LWO vat hande met Sakeliga

LWO vat hande met Sakeliga

Ter bevordering van die markekonomie en ekonomiese groei kondig Sakeliga en die LWO Werkgewersorganisasie met trots ‘n spesiale samewerkingsooreenkoms aan.

Sakeliga dui die LWO voortaan as voorkeurverskaffer van arbeidsregdienste aan en is dit nou moontlik vir Sakeliga lede wat arbeidsregprobleme ervaar om direk na spesialiste verwys te word.

Goeie arbeidsregondersteuning is van kardinale belang nie net vir ondernemings self nie, maar ook in belang van ekonomiese groei in die algemeen.

“Die samewerking beteken dat Sakeliga lede beter as ander sakelui voorbereid is. Suid-Afrika se arbeidsomgewing is hoogs gereguleerd en hou ‘n ernstige besigheidsrisiko in vir werkgewers. Sakelui moet hiervoor gereed wees en Sakeliga beveel daarom graag die LWO as voorkeurverskaffer van arbeidsregdienste by ons lede aan.”

– Piet le Roux, Uitvoerende Hoof (Sakeliga)

“Die LWO werk graag saam met Sakeliga, aangesien die bevordering van die markekonomie, eiendomsreg en die bedinging van ‘n gunstige sake-omgewing in almal se belang is. Met die ooreenkoms brei die LWO terselfdertyd ook sy voetspoor na nuwe markte uit.”

– Pieter Breytenbach, Hoof Uitvoerende Beampte (LWO)

Kontak Sakeliga

Attention all EMPLOYERS!

Subscribe today

to receive more information about the LWO and your

FREE Labour Law Audit Checklist

Tailored to your business needs

Your information is safe and secure and will not be shared with any third party companies.