Die LWO is 'n werkgewersorganisasie wat daarop fokus om werkgewers by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen.
Word deel van ons dinamiese span - sien vakatures huidiglik beskikbaar hieronder:
Bestuur
Geen vakatures huidiglik beskikbaar nie.
Regsafdeling (arbeidsreg)
Regsadviseur in Noordwes (permanente posisie)
Pligte sluit in (maar is nie beperk nie):
- Voorsitter van dissiplinêre verhore
- Opstel van arbeidsregtelike dokumentasie (klagstate, waarskuwings, KVBA-aansoeke, ens.)
- Bystand aan lede met afleggings
- Bystand aan lede met KVBA-sake (konsiliasie en arbitrasie)
- Bystand aan lede met staking protokol
- Vakbondonderhandelinge
- Hanteer algemene arbeidsreg navrae
- Administratiewe take met betrekking tot die bogenoemde
- Bemarking (werf van nuwe lede, radio onderhoude, skryf van artikels vir verskeie publikasies)
- Klagtebestuur en oplossing
- Skryf verslae vir bestuur/lede
- Opleiding aan Junior Regsadviseurs
- Deel van navorsing met die span
*opleiding sal verskaf word aan die suksesvolle kandidaat, maar kennis van die bogenoemde is voordelig.
Vereistes vir die pos:
- LLB/Bcom Regte/HR-/IR kwalifikasie
- Arbeidsreg agtergrond voordelig
- Rekenaargeletterd
- Eie betroubare voertuig
- Vlot in Afrikaans en Engels
Vergoedingspakket:
- R18 500.00 per maand
- Mediese subsidie
- Pensioen
- Selfoon
- Skootrekenaar
- Kommissie vir werwing van nuwe lede
- Vergoeding vir amptelike kilometers gereis
Stuur asseblief jou CV aan hesca@lwo.co.za teen 21 Augustus 2022.
Bemarkingsafdeling
Geen vakatures huidiglik beskikbaar nie.
Finansies en administratiewe afdeling
Geen vakatures huidiglik beskikbaar nie.