
LWO vat hande met FBRS
First for Business Registration Solutions (FBRS) het gemerk dat werkgewers bystand benodig om aan arbeidswetgewing te voldoen.
Deur hande te vat met die LWO, kan hulle aan nuwe sowel as bestaande kliënte ‘n addisionele diens bied
wat bydra tot die suksesvolle bestuur van hul besighede.
“Ons glo dat ons doeltreffende dienste aan lede van die LWO kan bied en behulpsaam kan wees met al hul statutêre, wetgewende en regulerende registrasies, sodat hulle kan fokus op hul besigheid en weet dat hulle ten volle voldoen aan wetgewing. Die LWO bied in ruil vir ons kliënte omvattende arbeidsreg oplossings.”
– Yolande Henning, Eienaar (FBRS)

First for Business Registration Services bied dienste ten opsigte van maatskappy registrasies in Suid-Afrika aan, met die fokus daarop om nuwe of bestaande besigheidseienaars by te staan volgens behoefte met die registrasie van nuwe maatskappye, aankoop van rakmaatskappye en/of ander statutêre registrasies. Die ontstaan van die maatskappy was die visie van twee persone om besigheidseienaars te help om die frustrasie gekoppel daaraan om direk met Staatsinstansies en Regulatoriese Instansies te werk, te elimineer. Gestig in 2011, het hulle sedertdien geweldig gegroei.
Met kantore in Pretoria, is hulle naby geleë aan CIPC en alle ander relevante Staatsinstansies, maar kan kliënte regoor Suid-Afrika behulpsaam wees. Hulle verskaf ‘n wye reeks dienste en is gefokus op vinnige en effektiewe diens.
Hul vaartbelynde diens verseker dat jou maatskappy se behoeftes vinnig en akkuraat aangespreek word. ‘n Unieke maatskappy struktuur, wat uit ‘n wye veld van kundigesbestaan, laat toe vir ‘n mededingende voordeel in die mark deurdat hulle bevoeg is om ‘n reeks omvattende oplossings aan alle maatskappye te bied, ongeag die grootte.
Dienste sluit in:
- Maatskappy registrasies
- Rakmaatskappye
- Maatskappye sonder winsbejag registrasies
- Persoonlike aanspreeklikheid registrasies
- SARS registrasies – inkomstebelasting, BTW, LBS
- SARS voldoening – belastingklaringsertifikate
- CIPC veranderinge en verwante dienste
- Ongevallekommissaris registrasies en goeie stand sertifikate
- WVF registrasies
- NCR registrasies
- Uitreik van BEE verklarings vir SME’s
- Registrasie van trusts
- Meester van die Hooggeregshof veranderinge op trusts en verwante dienste
- FBRS se kantore is geleë in Pretoria en naby geposisioneer aan CIPC kantore en alle ander relevante Staatsinstansies
- FBRS kan enigeen in Suid-Afrika bystaan
- Meeste van FBRS se dienste kan aanlyn en via e-pos gelewer word
- FBRS verskaf ‘n wye veld van dienste en is trots op hul vinnige en effektiewe dienslewering