Die LWO Werkgewersorganisasie wil ‘n dinamiese rol speel in die bestuur van arbeidsverhoudinge wat sal bydra tot ‘n produktiewe en volhoubare werksomgewing vir ons lede.
Die LWO Werkgewersorganisasie is as spesialiste op die gebied van Arbeidsreg onontbeerlik vir werkgewers op ‘n nasionale basis, in die bestuur van arbeid as ‘n besigheidsrisiko.
Die LWO is gestig in die Landbousektor in 1990 (30 jaar gelede). Ons is baie trots op hierdie geskiedenis aangesien boere as werkgewers uitsonderlike uitdagende omstandighede trotseer om hul ondernemings volhoubaar en produktief te bestuur. Sedertdien het die LWO onsself so geposisioneer om alle werkgewers in alle bedryfsektore nasionaal te bedien op die gebied van die Arbeidsreg.
Die LWO is ‘n lede organisasie sonder ‘n winsoogmerk met lede oor alle sake-industrieë. Die oomblik wanneer ‘n werkgewer-werknemer verhouding ontstaan, is daar streng vereistes waaraan die werkgewer moet voldoen. Dit is presies wat die LWO doen: ons help alle werkgewers om te voldoen aan arbeidsreg. Die werkgewer word dus lid by die LWO (lidmaatskap is gesetel in die regsentiteit) en kry dan toegang tot ons dienste.
U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.