Kan ‘n werknemer ‘n bedanking terugtrek?

Wanneer ‘n werknemer besluit om te bedank, beëindig die werknemer die dienskontrak en -verhouding vrywillig. Die werknemer se besluit om te bedank is ‘n eensydige handeling en die werkgewer het geen verpligting om die bedanking formeel te aanvaar sodat dit effektief kan wees nie. Die werkgewer kan nie die werknemer se bedanking weier of ontken nie, maar kan wel die werknemer aanspreeklik hou vir die kennistydperk.

Die duur van die kennistydperk sal afhang van wat arbeidswetgewing vir die spesifieke industrie voorskryf, maar die Wet op Basiese Diensvoorwaardes vereis:

  • een week kennis indien die werknemer vir ses maande of minder in diens was;
  • twee weke kennis indien die werknemer langer as ses maande maar minder as 12 maande in diens was;
  • vier weke kennis indien die werknemer vir meer as 12 maande in diens was.

Die bedanking

‘n Werknemer kan die diensverhouding om verskeie redes beëindig, insluitend ‘n nuwe werksgeleentheid, werksontevredenheid, om die ondersoek van ‘n dissiplinêre verhoor te vermy, of ‘n emosionele besluit in die hitte van die oomblik. Dit is belangrik om met die werknemer te ontmoet en die redes vir die bedanking en enige onderliggende probleme of toestande te bespreek. Indien die werkgewer vermoed dat die bedanking of die omstandighede daarvan verdag is, laat ‘n afkoelperiode toe om ‘n moontlike verwysing van konstruktiewe ontslag of selfs onbillike arbeidspraktyk te vermy.

Kan die werknemer die bedanking terugtrek?

Kortom: nee. Die werknemer het nie die reg om ‘n bedanking terug te trek nie maar moet eerder die werkgewer so gou moontlik nader en die moontlikheid daarvan om die bedanking terug te trek te bespreek.

Wat is die werkgewer se opsies?

Die werkgewer het nou ‘n keuse om óf die terugtrekking te aanvaar óf nie. Maak seker dat enige onderliggende probleme of toestande rakende die bedanking in ag geneem word.

Eerstens kan die werkgewer die werknemer by die bedanking hou en weier om die versoek om dit terug te trek te aanvaar. Die werkgewer kan steeds die kennistydperk afdwing.

Tweedens kan die werkgewer instem om die werknemer se terugtrek van bedanking te aanvaar. Dit is nie nodig om ‘n nuwe dienskontrak te implementeer nie aangesien daar geen onderbreking in die dienstydperk was nie. Die diensverhouding sal voortgaan soos voorheen. Neem kennis dat die bepalings en voorwaardes van diens nie eensydig gewysig kan word nie. Enige veranderinge moet tussen die partye onderhandel word en onderling ooreengekom word op.


Nog nie ‘n lid nie?

As jy ‘n werkgewers is maak dit net sin om by die LWO lid te word. Kry onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) en maak seker dat jy aan wetgewing voldoen. Het jy geweet dat jy arbeidsreg kan gebruik om jou regte as werkgewer te beskerm? Alle arbeidsreg advies en dokumentasie is onbeperk en gratis vir alle LWO lede.

Sluit vandag aan en geniet die gemoedsrus wat hand aan hand gaan met lidmaatskap.

Hoe werk lidmaatskap? Wat is die voordele? Wat kos dit? Kry die antwoorde hier, of kontak ons kantore by info@lwo.co.za | 086 110 1828. Kom ons bespreek jou besigheid se behoeftes sodat ons die beste oplossing vir jou kan aanbeveel.

Deel dit op:

Facebook
Twitter
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.