LWO vat hande met Sakeliga

LWO vat hande met Sakeliga

Ter bevordering van die markekonomie en ekonomiese groei kondig Sakeliga en die LWO Werkgewersorganisasie met trots ‘n spesiale samewerkingsooreenkoms aan.

Sakeliga dui die LWO voortaan as voorkeurverskaffer van arbeidsregdienste aan en is dit nou moonltik vir Sakeliga lede wat arbeidsregprobleme ervaar om direk na spesialiste verwys te word.

Goeie arbeidsregondersteuning is van kardinale belang nie net vir ondernemings self nie, maar ook in belang van ekonomiese groei in die algemeen.

“Die LWO werk graag saam met Sakeliga, aangesien die bevordering van die markekonomie, eiendomsreg en die bedinging van ‘n gunstige sakeomgewing in almal se belang is. Met die ooreenkoms brei die LWO terselfdertyd ook sy voetspoor na nuwe markte uit.”

– Pieter Breytenbach, Hoof Uitvoerende Beampte (LWO)

Sakeliga is ‘n selfstandige sakegemeenskap met meer as 12 000 lede en is die organisasie in 2011 gestig.

Sakeliga bestaan om ‘n konstitusionele orde, vrye markte, voorspoed en ‘n gunstige sake-omgewing in die belang van sy lede te beding en te skep, asook in die gemeenskaplike belang waar ook al sy lede sake doen.


Besoek www.sakeliga.co.za

Word lid by Sakeliga en word deel van die gesprek:

  • Sakeliga skep ‘n groter bedingingsmag – bv. om sterker te staan teen staatsinmenging soos onteiening sonder vergoeding.
  • Vergroot gesamentlike koopkrag – bv. om afslag vir strategiese produkte en dienste te bekom.
  • Bevorder privaat ekonomiese infrastruktuur – bv. deur privaat elektrisiteitesopwekking aan te moedig of privaat geskilbeslegtingsfasiliteite te ontwikkel.

SMS die woord AANSLUIT na 31561 (R1.50/sms)

Klik hier om aanlyn aan te sluit

  • Voorheen bekend as AfriSake – trek in 2018 sy nuwe baadjie as Sakeliga aan.
  • Een van die grootste sakeorganisasies in SA met meer as 12 000 lede.
  • Regssuksesse behaal in 2018:
    • Interdik teen Eskom om die kragreus te verhoed om Musina se krag af te sny weesn munisipale wanbetaling – ‘n belangrike regspresedent word geskep.
    • Kostebevel teen Black First Land First (BLF) na aanleiding van ‘n hofuitspraak wat die instelling verbied om grondgrype aan te moedig.
    • Kostebevel teen Tshwane Metroraad se omstrede voorafbetaalde kragmeterkontrak.
  • Twee spitsberade en 12 landswye openbare inligtingsessies in die stryd teen onteiening sonder vergoeding.
  • Drie voorleggings in parlement en tientalle kommentare ingedien op skadelike voorgestelde wetgewing.

Kontak Sakeliga

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.