Daar is tans 200 geregistreerde vakbonde in Suid-Afrika volgend die Departement van Arbeid. Wanneer ‘n vakbond meerderheidsverteenwoordiging in die werksplek het (50% + 1), kan die vakbond aanspraak maak op sekere regte in die werksplek. Een van hierdie regte behels dat vakbondverteenwoordigers (“shop stewards”) aangestel kan word.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat ‘n vakbondverteenwoordiger die volgende funksies kan verrig:
- om werknemers (wat lid is by die vakbond) met griewe en dissiplinêre verrigtinge te help en te verteenwoordig
- om die werkgewer se nakoming van die werkplekverwante beleide en prosedures te monitor
- enige beweerde oortreeding van die werkplekverwante beleide en prosedures, wetgewing of kollektiewe ooreenkoms aan die werkgewer te rapporteer
Die toepas van dissipline
‘n Vakbondverteenwoordiger moet soos enige ander werknemer behandel word. So vermy die werkgewer onbillike arbeidspraktyk in die werksplek. Dissiplinêre optrede teenoor enige werknemer, insluitende ‘n vakbondverteenwoordiger, moet altyd billik en regverdig wees.
Prosedure is belangrik
Wanneer die werkgewer dissiplinêr optree teenoor ‘n vakbondverteenwoordiger, moet die werkgewer die vakbond by ‘n konsultasie te betrek. Die vakbond sal gedurende die konsultasie die vakbondverteenwoordiger verteenwoordig. Hierdie konsultasie het ten doel om maniere te vind om die probleem op te los sonder om ‘n formele dissiplinêre proses te volg. Die ontslag van ‘n vakbondverteenwoordiger tot moontlike industriële onrus kan lei.
Geen oplossing, hoe nou?
Werkgewers moet hierdie konsultasies in goeie trou vooraf doen. Dit beteken wel nie dat die werkgewer die vakbond se voorstelle moet aanvaar nie. Indien die voorstelle ondersoek was en daar steeds geen oplossing is nie, kan die werkgewer voortgaan om die nodige dissiplinêre stappe teen die vakbondverteenwoordiger te neem. ‘n Regverdige sanksie mag ook toegepas word, indien doe vakbondverteenwoordiger skuld gevind word.
Is daar ‘n vakbond in jou werksplek? Kontak die LWO vir bystand!
Nog nie lid by die LWO nie? Gaan kyk gerus na ons lidmaatskap pakkette.