KVBA sake & COVID-19

Duisende werknemers is afgelê of afgedank gedurende die COVID-19 geïnduseerde inperkingstydperk. Baie van hierdie werknemers het hulself gewend tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vir hulp en het KVBA sake verwys.

Die KVBA het nasionaal 23 532 verwysings ontvang vanaf 1 April 2020 tot 31 Mei 2020, wat 43 867 werkers geaffekteer het. Meeste sake verwys hou verband met onbillike ontslag.

Die KVBA direkteur, Cameron Morajane, het gesê hulle verwag ‘n toename in verwysings in die volgende paar maande soos wat regulasies verslap en meer mense terugkeer werk toe.

Die KVBA het ten doel om billike arbeidspraktyke te bevorder en dispute in die werksomgewing op te los. ‘n Werknemer kan ‘n saak na die KVBA verwys op gronde van afdanking, lone en werksomstandighede, onbillike arbeidspraktyke, werksplek veranderinge en diskriminasie.

Met KVBA sake, word arbitrasiebevele wat in die guns van die werknemer bevind word, oor die algemeen toegestaan weens die werkgewer wat nie die korrekte prosedures volg nie (klik hierdie skakel om ons artikel te lees oor “tips to survive the CCMA”) en kan ‘n ernstige finansiële impak hê.

Wat kan foutgaan?

  • Wat gebeur wanneer jy ‘n werknemer “verkeerd” ontslaan?
  • Watter boetes is betaalbaar met arbeidsdispute en KVBA sake?
  • Gebruik jy ‘n generiese dienskontrak met min/geen beskerming?
  • Wat gebeur wanneer jy nie die korrekte prosedure met elke arbeidsdispuut elke keer volg nie?
  • Wat gebeur wanneer jy jou humeur verloor en iemand met “onmiddelike effek” afdank in die hitte van die oomblik?

Moontlike bevele teen die werkgewer?

  • KVBA: 3-12 maande se salaris en/of herindiensname
  • Arbeidshof: 3-24 maande se salaris en/of herindiensname

Die LWO is by die Departement van Arbeids geregistreer as ‘n werkgewersorganisasie en het outomaties die reg om ons lede te verteenwoordig by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof. Ons het ‘n bewese baanrekord by die KVBA met ‘n suksessyfer van 99.98%! Die LWO is gestig in 1990 en staan reeds werkgewers by vir 30 jaar!

Nog nie ‘n lid nie?

As jy ‘n werkgewer is maak dit net sin om by die LWO aan te sluit en onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) te geniet. So maak jy seker dat jy aan arbeidswetgewing voldoen en tweedens, arbeidsreg te gebruik om jou regte as werkgewer te beskerm. Alle arbeidsregadvies en -dokumentasie is onbeperk en gratis vir al ons lede.

Sluit vandag aan en geniet die gemoedsrus wat hand aan hand gaan met lidmaatskap.

Hoe werk lidmaatskap? Wat is die voordele? Wat kos dit? Kry die antwoorde hier, of kontak ons kantore by info@lwo.co.za | 086 110 1828 om jou besigheid se behoeftes te bespreek sodat ons die beste oplossing vir jou besigheid kan aanbeveel.

Deel dit op:

Facebook
Twitter
LinkedIn
Ansofie van der Walt

Ansofie van der Walt

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.