Arbeidswetgewing stel streng vereistes vir werkgewers. Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark word met reg as hoogs gereguleerd beskou. Hierdie siening word beaam in die Wêreld Ekonomiese Forum se Globale Medingendheidsverslag van 2017/2018 en rangeer Suid-Afrika soos volg uit 137 lande:
Globale Medingendheidsverslag van 2017/2018
- Aanstel- en afdankingspraktyke: 125/137
- Betaling teenoor produktiwiteit: 99/137
- Samewerking in werkgewer-werknemer verhouding: 137/137
- Aanpasbaarheid van loonvasstelling: 132/137
- Impak van misdaad/geweld op die doen van besigheid: 133/137
- Impak van tuberkulose op die doen van besigheid: 132/137
- Impak van HIV/Vigs op die doen van besigheid: 128/137
- Kwaliteit van hoër onderwyssisteem: 114/137
- Kwaliteit van wiskunde en wetenskap: 128/137
Oor die algemeen dui die verslag daarop dat beperkende arbeidsregulasies gesien word as een van die mees problematiese faktore by die doen van besigheid in Suid-Afrika.
Die volgende arbeidswetgewing reguleer Suid-Afrika se arbeidsmark in die algemeen:
Die Wet op Arbeidsverhoudinge
Die Wet op Arbeidsverhoudinge bly die belangrikste arbeidswet, wat kollektiewe regte reguleer en beskerming bied teen arbeidswanpraktyke. Dié wet reguleer ook vakbonde en werkgewersorganisasies en vestig sleutel geskilbeslegtingsagentskappe soos die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en arbeidshowe.
Wet op Basiese Diensvoorwaardes
Die minimum statutêre vereistes waarop werkgewers en werknemers mag kontrakteer, word deur die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal en afgedwing.
Sektorale Vasstellings (indien van toepassing op jou industrie)
‘n Sektorale vasstelling reguleer die terme en voorwaardes van indiensneming in spesifieke bedryfsektore wat gedetailleerde en spesifieke regulasies vereis, waar daar geen gesentraliseerde kollektiewe bedinging is nie. Voorwaardes in ‘n Sektorale Vasstelling mag verskil van dié in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, maar sal hoër rang.
Bedingingsraadooreenkomste (indien van toepassing op jou industrie)
Bedingingsrade hanteer kollektiewe ooreenkomste, los arbeidsgeskille op, vestig verskeieskemas en maak voorstelle oor arbeidsbeleide en -wette. Vakbonde en werkgewersorganisasies kan bedingingsrade vorm.
Wet op Billike Werksgeleenthede
Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
Werkloosheidsversekeringsfonds
Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid
Die verpligtinge wat arbeidswetgewing aan werkgewers stel, is nie onderhandelbaar nie. Werkgewers kan ernstige boetes, en selfs tronkstraf, opgelê word deur die Departement van Arbeid in die gevalle van nie-nakoming.