Netwerk

tlu-sa

Georganiseerde landbou – Die vesting vir die kommersiële boer in Suid-Afrika.

Sakeliga verstaan die drome en ideale van die Afrikaanse besigheidspersoon. Ons beywer onsself vir die volgehoue sukses van die sakesektor, deur die skep en beskerming van ‘n gunstige ekonomiese omgewing, die kanaliseer van besigheidswelwillendheid na die gemeenskap, en die daarstel van spesifieke hulpbronne en unieke voordele vir Sakeliga lede. In kort, Sakeliga skep en beskerm die omgewing waarbinne die Afrikaanse sakegemeenskap, en die gemeenskap in die breë sake dien, gebaseer op ‘n vryemarkstelsel. Sakeliga nooi jou om deel te vorm van ‘n vars nuwe besigheidsbeweging in ons land. As deel van die Sakeliga gemeenskap voeg jy jou invloed, energie en hulpbronne by die van duisende ander besorgde sakelui, en saam vorm ons ‘n staatsbestande ekonomiese omgewing waarbinne besighede kan vooruitboer, en die gemeenskap floreer.

Agri NW is ‘n burgerlike samelewings-diensorganisasie wat daarna streef om ‘n welvarende en volhoubare boerderysektor, wat sosio-ekonomiese groei en ontwikkeling verseker te bewerkstellig en in stand te hou.

PLAASMEDIA

Plaas Media is ’n onafhanklike mediahuis wat daarop gefokus is om topgehalte tegniese en semi-tegniese inhoud aan die landbougemeenskap te lewer deur middel van gedrukte, uitsaai- en digitale media. Vlagskipprodukte in hierdie Centurion-gebaseerde maatskappy se mandjie sluit in Veeplaas, Grootplaas, RSG Landbou en ALFA.

radio pretoria

Pretoria FM is ‘n gemeenskap-gebaseerde radiostasie gevestig in Pretoria, Suid-Afrika. Ons programme is gerig op Afrikaners wat passievol is oor musiek, kultuur en aktuele gebeure. Ons saai 24 uur per dag uit op 104.2 FM en op DSTV kanaal 887.

radio-laeveld

100.5 FM Radio Laeveld is ‘n gemeenskap-gebaseerde radiostasie. Die uitsaaigebied dek Nelspruit, Witrivier, Baberton en omliggende Laeveldstreke van Kaapsehoop, Kaapmuiden, Malelane, Hectorspruit, Komatipoort, Skukuza, Hazyview, Sabie Graskop, en Lydenburg

Grootplaas is ‘n Afrikaanse aktualiteitsprogram wat eksklusief fokus op die landbou. Dit word weeksoggende van 05:30 tot 05:50 op kykNet (kanaal 144) uitgesaai met herhalings op kykNet & Kie asook op Catchup. Die program fokus op die breë landbou en word deur Elsa Esterhuizen aangebied. Die vervaardiger van die program is Plaas Media. Die fokus is op aktuele landbou asook tegniese inligtingoordrag.

rsg-landbou

RSG Landbou is ‘n Afrikaanse landbouprogram wat weeksoggende van Maandag tot Donderdag van 04:30 tot 05:00 uitgesaai word. Die program word deur Lise Roberts aangebied met Hennie Maas as programregisseur. Die vervaardiger is Plaas Media. Die program fokus op die jongste landbougebeure, maar dra veral tegniese inligting oor rakende alle vertakkings van boerdery. Die program word nasionaal uitgesaai.

Die webwerf, www.agriorbit.co.za, is die vinnigsgroeiende webwerf in die landbousektor en bevat ‘n versameling van die jongste nuus, indiepte tegniese artikels, terugvoer oor landbougeleenthede en skakels na Plaas Media se onderskeie projekte en produkte. Die werf spog ook met sewe sosiale mediaprofiele wat elk gekoppel word aan een van Plaas Media se tydskrifte of ander mediaprodukte. Agriorbit het ook sy eie Facebook- en Twitter-profiel, asook ‘n Instagram-blad.

Farmer’s Weekly is die oudste landbou tydskrif in Suid-Afrika. Dit dien as ‘n mondstuk vir die landboubedryf en hou lesers op hoogte. Die tydskrif bied menings, ontledings en in-diepte kenmerke oor besigheid, gewasse, vee, wild, bewaring, die opkomende landousektor, landelike belangstelling, die nuutste navorsing en tegnologie en onlangse nuus- en kommoditeitspryse.

agriconnect

Agri Connect is ‘n mediamaatskappy wat ‘n volledige diens lewer. Ons spesialiseer in die konseptualisering en implementering van geïntegreerde bemarkingskommunikasiestrategieë vir geteikende gehore in die landbou- en verwante bedrywe. Ons produkte is ontwerp om inhoud te lewer oor die onderskeie bedrywe se waardekettings. Ons bied ook redaksionele, ontwerp-, druk- en verspreidingsdienste van ’n hoë standaard. Met ons uitmuntende redaksionele hulpbronne en publikasie-ervaring lewer ons professionele span kliëntgerigte oplossings, en is ons toegewy daaraan om waarde vir ons kliënte te skep.

the-dairy-mail

The Dairy Mail (TDM) word maandeliks uitgegee namens die Melkprodusente-organisasie (MPO), wat meer as 80% van alle melkprodusente in Suid-Afrika verteenwoordig. TDM is ‘n vertroude bron van wetenskaplike inligting wat verantwoordelik en effektief aan die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf oorgedra word en die meeste suiwelverwante gebeurtenisse dek, soos boeredae, tentoonstellings en internasionale landbou-ekspo’s. Die doel is om suiwelboere toe te rus met toepaslike, praktiese inligting wat hulle sal help om suksesvolle en volhoubare suiwelondernemings te bestuur. TDM is 100% intekenaargebaseer en word spesifiek afgelewer aan melkboere, melkkopers, verwerkers, veeartse, navorsingsinstellings en ander belanghebbendes in die suiwelbedryf.

rooivleis

Agri Connect gee Red Meat/Rooivleis tweemaandeliks namens die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) uit. Die RPO, ‘n diensorganisasie wat dien as die mondstuk van Suid-Afrikaanse kommersiële rooivleisprodusente, streef daarna om die volhoubaarheid en winsgewendheid van die rooivleisbedryf in Suid-Afrika te bevorder. Temas is in pas met produksie- en omgewingsiklusse. Inhoud word gegenereer wat fokus op aktuele sake. Dit bied inligting en nuuswaardige artikels in Engels en Afrikaans oor die bedryf, bestuur, produksie, navorsing en opleiding, asook produkte. Landbounavorsers, veeartse, rooivleisprodusente en spesialiste lewer artikels in toepaslike vakgebiede. Red Meat/Rooivleis word aan lede in die verskillende provinsies gepos wat ‘n vrywillige heffing aan die RPO betaal. Ander lesers sluit belanghebbendes van die bedryf, staatsamptenare, inset- en diensverskaffers in.

wolboer

Agri Connect publiseer Wolboer/Wool Farmer tweemaandeliks namens die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), ‘n nasionale kommoditeitstruktuur wat deur kommersiële en kommunale wolboere in Suid-Afrika tot stand gebring is. Die NWKV verteenwoordig gesamentlik alle Suid-Afrikaanse wolboere. Die NWGA het ‘n vrywillige lidmaatskap van 4 500 kommersiële en 20 000 kommunale boere wat jaarliks meer as 80% van die nasionale skeersel van sowat 50 miljoen kg wol produseer. Wolboer/Wool Farmer word tweemaandeliks uitgegee met inhoud wat oor die waardeketting van die bedryf ontwikkel is. Die temas van die tweemaandelikse uitgawes is in pas met produksie- en omgewingsiklusse. Inhoud word gegenereer met die klem op die belangrikste aangeleenthede onder die redaksionele pilare van bestuur, produksie, navorsing en ontwikkeling, produkte en leefstyl. Landbounavorsers, veeartse, wolboere en spesialiste in toepaslike vakgebiede lewer artikels vir die tydskrif. Die meeste tydskrifte word gepos aan boere wat lede van die NWKV is. Ander lesers sluit belanghebbendes van die bedryf, staatsamptenare, insetverskaffers en diensverskaffers in.

ProAgri is sedert 1994 die grootste gratis landboutydskrif in Suid-Afrika met ABC-gesertifiseerde verspreiding landwyd deur landbouwinkels en die Poskantoor. Die drukoplaag is 40 000. ProAgri plaas klem op landboutegnologie met betrekking tot meganisasie, gewasproduksie, hulpbronbestuur, asook vee en wild en dien as regstreekse kommunikasiemedium tussen verskaffers en die boere wat hulle produkte gebruik. ProAgri is ook ‘n aktiewe nuuswebwerf publiseer ook ‘n ProAgri Zambië-uitgawe met ‘n oplaag van 10 000.

agri noord-kaap

Agri NK is toegewy tot die ontwikkeling van landbou in die Noord-Kaap Provinsie in Suid-Afrika. Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie wat help om ‘n stabiele, winsgewende landbou-omgewing in die provinsie te ontwikkel en bevorder. Besoek ons webwerf gereeld om in kontak en op datum te bly met die nuutste nuus van AGRI Noord-Kaap.

agri oos-kaap

Agri Oos-Kaap streef om die landboubedryf as ‘n volhoubare ekonomiese sektor te ontwikkel en te groei deur landboubesigheidsbelange te bevorder, om die beleidsformulering van die regering te beïnvloed en om waarde toegevoegde dienste aan lede te lewer. Agri Oos-Kaap verteenwoordig vandag meer as 3 000 lede en geaffilieerde organisasies.

vrystaat-landbou

Vrystaat Landbou is ‘n vrywillige lede-organisasie wat vir die afgelope 106 jaar uit kommersiële landbouers binne die Vrystaat Provinsie bestaan.

ProAgri bedryf ook Agri4all. Dit is ‘n soek-en-verkoop-webwerf vir landbouprodukte en -eiendom wat die vinnigste groei in Afrika.

subtrop

Die “South African Subtropical Growers’ Association” (Subtrop) bestuur die sake van die SA Avokado (SAAGA), Litchi (SALGA), en Mango (SAMGA), Growers Verenigings.

SAAKV se visie behels om in status te groei as ‘n wêreldklas avokadoverskaffer in die plaaslike en globale mark. SAAKV streef daarna om vir lede aanvaarbare groei en opbrengs te verskaf in ‘n volhoubare industrie, terselfdertyd in die behoeftes van die kwekers, diensverskaffers en kliënte te voldoen op ‘n omgewingsverantwoordelike wyse. SAAKV streef daarna om die visie te bewaarheid deur vrywillige samewerking, fasilitering van kommunikasie tussen belanghebbende partye en die voorsiening van relevante inligting aan die industrie.

Obaro is in 1930 gestig deur boere en tot vandag toe word die maatskappy deur boere besit. Deur innoverende projekte, konstante navorsing en betroubare daaglikse ondersteuning, doen Obaro hul deel om landbou se deurlopende groei en sukses te verseker..

beehive-oh&s

Beehive Occupational Health and Safety Services verskaf ‘n gestruktureerde ondersteuningsdiens met betrekking tot beroepsgesondheid en -veiligheid, en help sodoende besighede om hul werknemers en hul familielede, kliënte, verskaffers en enige iemand anders te beskerm wat deur die werksplek-omgewing geraak kan word. Beehive OH&S is ook instaat om ISO 9001, ISO 14001, asook OSHAS 18001 stelsels te implementeer.

mec

Maxi Employee Consultants is ‘n finansiële diensteverskaffer wat ‘n verskeidenheid finansiële dienste bied wat as ‘n onbevooroordeelde platform dien vir die kliënt om te kies watter finansiële produk, en van watter finansiële instelling hul behoeftes die beste sal pas. MEC spesialiseer in motorvoertuig-, huis-, besigheids-, lewensversekering, beleggings en mediese hulp.

Aandag alle WERKGEWERS!

Teken vandag in

om meer inligting te ontvang oor die LWO asook jou

GRATIS ARBEIDSREG OUDIT KONTROLELYS

doelontwerp vir jou besigheid en industrie

Naam en van

E-posadres

Kontaknommer

Industrie

Provinsie

Jou inligting is veilig en sal nie met derdeparty besighede gedeel word nie.