en
  • die openbaarmaking of verskaffing van konfidensiële inligting.

Elke werknemer het die verpligting om enige afwykings in terme van die werkgewer se dissiplinêre kode dadelik te rapporteer. Indien die werknemer bewus is van ongerymdhede in die werksplek en dit nie rapporteer nie, kan die werkgewer dissiplinêre stappe neem teenoor hierdie werknemer.

Vasgestelde standaarde in terme van kwaliteit en kwantiteit

Dit is die werkgewer se reg om kontrole in die werksplek uit te oefen met betrekking tot werksprestasie. Dit is belangrik dat die werkgewer duidelike standaarde in terme van kwaliteit en kwantiteit daarstel waaraan werknemers moet voldoen. Alle dienskontrakte impliseer deur die aanvaarding daarvan dat die werknemer onderneem om op te tree volgens die werkgewer se redelike, wetlike en haalbare standaarde. Werkgewers moet werknemers deurlopend evalueer sodat enige swak werksprestasie dadelik geïdentifiseer en aangespreek kan word.

Implementering van duidelik reëls in die werksplek

Duidelik reëls en riglyne beperk wrywing en misverstande. Dit bevorder ook produktiwiteit en ‘n positiewe werksomgewing. Die meerderheid van reëls in die werksplek word deur die dienskontrak geïmplementeer, met verwysing na werksure, verlof, verpligtinge, ensovoorts. Elke werksplek is egter uniek en ontstaan daar dikwels ‘n behoefte aan spesifieke reëls om orde en struktuur te verleen. Hierdie reëls word geimplementeer deur beleide en prosedures.

Beleide

Beleide word nie onderskryf deur arbeidswetgewing nie, maar stel die werkgewer se eie reëls in die werksplek. Hierdie reëls moet redelik wees. Tipiese beleide sluit in:

  • ‘n rookbeleid,
  • selfoonbeleid,
  • siekverlofbeleid,
  • higiënebeleid,
  • alkoholbeleid, ens.

Prosedures

‘n Prosedure is ‘n vasgestelde of amptelike manier om ‘n situasie te hanteer. Prosedures word in plek gestel om werknemers en werkgewers in te lig rondom die nodige stappe wat gevolg moet word wanneer spesifieke insidente plaasvind. Tipiese prosedures sluit in:

  • ‘n appèlprosedure,
  • grieweprosedure,
  • verlofprosedure,
  • dissiplinêre prosedure, ens.

Toepas van dissipline in die werksplek

Elke werksplek moet ‘n relevante dissiplinêre kode hê wat verseker dat daar duidelike reëls (met toepaslike sanksies) in die werksplek is wat werknemers kan volg. Wanneer werknemers hierdie reëls oortree, het die werkgewer die reg om op te tree. Daar is verskillende tipes wangedrag in die werksplek. Wangedrag wissel van minder ernstige oortredings tot baie ernstige oortredings. Die erns van die oortreding word beïnvloed deur die werknemer se tipe werk en verantwoordelikheid. Die (moontlike) gevolge van die oortreding, asook die impak van die oortreding op die werkgewer-werknemer vertrouensverhouding moet ook hier in ag geneem word.

In gevalle van minder ernstige oortredings moet die werkgewer progressiewe dissipline toepas deur skriftelike waarskuwings. Waar die oortredings van ‘n ernstiger aard is moet ‘n formele proses gevolg word en ‘n dissiplinêre verhoor gehou word. Werkgewers moet daarop let om dissipline konsekwent toe te pas om diskriminasie te vermy.

Om “nee” te sê

Werkgewers het die reg om versoeke te weier op grond van operasionele vereistes. Hierdie versoeke verwys na die aansoek om verlof, asook vergunnings soos byvoorbeeld ‘n lening. Die werkgewer moet egter billik wees en nie aansoeke onredelik afkeur nie.

Aanpassing van diensvoorwaardes

Operasionele vereistes kan werkgewers noop om diensvoorwaardes aan te pas. Die doel hiervan moet wees om ‘n koste-effektiewe omgewing te skep en te verseker dat die besigheid mededingend in die mark bly. Hierdie veranderinge mag onder geen omstandighede eensydig gemaak word nie. Daar is ‘n streng prosedure wat gevolg moet word.

Ten slotte

Vele besigheidsrisiko’s moet dus daagliks deur die werkgewer bestuur word. Ons beveel sterk aan dat werkgewers proaktief optree deur duidelike reëls in die werksplek te implementeer. Werkgewers moet ook teen alle tye korrekte prosedures volg met betrekking tot alle arbeidsregtelike aangeleenthede.

Deel dit op:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.