Arbeidsverhoudinge in Suid-Afrika

Die volgende wetgewing reguleer arbeidsverhoudinge oor die algemeen in Suid-Afrika:

  • Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV)
    Die WAV is die belangrikste arbeidswet en reguleer kollektiewe regte en bied ook beskerming teen arbeidspraktyke. Die WAV reguleer vakbonde asook werkgewersorganisasies en vestig belangrike dispuutbeslegtingsagentskappe in die vorm van die KVBA en Arbeidshowe.
  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV)
    Die WBDV bepaal en dwing die minimum statutêre vereistes af waarop werkgewers en werknemers mag kontrakteer.
  • Sektorale Vasstellings
    ‘n Sektorale Vasstelling beheer die terme en voorwaardes van indiensneming in ‘n spesifieke sektor waar daar nie ‘n gesentraliseerde kollektiewe bedinging is nie en wat spesifieke en gedetailleerde regulasies benodig. Voorwaardes in ‘n Sektorale Vasstelling mag verskil van dié in die WBDV, maar het hoër gesag.
  • Bedingingsraad Ooreenkomste
    Bedingingsrade hanteer kollektiewe ooreenkomste, los arbeidsdispute op, vestig verskeie skemas en maak voorstelle rakende arbeidswetgewing en –beleide. Vakbonde en werkgewersorganisasies mag Bedingingsrade vorm.
  • Wet op Billike Werksgeleenthede (WBW)
    Die WBW verbied onregverdige diskriminasie in indiensneming en is omskryf om ‘n wye reeks van beleide en prosedures in te sluit. Dit verplig ook aangewese werkgewers (werkgewers met 50 of meer werkgewers, of ‘n jaarlikse omset soos uiteengesit in Skedule 4 van die WBW) om ‘n Billike Werksgeleenthede plan (EEA13) te formuleer en verslae (EEA2 en EEA4) in te dien by die Departement van Arbeid.
  • Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO)
    Die WVO reguleer standaard instellings, opleiding en ontwikkeling deur werkgewers (met ‘n jaarlikse salarisbesteding van meer as R500,000.000) te verplig om 1% van hul betaalrol tot die fondstruktuur soos gevestig deur die WVO by te dra.
  • Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
    WVF voorsien korttermyn verligting aan werknemers wanneer hulle werkloos of nie in staat daartoe is om te werk nie, as gevolg van kraam- of aannemingverlof, of siekte. Dit verskaf ook verligting aan die afhanklikes van ‘n oorlede bydraer. Dit is die werkgewer se verantwoordelikheid om die werkloosheidsversekering bydraes (2% van die werknemer se salaris) oor te betaal alhoewel beide die werkgewer en werknemer ‘n gelyke bedrae van 1% maak.
  • Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes (WVBS)
    Wanneer ‘n werknemer aan diens beseer of as gevolg van sy werk siek word, kan hy/sy vergoeding vanaf die Vergoedingsfonds eis. Families of afhanklikes kan ook eis indien hul broodwinner sterf as gevolg van ‘n werkverwante ongeluk of siekte. Alle werkgewer moet by die Vergoedingskommissaris registreer en sal jaarliks aangeslaan word waarop betaling gemaak moet word.
    • Wet op Beroepsgesondheid en –veiligheid (WBGV)
      Die WBGV reguleer gesondheid- en veiligheidstoestande in die werkplek. Wetgewing is van toepassing op alle werkgewers om ‘n veilige en gesonde werkomgewing te skep. Sekere regulasies moet geïmplementeer word wanneer die werkgewer vyf of meer werknemers in diens het.

Deel dit op:

Facebook
Twitter
LinkedIn
LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

LWO Regsadviseur - LWO Legal Advisor

Laat 'n antwoord of kommentaar

Teken op vir ons nuusbrief

Klik op wysig knoppie om hierdie teks te verander. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.