“Inspeksies” deur vals beamptes

Dit het onder die Departement van Indiensneming en Arbeid se aandag gekom dat mense hulself valslik voordoen as inspekteurs van hierdie Departement. In sommige gevalle word werkgewers gedwing en geïntimideer om “nuwe” plakkate aan te koop.

Maak seker jy doen die volgende gedurende ‘n inspeksie deur die Departement van Indiensneming en Arbeid:

  • Dring aan op positiewe identikasie van die persoon wat hom-/haarself voorstel as ‘n inspekteur of beampte.
  • Verifieer eers hierdie inligting voordat jy die persoon toegang tot die perseel gee.

Inspeksies – neem kennis van die volgende:

  • Geen inspekteur mag ‘n fooi vra vir die inspeksie, ondersoek, advies of enige bystand nie.
  • Die Departement van Indiensneming en Arbeid delegeer geen derde party om ‘n inspeksie namens die Departement te doen nie – geen van die Departement se magte mag dus gedelegeer word nie.
  • Geen inspekteur mag plakkate, produkte of inligting verkoop nie.
Dis nie onderhandelbaar vir werkgewers om aan arbeidswetgewing te voldoen nie.

Wie is die LWO?

Die LWO is ‘n werkgewersorganisasie wat geregistreer is by die Departement van Indiensneming en Arbeid. Ons hoofdoel is om werkgewers by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen – tipiese dienste sluit in:

  • Gratis arbeidsregoudit met aansluiting met 100% nakoming ten doel vir jou besigheid (gebaseer op jou spesifieke besigheidsindustrie en opset)
  • Gratis telefoniese arbeidsregadvies – lede word aangemoedig om in te skakel soveel keer as nodig
  • Gratis arbeidsregdokumentasie – insluitende dienskontrakte, waarskuwings, kennisgewings, beleide, prosedures, ens.
  • Bystand om reëls te implementeer in die werksplek en dissipline toe te pas – swak werksprestasie, konsultasies, waarskuwings, dissiplinêre verhore, ens.
  • Verteenwoordiging by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof – ons registrasie status by die Departement van Indiensneming en Arbeid gee ons die reg om outomaties ons lede te verteenwoordige gedurende konsiliasie/arbitrasie.
  • Bystand met herstrukturering, personeelvermindering, stakings, vakbondonderhandelinge, inspeksies, ens.
  • Enige iets arbeidsregverwant tussen die werkgewer en werknemer, beskerm die LWO die werkgewer.

Die LWO het ook ‘n Boekwinkel gestig, waardeur ons arbeidsregverwante items aan lede verskaf om werkgewers by te staan om arbeid as besigheidsrisiko proaktief te bestuur. Indien jy ‘n lid is – loer gerus hier om te kyk wat ons bied.


Nog nie ‘n lid nie?

As jy ‘n werkgewers is maak dit net sin om by die LWO lid te word. Kry onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) en maak seker dat jy aan wetgewing voldoen. Het jy geweet dat jy arbeidsreg kan gebruik om jou regte as werkgewer te beskerm? Alle arbeidsreg advies en dokumentasie is onbeperk en gratis vir alle LWO lede.

Sluit vandag aan en geniet die gemoedsrus wat hand aan hand gaan met lidmaatskap.

Hoe werk lidmaatskap? Wat is die voordele? Wat kos dit? Kry die antwoorde hier, of kontak ons kantore by info@lwo.co.za | 086 110 1828. Kom ons bespreek jou besigheid se behoeftes sodat ons die beste oplossing vir jou kan aanbeveel.

Share this on:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Leave a reply

Sign up for our Newsletter

Your information is safe and secure and will not be shared with any third party companies.

Attention all EMPLOYERS!

Subscribe today

to receive more information about the LWO and your

FREE Labour Law Audit Checklist

Tailored to your business needs

Your information is safe and secure and will not be shared with any third party companies.