Besoldiging beslagleggingsbevel – wat nou?

‘n Besoldiging beslagleggingsbevel is ‘n hofbevel wat ‘n werkgewer verplig om maandelikse paaiemente van ‘n spesifieke werknemer se salaris af te trek en aan die prokureur wat die invordering hanteer oor te betaal. Dit gaan voort totdat die skuld teen volle vereffen is.

Wanneer word ‘n Besoldiging beslagleggingsbevel uitgereik?

Hierdie bevel word deur die hof toegestaan omdat die werknemer nie die maandelikse betalings aan ‘n krediteur nagekom het nie. Die krediteur het daarvolgens die werknemer gedagvaar vir die uitstaande gelde. Indien die werknemer steeds versuim om die skuld te vereffen kan die krediteur ‘n besoldiging beslagleggingsbevel verkry. Dit verplig die werkgewer om die uitstaande bedrag in paaiemente van die werknemer se salaris af te trek.

Wat moet jy as werkgewer weet?

Die werknemer of werkgewer kan die hof wat die bevel uitgereik het nader om die geldigheid van die besoldiging beslagleggingsbevel te bevestig. Die bevel word as geldig aanvaar totdat die teendeel bewys is. Wetgewing verplig die werkgewer om dadelik te begin met die aftrekking en oorbetalings. Indien die werkgewer weier of versuim om die aftrekkings te maak kan die krediteur aansoek doen by die hof vir ‘n beslagleggingsbevel teen die werkgewer in sy eie hoedanigheid vir die skuld en uitstaande kostes.

Misbruik van die bevel?

Die besoldiging beslagleggingsbevel prosedure kan maklik misbruik word deur krediteure. Dit kan daartoe lei dat werknemers met te min of geen inkomste gelaat word nadat aftrekkings gemaak is. Dit gebeur veral in gevalle waar die werknemer aan meer as een krediteur geld skuld. Om hierdie misbruik teen te werk het die Wes-Kaapse Hooggeregshof op 8 Julie 2015 bevind dat:

  • Die klerk van ‘n hof onder geen omstandighede ‘n besoldigings beslagleggingsbevel uitreik nie, selfs al stem die werknemer daartoe in.
  • Wanneer die Nasionale Kredietwet op ‘n ooreenkoms van toepassing is, die werknemer nie in die ooreenkoms kan toestem tot die jurisdiksie van ‘n spesifieke landroshof indien hy/sy nie in die omgewing woon of werk nie.

Op 13 September 2016 het die Konstitusionele Hof bevestig dat veranderinge aan artikel 65J (2) (a) en (b) van die Wet op Landdroshowe (MCA) aangebring moet word, sodat die Hof en nie die klerk van die hof die bevel moet magtig na oorweging dat dit in elke spesifieke geval regverdig en billik is om die beslaglegging te beveel dat die bedrag wat van die werknemer se salaris afgetrek moet word, toepaslik is.

Na aanleiding van die bogenoemde uitspraak het die voormalige Staatspresident Zuma op 31 Julie 2017 die Wysingswet op Geregshowe geteken wat die Wet op Landdroshowe gewysig het.

Die gemelde wetswysigings het ook ‘n plafon geplaas op die maksimum bedrag wat van ‘n werknemer se vergoeding afgetrek mag word. Die maksimum bedrag is 25% van die werknemer se basiese salaris en addisionele vergoeding word uitgesluit.

Dit moet ook genoem word dat die maksimum 25% plafon aftrekking van toepassing is ongeag die getal besoldigingsbeslagbevele teen die werknemer. Voor die wetswysigings was daar geen maksimum plafon nie wat beteken het dat ‘n werknemer se totale salaris oorbetaal is aan krediteure.

Vir meer inligting en/of advies oor die onderwerp kontak ons.

Nog nie ‘n lid nie? Gaan kyk gerus na ons lidmaatskap opsies.

Deel dit op:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.