Skorsing: Straf en voorsorg

Om ‘n werknemer te skors is ‘n algemene gebeurtenis in die werkplek. Werkgewers moet egter daarop let om die korrekte prosedures te volg wanneer hulle skorsing oplê, beide as voorsorg en straf, om onnodige risiko te vermy.

Wat is skorsing as voorsorg?

Skorsing as voorsorg word opgelê wanneer ‘n werkgewer vermoed dat ‘n werknemer die besigheid se dissiplinêre kode, of die diensbepalings en -voorwaardes, oortree het. Weens die aard van die beweerde wangedrag of oortreding en gebrek aan bewys van skuld, kan die werkgewer voortgaan om die werknemer op ‘n voorsorgbasis te skors hangende ‘n ondersoek, veral as daar ‘n moontlikheid bestaan dat die werknemer op enige manier met die ondersoek kan inmeng. Skorsing as voorsorg is teen volle betaling en met voordele. Die werknemer moet verstaan dat hy/sy nie gestraf word nie en moet geen vooroordeel in die algemeen, of ten opsigte van vergoeding lei nie.

Voordat ‘n werknemer op ‘n voorsorgbasis geskors word, moet die werkgewer verseker dat daar regverdigbare redes bestaan om die werknemer uit die werksplek te verwyder hangende ‘n interne ondersoek.

Wat is skorsing as straf?

Skorsing as straf is ‘n vorm van straf na afloop van ‘n dissiplinêre verhoor waar ‘n werknemer skuldig bevind word aan wangedrag of ‘n oortreding van die diensbepalings en -voorwaardes. Skorsing as straf is ‘n sanksie wat die werknemer opgelê kan word as alternatief tot ontslag en is sonder betaling en voordele. Die werkgewer moet dit baie duidelik maak aan die geskorsde werknemer of hy/sy geskors word as voorsorg of as straf ten einde enige verwarring te vermy of moontlike daaropvolgende (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwysings.


Nog nie ‘n lid nie?

As jy ‘n werkgewers is maak dit net sin om by die LWO lid te word. Kry onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) en maak seker dat jy aan wetgewing voldoen. Het jy geweet dat jy arbeidsreg kan gebruik om jou regte as werkgewer te beskerm? Alle arbeidsreg advies en dokumentasie is onbeperk en gratis vir alle LWO lede.

Sluit vandag aan en geniet die gemoedsrus wat hand aan hand gaan met lidmaatskap.

Hoe werk lidmaatskap? Wat is die voordele? Wat kos dit? Kry die antwoorde hier, of kontak ons kantore by info@lwo.co.za | 086 110 1828. Kom ons bespreek jou besigheid se behoeftes sodat ons die beste oplossing vir jou kan aanbeveel.

Deel dit op:

Facebook
Twitter
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.