Salarisstrokies – voldoen jy aan vereistes?

Arbeidswetgewing vereis dat alle werkgewers salarisstrokies aan werknemers moet uitgereik wanneer hulle lone betaal word. Natuurlik het werkgewers baie vrae :

  • Wat is die voordele van ‘n salarisstrokie?
  • Watter inligting moet op die salarisstrokie verskyn?
  • Watter aftrekkings kan gemaak word?
  • Is daar enige beperkinge op hierdie aftrekkings?

Wat is die voordele?

Salarisstrokies is ‘n handige hulpmiddel in die bestuur van arbeidsrisiko en hou baie voordele in vir beide die werkgewer en die werknemer. Die werknemer word bemagtig wanneer hy/sy ‘n salarisstrokie ontvang om ‘n rekening oop te maak of aansoek te doen vir ‘n lening. Dit dien ook as ‘n bewys van indiensname. Voordele vir die werkgewer sluit die volgende in:

Spaar tyd en geld

Deur alle nodige inligting op die salarisstrokie aan te dui, spaar die werkgewer tyd aangesien elke aspek van die werknemer se loon reeds daarop uiteengesit is en dus nie telkens verduidelik moet word nie. Verder spaar die werkgewer ook geld deurdat die werknemer se loon en toepaslike aftrekkings noukeurig bereken word. Dit voorkom oorbetaling en versekering dat die nodige aftrekkings gemaak word.

Rekordhouding

Die salarisstrokie hou rekord van inligting met betrekking tot ure gewerk (normale werksure, oortyd, Sondagtyd, openbare vakansiedae en ander), aftrekkings gemaak (statutêre, bykomende en ander), vergoedingstydperke, bewys van vergoeding ontvang en besonderhede van personeel (adres, posbeskrywing, ensovoorts). Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes skryf voor dat die werkgewer hierdie rekords vir ‘n tydperk van drie jaar moet hou, aangesien werknemers geskille ten opsigte van vergoeding binne ‘n driejaartydperk vandat die werknemer bewus geword het van die geskil, moet verwys.

Beperk risiko

Gedurende ‘n inspeksie deur die Departement van Arbeid, sal die arbeidsinspekteur verskeie aspekte nagaan ten einde te ondersoek of die werkgewer aan arbeidswetgewing voldoen. Salarisstrokies wat op datum is beperk nie net die risiko vir geskille en onsekerheid tussen die werkgewer en werknemers nie, maar verseker ook dat die werkgewer voldoen aan relevante wetgewing in die industrie.

Watter inligting moet op salarisstrokies verskyn?

  • Die werkgewer (besigheid) se naam en adres;
  • Die werknemer se naam, van en posbenaming;
  • Tydperk van betaling;
  • Die werknemer se loon en tarief;
  • Ure gewerk – normale werksure, oortyd, Sondagtyd, en ure gewerk op openbare vakansiedae;
  • Enige ander betaling voortspruitend uit die werknemer se diens;
  • Aftrekkings;
  • Die werkgewer se registrasienommer by die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) en die werknemer se bydrae;
  • Die werknemer se netto salaris

Ons moedig werkgewers aan om ook die volgende op elke salarisstrokie aan te dui:

  • Verlof geneem en verlof beskikbaar;
  • Bewys van ontvangs van die salarisstrokie

Watter aftrekkings kan die werkgewer maak?

Die werkgewer kan die volgende aftrekkings maak:

Statutêre aftrekkings

Statutêre aftrekkings word deur wetgewing afgedwing en sluit WVF en belasting (Pay As You Earn – “PAYE”), in.

Aftrekkings spesifiek aan die industrie

Hierdie aftrekkings is byvoorbeeld waar ‘n bedingingsraad betrokke is.

Aftrekkings wat deur ‘n hofbevel of arbitrasietoekenning vereis word

Hierdie aftrekkings is byvoorbeeld gesinsondersteuning ensovoorts.

Ander algemene aftrekkings

Ander algemene aftrekkings kan verlies en skade, lenings, voorsorgfonds of pensioenfonds, vakbonde, ens. insluit. Dit is belangrik om daarop te let dat aftrekkings vir lenings beperk is tot 10% van die werknemer se maandelikse vergoeding. Aftrekkings vir verlies en skade mag nie 25 % van die werknemer se maandelikse vergoeding oorskry nie en is onderworpe aan die volgende:

  • Die verlies en skade was te wyte aan die werknemer se skuld en het gedurende die loop van diens plaasgevind.
  • Die werkgewer het ‘n billike prosedure gevolg.

Ten slotte

Die verhouding tussen ‘n werkgewer en werknemer is gebaseer op wedersydse voordele en respek. Duidelike reëls en riglyne verseker dat wrywing en misverstande beperk word. Dit sal op sy beurt produktiwiteit en ‘n positiewe werksomgewing bevorder. Vele besigheidsrisiko’s moet dus daagliks deur die werkgewer bestuur word.

Die beste wyse waarop ‘n werkgewer arbeid as besigheidsrisiko kan aanspreek, is om proaktief op te tree. Die werkgewer moet verseker dat die dienskontrakte, salarisstrokies, dissiplinêre kode, prosedures en beleide in plek is en hierdie dokumentasie aan toepaslike wetgewing voldoen.

Deel dit op:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.