COVID-19: selfkwarantyn teenoor isolasie

Wat is die verskil tussen selfkwarantyn en isolasie? Volgens die Staatskoerant 44700, gedateer 11 Junie 2021, is die definisies soos volg:

ISOLASIE – REGULASIE 6(4)

Isolasie vind plaas wanneer ‘n werknemer simptome van COVID-19 ontwikkel of positief diagnoseer vir COVID-19. Isolasie is verpligtend om verspreiding van die virus na ander werknemers te vermy. Isolasie kan tuis, in ‘n goedgekeurde isolasiefasiliteit of selfs in ‘n hospitaal plaasvind indien die werknemer ernstige simptome het en mediese bystand benodig. Indien die werknemer gehospitaliseer word sal die isolasietydperk van 10 dae moontlik langer wees tot ‘n werknemer kliniese stabiliteit bereik volgens ‘n mediese praktisyn.

SELFKWARANTYN – REGULASIE 6(5)

Daar moet ‘n beoordeling plaasvind ten opsigte van “lae risiko” of “hoë risiko” blootstelling sodra ‘n werknemer in kontak was met ‘n ander persoon wat met COVID-19 gediagnoseer is.

  • “Lae risiko” blootstelling – Regulasie 6(6): die bepaling moet gemaak word in terme van die risiko beoordelingsplan in die werksplek. Sodra ‘n lae risiko blootstelling bevind word, kan die werkgewer die werknemer toelaat om voort te gaan met werk. Die dra van ‘n gesigmasker is verpligtend en die werknemer moet gemonitor word vir 10 dae vir ontwikkeling van simptome.
  • “Hoe risiko” blootstelling – Regulasie 6(7): selfkwarantyn van 10 dae vind plaas wanneer ‘n werknemer ‘n hoë risiko blootstelling aan COVID-19 gehad het. Hoë risiko blootstelling beteken dat ‘n werknemer direkte, noue kontak (minder as een meter), vir langer as 15 minute gehad het met iemand wat positief vir COVID-19 getoets het, nie ‘n beskermende gesigmasker gedra het nie, of fisiese kontak gehad. Die werknemer moet selfmonitor vir simptome.

Is die verpligte selfkwarantyn en isolasie tydperk 14 of 10 dae?

Die tydperk is in Julie 2020 verminder vanaf 14 dae na 10 dae.

Siekverlof vir selfkwarantyn en isolasie? Regulasie 6(3)(iii)

Die tydperk van selfkwarantyn en isolasie sal kragtens artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes siekverlof wees.

Dit is nie nodig om gedurende die tydperk van selfkwarantyn vir COVID-19 te toets nie, TENSY die werknemer simptome ontwikkel. Sodra die werknemer simptome ontwikkel tydens hierdie tydperk, moet die werknemer 10 dae lank isoleer vanaf die dag waarop die werknemer se simptome begin het.


Nog nie ‘n lid nie?

As jy ‘n werkgewers is maak dit net sin om by die LWO lid te word. Kry onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) en maak seker dat jy aan wetgewing voldoen. Het jy geweet dat jy arbeidsreg kan gebruik om jou regte as werkgewer te beskerm? Alle arbeidsreg advies en dokumentasie is onbeperk en gratis vir alle LWO lede.

Sluit vandag aan en geniet die gemoedsrus wat hand aan hand gaan met lidmaatskap.

Hoe werk lidmaatskap? Wat is die voordele? Wat kos dit? Kry die antwoorde hier, of kontak ons kantore by info@lwo.co.za | 086 110 1828. Kom ons bespreek jou besigheid se behoeftes sodat ons die beste oplossing vir jou kan aanbeveel.

Share this on:

Share on facebook
Facebook
Share on google
Google+
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Leave a reply

Sign up for our Newsletter

Your information is safe and secure and will not be shared with any third party companies.

Attention all EMPLOYERS!

Subscribe today

to receive more information about the LWO and your

FREE Labour Law Audit Checklist

Tailored to your business needs

Your information is safe and secure and will not be shared with any third party companies.