Geen onsekerheid en kopsere gekoppel aan arbeidsreg
Kry gemoedsrus dat jy as 'n werkgewer nie net aan arbeidsreg voldoen nie, maar dit ook gebruik om jou besigheid en regte as werkgewer te beskerm.
As spesialiste en markleiers op die gebied van arbeidsreg, verminder ons jou arbeidsrisiko deur dit proaktief te bestuur.
Die LWO het ‘n nasionale voetspoor en lewer dienste op die werkgewer se perseel. Lede kan ook gebruik maak van ons dienste via aanlyn platforms soos Skype, Zoom, Microsoft Teams, Google Meet, ens. volgens behoefte - ons is hier om JOU te help!

Een van die grootste voordele om lid te word by die LWO is gemoedsrus, wanneer jy weet jou besigheid voldoen aan arbeidsreg. As ‘n LWO-lid het jy onbeperkte toegang tot die 24/7 regsadvies hulplyn waar jy direk met ‘n gekwalifiseerde regsadviseur gesels vir kundige advies en ‘n praktiese oplossing vir elke dag onsekerheid, wangedrag en dispute in die werksplek.
Lede kan ons skakel op ons 24/7 gratis regsadvies hulplyn, beskikbaar 365 dae per jaar, op 086 110 1828.
Met aansluiting ontvang elke lid ook ‘n inligting- en implementeringsessie met proaktiewe opleiding sodat jy presies weet wat van jou verwag word. ‘n Arbeidsoudit met 100% nakoming ten doel word ook hierby ingesluit waartydens alle toepaslike arbeidsregdokumentasie verskaf, verduidelik, bespreek en geïmplementeer word – insluitende dienskontrakte, beleide en prosedures, plakkate, ens.
Die dienskontrak is die belangrikste dokument in enige werkgewer-werknemerverhouding. Die LWO stel doelontwerpte dienskontrakte op vir jou werksplek en jou industrie. Moenie net ‘n generiese dienskontrak aanvaar nie. Gebruik die beste dienskontrakte vir jou industrie en jou besigheid.
Ons voorsien ook ons lede gratis van alle arbeidsregtelike dokumentasie wat voldoen aan arbeidswetgewing asook die toepaslike Sektorale Vasstelling of Bedingingsraadooreenkoms. Dit sluit in waarskuwings, kennisgewings, beleide, prosedure, ens.
Die LWO gebruik arbeidsreg optimaal tot die werkgewer se voordeel in die opstel van hierdie dokumentasie om jou besigheid te beskerm.
Die LWO is geregistreer as werkgewersorganisasie by die Departement van Indiensneming en Arbeid – dit beteken dat ons gemagtig is om jou te verteenwoordig in die KVBA, Bedingingsraad en Arbeidshof.
Ons suksessufer by die KVBA is 99.87% .
Die LWO staan ons lede by met enige arbeidsregtelike dienste, insluitende:
- Verskaf van doelontwerpte dienskontrake
- Verskaf van alle arbeidsreg dokumentasie
- Die daarstel en implementering van reëls in die werksplek
- Die toepas van dissipline
- Dissiplinêre verhore
- Verteenwoordiging by die KVBA, Bedingingsraad en Arbeidshof
- Bystand met vakbond onderhandelinge
- Bystand met stakings
- Bystand met herstrukturering
- Bystand met personeelvermindering
- Bystand met Departement van Indiensneming en Arbeid ondersoeke
Die LWO bied ook bystand aan ons lede ten einde te verseker dat alle vereistes gestel deur die Wet op Billike Werksgeleenthede nagekom word.
Die Wet op Billike Werksgeleenthede is van toepassing op alle werkgewers, maar “aangewese werkgewers” (wie aan die minimum vereistes voldoen) het addisionele verpligtinge. ‘n “Aangewese werkgewer” is enige werkgewer met 50 of meer werknemers, of ‘n industriespesifieke jaarlikse opbrengs – klik hier vir ‘n volledige uiteensetting.
Kontak die LWO vir bystand om aan die vereistes te voldoen.

Let wel: Alle LWO lede het toegang tot ALLE dienste wat die LWO bied.
Indien ‘n diens nie reeds ingesluit is in jou gekose lidmaatskap pakket nie, het jy steeds toegang daartoe op ‘n “pay as you go” basis en is ledetariewe van toepassing. Hierdie tariewe is slegs vir die tyd spandeer op die perseel en kilometers gereis (kilometers gereis is nie van toepassing wanneer die diens via ‘n aanlyn platform gelewer word nie).
