Nasionale minimum loon 2022

Ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse ekonomie onderpresteer en groot uitdagings aan werkgewers gebied word, het die Minister van Indiensneming en Arbeid op 07 Februarie 2022 in die Staatskoerant 45882 die gewysigde nasionale minimum loon afgekondig. Die gewysigde minimum loon tree in werking op 01 Maart 2022.

Die huidige nasionale minimum loon van R21.69 per uur sal verhoog na R23.19 per uur.

Neem kennis van minimum loon wysigings in die volgende industrieë:

Landbousektor

This image has an empty alt attribute; its file name is agricultural-sector.png
Nasionale minimum loon – Landbousektor

Die landbousektor se minimum loon is gelykstaande aan die nasionale minimum loon en beloop R23.19 vanaf 01 Maart 2022. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang.

Huiswerkersektor

This image has an empty alt attribute; its file name is domestic-worker-sector.png
Nasionale minimum loon – Huiswerkersektor

Die huiswerkersektor minimum loon sal gelykstaande wees aan die nasionale minimum loon vir 2022 vanaf 01 Maart 2022.

Die huiswerkersektor het voorheen vrystelling ontvang om slegs 88% van die nasionale minimum loon te betaal (dit het R19.09 beloop in 2021). Hierdie vrystelling het egter nou verval en die minimum loon vir huiswerkers is nou gelykgestel aan die nasionale minimum loon vir 2022.

Kontrakskoonmaaksektor

Nasionale minimum loon – Kontrakskoonmaaksektor

Die kontrakskoonmaaksektor se minimum loon verhoog vanaf 01 Maart 2022 gebaseer op die spesifieke area waarin die werkgewer besigheid doen (sien die gewysigde Skedule 2 op bladsy 5 van die Staatskoerant):

  • Area A: R25.52 per uur – Stad Kaapstad, Groter Oosrand Metro, Stad Johannesburg, Stad Tshwane en Stad Nelson Mandela, Plaaslike Rade van Emfuleni, Merafong, Mogale City, Metsimaholo, Randfontein, Stellenbosch en Westonaria.
  • Area B: Kollektiewe Ooreenkoms soos vervat in die Bedingingsraad vir die Kontrakskoonmaakdienste – Alle areas in KwaZulu-Natal.
  • Area C: R23.27 per uur – Alle areas nie vermeld in Areas A en B nie.

Groot- en kleinhandelsektor

Nasionale minimum loon – Groot- en kleinhandelsektor

Die groot- en kleinhandelsektor se minimum loon verhoog vanaf 01 Maart 2022 gebaseer op die spesifieke area waarin die werkgewer besigheid doen, asook die onderskeie posbeskrywings van werknemers (sien die gewysigde Tabel 1 en 2 op bladsy 6-7 van die Staatskoerant).

Dit is belangrik vir werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen Dit is belangrik vir werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen Dit is dus nodig dat u die nasionale minimum loontarief wat u werknemers vanaf 01 Maart 2022 moet ontvang aanpas volgens die gewysigde nasionale minimum loon.


Nog nie ‘n lid nie?

As jy ‘n werkgewers is maak dit net sin om by die LWO lid te word. Kry onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) en maak seker dat jy aan wetgewing voldoen. Het jy geweet dat jy arbeidsreg kan gebruik om jou regte as werkgewer te beskerm? Alle arbeidsreg advies en dokumentasie is onbeperk en gratis vir alle LWO lede.

Sluit vandag aan en geniet die gemoedsrus wat hand aan hand gaan met lidmaatskap.

Hoe werk lidmaatskap? Wat is die voordele? Wat kos dit? Kry die antwoorde hier, of kontak ons kantore by info@lwo.co.za | 086 110 1828. Kom ons bespreek jou besigheid se behoeftes sodat ons die beste oplossing vir jou kan aanbeveel.

Deel dit op:

Facebook
Twitter
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.