Nuwe minimum loon – Kontrakskoonmakersektor: 1 Februarie 2019

Die nuwe minimum loon vir die Kontrakskoonmakersektor tree inwerking op 1 Februarie 2019. Klik hier vir ‘n volledige uiteensetting van die onderskeie Areas en minimum lone van toepassing.

Hierdie minimumloon is hoër as die nasionale minimum loon en werkgewers is verplig om die hoër loon te betaal volgens Sektorale Vasstelling 1.

Hiermee die minimum loon tariewe vir kontrakskoonmakers:

  • Area A: R22.00 per uur
  • Area B: R22.20 per uur
  • Area C: R20.07 per uur

Vele besighiedsrisiko’s moet daagliks deur die werkgewer bestuur word. Die beste wyse waarop ‘n werkgewer arbeid as besigheidsrisiko kan aanspreek, is om proaktief op te tree. Werkgewers moet verseker dat die dienskontrakte, dissiplinêre kode, prosedures en beleide in plek is en hierdie dokumentasie aan toepaslike wetgewing, wat Sektorale Vasstelling 1 insluit, voldoen. Dit is baie belangrik om in ag te neem watter rol arbeid in die werksomgewing speel en te verstaan dat wetgewing tot die werkgewer se voordeel gebruik kan word. Dit word weer benadruk dat die werkgewer verplig word om aan alle toepaslike wetgewing moet voldoen, insluitend die betaling van die minimum loon. Indien die werkgewer nie ten minste die minimum loon betaal nie en dus nie aan wetgewing voldoen nie, is daar sekere regsimplikasies en gevolge vir die werkgewer.

Kontak die LWO vir enige navrae of bystand in die verband. Ons is 24/7 beskikbaar.

Nog nie ‘n LWO lid nie? Gaan kyk gerus na ons lidmaatskap pakkette!

Deel dit op:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.