Nasionale minimum loon 2021

Sedert die publikasie van hierdie artikel, is die nasionale minimum loon amptelik afgekondig in die Staatskoerant. Volg hierdie skakel om die opgedateerde artikel te lees!

Ten spyte van die swak toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie, asook die impak van die Coronavirus (COVID-19) en negatiewe effek van die staat van inperking op werkgewers se finansiële posisie, het die Nasionale Minimum Loon Kommissie (NMLK) ‘n aanbeveling gedoen aan die Minister van Indiensneming en Arbeid om die huidige nasionale minimum loon te verhoog met intrede 01 Maart 2021. Totdat hierdie amptelik afgekondig word in die staatskoerant, moet werkgewers voortgaan om te voldoen aan huidige wetgewing ten opsigte van industrie spesifieke minimum lone.

Die NMLK se aanbeveling is om die nasionale minimum loon se verhoging te koppel aan die verbruikersprysindeks (VPI) plus 1,5%. Die VPI in September 2020 was 3,0% en lê die NMLK voor dat die VPI in Januarie 2021 waarskynlik 2,5% – 3,0% sal wees. Die nasionale minimum loonverhoging word gevolglik bereken op 4,5% en behels ‘n verhoging van die huidige nasionale minimum loon van R20.76 per uur na R21.69 per uur. Laai NMLK se volledige verslag en aanbeveling hier af.

Wat van die landbousektor?

Die landbousektor ontvang tans (2020) vrystelling om slegs 90,0% van die nasionale minimum loon te betaal. Hierdie vrystelling verval en is die NMLK se aanbeveling om die minimum loon vir plaaswerkers gelyk te stel aan die nasionale minimum loon vir 2021. Dit bereken tot ‘n 16,1% verhoging van die huidige minimum loon van R18.68 per uur na R21.69 per uur. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang.

Wat van die huiswerkersektor?

Die huiswerkersektor ontvang tans vrystelling om slegs 75,0% van die nasionale minimum loon te betaal. Die NMLK se aanbeveling is om hierdie vrystelling te wysig na 88,0% van die nasionale minimum loon vir 2021. Dit bereken tot ‘n 22,6% verhoging van die huidige minimum loon van R15.57 per uur na R19.09 per uur. Die NMLK beveel verder aan om die minimum loon vir huiswerkers gelyk te stel aan die nasionale minimum loon van 2022.

Die LWO is in proses om ‘n vertoë te rig aan die Departement van Indiensneming en Arbeid en nooi ons lede uit om kommentaar te lewer op die NMLK se aanbeveling. Kommentaar moet direk per e-pos gestuur word aan unathi.ramabulana@labour.gov.za teen 20 Desember 2020.


Nog nie ‘n lid nie?

As jy ‘n werkgewer is maak dit net sin om by die LWO aan te sluit en onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) te geniet. So maak jy seker dat jy aan arbeidswetgewing voldoen en tweedens, arbeidsreg te gebruik om jou regte as werkgewer te beskerm. Alle arbeidsregadvies en -dokumentasie is onbeperk en gratis vir al ons lede.

Sluit vandag aan en geniet die gemoedsrus wat hand aan hand gaan met lidmaatskap.

Hoe werk lidmaatskap? Wat is die voordele? Wat kos dit? Kry die antwoorde hier, of kontak ons kantore by info@lwo.co.za | 086 110 1828 om jou besigheid se behoeftes te bespreek sodat ons die beste oplossing vir jou besigheid kan aanbeveel.

Deel dit op:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Ansofie van der Walt

Ansofie van der Walt

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.