LWO vat hande met die Tax Shop

LWO vat hande met die Tax Shop

Die Tax Shop Groep bestaan uit meer as 70 konsessiehouers en strewe daarna om die lewe vir hulle kliënte makliker te maak.

Hulle kry dikwels vrae oor arbeidswetgewing en verwante aangeleenthede en aangesien hulle nie gekwalifiseerd is in die vakgebied nie,
is besluit om hulle te wend na die LWO, leiers in die verband.

“Samewerking tussen besighede in vandag se ekonomiese tye is van kardinale belang. Die voordele van ‘n strategiese alliansie is dat dit kennisdeling, mede-ontwikkeling van waardetoevoegingsdienste en die optimalisering van tegnologie moontlik maak, terwyl die partye hul onderskeie korporatiewe identiteit en onafhanklikheid behou. Vertroue in samewerkende verhoudings vorm die basis van elke suksesvolle poging.”

– Bennie Groenewald, Uitvoerende Direkteur (Die Tax Shop)
– Bernard Schoeman, Uitvoerende Direkteur (Die Tax Shop)

Die Tax Shop het hulself strategies geposisioneer in die spasie tussen die groter rekenkundige firmas en die kleiner rekenkundige praktyke.

Hulle aanbod aan kliënte is uniek daarin dat hulle die volgende bied:

  1. ‘n Gevestigde franchisestelsel met eienaarsbestuurde en -beheerde praktyke waar die verhouding met hul kliënte ‘n onderskeidende kenmerk is;
  2. Professionele dienste wat oor alle aspekte van die rekeningkundige professie strek, sowel as professionele besigheidsadvies wat nie in die algemeen deur tradisionele rekenmeesters gelewer word nie; en
  3. Toonaangewende sagteware en programme op wolkgebaseerde basis wat ontwerp is om die lewe vir hul kliënte makliker te maak.

Besoek www.taxshop.co.za

Die Tax Shop is die grootste rekeningkundige en belastingfranchise in SA met meer as 70 praktyke in Suider-Afrika.

Die Tax Shop bied die geleentheid om voordeel te trek uit die beste vooruitstrewende rekeningkundige franchisehandelsmerk met toegang tot professionele ondersteuning, beproefde praktykmodelle, vooraanstaande sagteware, jongste bemarkingstrategieë met ‘n groot netwerk rekeningkundiges en belastingpersoneel.

Sluit aan by hulle om voordeel te trek uit ‘n gevestigde handelsmerk, ‘n bewese sakemodel en die veiligheid om deel te wees van ‘n suksesvolle groep vir professionele dienste.


Klik hier om die voordele van franchising met die Tax Shop te sien

  • Met hul ontstaan in 2007, was hulle die eerste rekeningkundige en belastingfranchise in Suid-Afrika. Deur die rekeningkundige beroep te ontwrig, met uitnemendheid in alles wat hulle doen en die toepassings wat hulle bied, het hulle gegroei tot die grootste franchise vir professionele dienste in Suider-Afrika vandag!
  • Franchise eienaars is goed gekwalifiseerde, kundige en ervare individue wat blootstelling gekry het in alle sektore van die onderneming.
  • Franchise eienaars, tesame met spesialiste by Hoofkantoor, is goed geplaas om in die behoeftes van individue en sake-eienaars in alle soorte ondernemings te voorsien.
  • Alhoewel die franchise tradisioneel klein en mediumgrootte ondernemings bedien, het hulle gegroei om groot entiteite ook suksesvol te bedien.

Klik hier om meer oor die dienste te lees

Kontak die Tax Shop

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.