Handelsbeperking – wat en hoe?

Wat is ‘n handelsbeperking?

‘n Handelsbeperking is ‘n ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer. Die ooreenkoms verhoed die werknemer om sy werk, aanleg of opleiding te gebruik in dieselfde veld as sy werkgewer vir ‘n spesifieke periode en in ‘n spesifieke area, nadat diens by die huidige werkgewer verlaat is.

Watter aspek moet in ag geneem word voordat ‘n handelsbeperking suksesvol afgedwing kan word?

  • Wat: Wat is die spesifieke take, aanleg, werk of veld waarby ‘n voormalige werknemer nie betrokke kan raak nie.
  • Waar: Verwys na die geografiese gebied en natuurlik moet daar ‘n verbintenis met die spesifieke gebied wees.
  • Tyd: Verwys na die tyd nadat die werknemer diens verlaat het, wat die handelsbeperking geldig gaan wees, dit moet ‘n redelike tydperk wees.

Wat poog ‘n handelsbeperking om te beskerm?

Die handelsbeperking poog om die belange van die werkgewer te beskerm en dit kan opgesom word in hoofsaaklik drie faktore:

  1. Vertroulike inligting
  2. Kliënte
  3. Klandisiewaarde, of altans die goeie naam van die besigheid.

Skakel die LWO vir enige bystand en/of advies wanneer enige ooreenkomste tussen die werknemer en werkgewer aangegaan word.

Nog nie lid by die LWO nie? Gaan kyk gerus na ons lidmaatskap opsies!

Deel dit op:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.