Die LWO is 'n stigterslid van die Landbousektor Voorsorgfonds (LSVF).
Daar kan met reg erkenning gegee word aan die wyse waarop werkgewers in die landbousektor deurlopend in belang van werknemers optree. Finansiële beplanning is ‘n belangrike aspek waaraan elke werker aandag behoort te gee en derhalwe is dit ook belangrik dat ‘n organisasie soos die LWO Werkgewersorganisasie sal deelneem aan inisiatiewe om bekostigbare aftree-, ongeskiktheids-, sterfte- en begrafnisvoordele vir plaaswerkers daar te stel.
Die LSVF bied verskeie bekostigbare planne met unieke voordele aan werknemers. Die LSVF word deur ‘n Raad van Trustees bestuur, met verteenwoordiging deur Sanlam, die LWO, Agri SA, TLU SA en onafhanklike Trustees. Die Raad van Trustees sien om na bekostigbare bydraes, sowel as mede-dingende voordele vir deelnemende plaaswerkers.
Neem kennis van arbeidsreg!
Wanneer ‘n werkgewer die besluit neem om die voordeel van ‘n voorsorgfonds as diensvoorwaarde te bied, kry bestaande werknemers die opsie om aan die fonds te behoort, al dan nie. Hierdie keuse word skriftelik uitgeoefen en rekord van gehou. Werknemers wat nadat hierdie besluit geneem is in diens geneem word, is verplig om aan die fonds te behoort.
Dit is belangrik dat werkgewers daarop let dat die Wet op Billike Werksgeleenthede ook van toepassing is op voordele soos ‘n voorsorgfonds. Hierdie kode is gestruktureer om te verseker dat werknemers deurlopend billik behandel word en om onregverdige diskriminasie in die werksplek te elimineer.

"Ons bemagtig jou sodat jy jou arbeidsmag kan bemagtig"
Die LSVF verbeter reeds sedert 1991 die lewens van plaaswerkers en boere deur aan hulle aanpasbare risiko- en voorsorgfondsoplossings te bied – met ‘n groeiende lidmaatskap van 20 000. Die LSVF is oor baie jare as ‘n betroubare voorsorgfonds in die landbousektor gevestig.
Die LSVF spesialiseer in risiko- en voorsorgfondsprodukte in die nismark van die landbou. Die LSVF weet dat elke plaas of landboustruktuur anders is en daarom ‘n unieke en veelsydige produk bied wat noodsaaklik is vir diemark. Die LSVF se produk is uiters aanpasbaar en kan in ‘n verskeidenheid van behoeftes voorsien terwyl dit eenvoudig genoeg is om administrasie te vergemaklik en koste te beperk.
Die LSVF word ondersteun en bestuur deur ‘n raad van trustees wat van Agri SA, TLU SA en die LWO afkomstig is, saam met professionele onafhanklike trustees.
Kliënte kan hul eie produk volgens hul eie behoeftes ontwerp.
- Dit is vir jou moontlik om na die sosiale welstand van jou werknemers om te sien en om so gemoedsrus en vertroue te skep.
- Vorm ‘n eerlike en betroubare vennootskap wat waardevolle bedryfsadvies bied.
- Verlig die finansiële las van die bestuur van ‘n groot arbeidsmag wanneer risikofaktore voorkom.
Die LSVF lewer deurlopend dienste wat op die behoeftes van werkgewers sowel as werknemers gerig is, terwyl bygehou word met wetgewing en bedryfstandaarde.
- Voorsorgfonds (spaar)
- Sterftedekking
- Begrafnisvoordeel
- Dekking vir seisoenwerkers
- Ongeskiktheidsdekking
- Dekking teen ongelukke en liggaamlike verlies
- Prioritiseer eise vir onttrekkings en aftrede
- Jaarlikse lidvoordeelstate
- Begrafnisdekking aan uitgebreide families
- Hulp aan begunstigdes met eise en betalings
- Trustfondse vir begunstigdes in geval van minderjariges
- Ledesessies vir groter groepe in Afrika-tale kan gereël word
- Begrafnis-uitbetalings kan binne 48 uur geskied (indien alle nodige dokumente ontvang is)
- Lede ontvang ‘n deelnemingsertifikaat na aansluiting by die fonds
- ‘n Bestuurskomiteevergadering kan een maal per jaar gereël word afhangende van die grootte van die kliënt
English:
- ASPF employer and employee guide – 1 July 2021
- ASPF fees – 1 July 2021 for employees earning more than R10 000 pm
- ASPF fees – 1 July 2021
- ASPF summary – 1 July 2021
Afrikaans:
- George Dreyer: 082 789 3436 | george@mecconsult.co.za | Ondersteuning: 012 845 0001
- Rene Cockrell: 072 064 9208 | 012 436 9905 | rene@simekaconsult.co.za | agrisectorfund@sanlam.co.za
English:
- Please download the ASPF member communication with regards to POPIA.
Afrikaans:
- Laai asseblief die LSVF lede kommunikasie af ten opsigte van POPIA.