Lidmaadskaap Ooreenkoms – Pakket A

1. WOORDOMSKRYWINGS:

Hernuwingsjaar: die periode vanaf dag van aansluiting as lid tot en met 12 (twaalf) maande daarna.

Lid: die natuurlike persoon of regsentiteit wat as die werkgewer optree en wat aansoek om lidmaatskap doen en deur die LWO
aanvaar word. Lidmaatskap vestig by uitreiking van ‘n lidnommer.

LWO Werkgewersorganisasie (die LWO): ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie kragtens Artikel 96(7) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet nommer 66 van 1995, soos gewysig, met registrasienommer LR2/6/3/271, hierin verder na verwys as “die LWO”.

Werkgewersorganisasie: enige aantal werkgewers wat met mekaar geassosieer is met die doel, hetsy op sigself of saam met ander doeleindes, om verhoudinge tussen werkgewers en werknemers of vakbonde te reël.

Werkgewer: enige persoon (hetsy ‘n natuurlike persoon of regsentiteit) wat enige persoon aanstel kragtens ‘n dienskontrak. In die geval van ‘n natuurlike persoon, sluit dit ‘n opvolger, erfgenaam of genomineerde van die werkgewer in.

Werknemer: enige persoon, behalwe ‘n onafhanklike kontrakteur, wat vir enige ander persoon werk en wat besoldiging ontvang of geregtig is daarop om besoldiging te ontvang en enige persoon wat op enige wyse help om die besigheid van ‘n werkgewer voort te sit of te bedryf.

2. TERME EN VOORWAARDES:

2.1 Algemeen:
2.1.1 Enige dienste, asook produkte wat deur die LWO aan die natuurlike persoon of regsentiteit wat as werkgewer optree gelewer of verkoop word, is beskikbaar teen lede tariewe, welke tariewe van tyd tot tyd deur die LWO bepaal word.

2.1.2 Ledegelde kan jaarliks of maandeliks per debietorder betaal word. Lede wat die opsie uitoefen om maandeliks per debietorder te betaal, moet lidmaatskap vir die eerste 12 (twaalf) maande volhou.

2.1.3 Regskoste aangegaan deur die LWO vir die verhaal van kostes en uitstaande en / of agterstalige gelde, kan gevorder word op ‘n prokureur-en-kliënt skaal.

2.1.4 ‘n Lid wat onder ‘n geaffilieerde lidmaatskap (Pakket A) geaffilieer is, word as ‘n nie-stemgeregtigde lid geklassifiseer en is nie geregtig om by besluitnemingsprosesse betrokke te raak nie.

2.2 Algemene verpligting van die lid:
Dit is die lid of die lid se gevolmagtigde verteenwoordiger se verantwoordelikheid om ten ale tye te voldoen aan ale toepaslike
bepalings van die LWO se Konstitusie.

2.3 Verpligtinge van die LWO Werkgewersorganisasie:

2.3.1 Die LWO sal ten ale tye die lid na waarde ag en behandel met die nodige respek en integriteit.

2.3.2 Die lid se belange word vooropgestel, tensy dit indruis teen die LWO se Konstitusie, openbare belang en / of toepaslike arbeidsregtelike en ander Suid-Afrikaanse wetgewing.

2.3.3 Die LWO onderneem om die lid van ale tersaaklike wysigings in die lid se toepaslike sektor / Bedingingsraad te verwittig.

2.3.4 Die LWO onderneem om die lid se persoonlike inligting te verwerk in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting en slegs vir doeleindes om die LWO se verpligtinge en geregtelike funksies te vervul binne die raamwerk van die LWO se Konstitusie.

3. LIDMAATSKAP VOORDELE:

Die volgende voordele is van toepassing en word gedek deur die lidmaatskapfooi wat jaarliks of maandeliks betaalbaar is:

  • gereelde nuusbrief met relevante inligting en gevalestudies;
  • gratis telefoniese advies 24 uur per dag en sewe dae per week;
  • toegang tot ale LWO dienste teen lede tariewe;
  • ‘n lidmaatskap sertifikaat vir doeleindes van KVBA- / Bedingingsraad- en Arbeidshof aangeleenthede.

4. KVBA / BEDINGINGSRAAD VERTEENWOORDIGING:

Die lid neem kennis dat verteenwoordiging in terme van die lidmaatskap, gelewer word deur ‘n mede-lid en erken verder dat die lid kennis neem van die bepalings van Reël 25 (spesifiek Reël 25(5)¹) van die KVBA reëls (soos gewysig) ten opsigte van die regulering van verteenwoordiging by die KVBA en Bedingingsraad.
¹ Reël 25(5) Verteenwoordiging voor die Kommissie
(5) Ondanks die bepalings van subreël (1), mag ʼn kommissaris enige persoon wat ‘n party verteenwoordig in enige verrigtinge uitsluit, op grond daarvan dat hule n lid is van dieselfde werkgewersorganisasie as die werkgewerparty, of ‘n lid is van ʼn werkgewersorganisasie wat ʼn party tot die verrigtinge is, indien die kommissaris, nadat die saak ondersoek is en toepaslike vertoë oorweeg is, glo dat:
(a) die verteenwoordiger by die werkgewer se organisasie aangesluit het met die doel om partye in die Kommissie te verteenwoordig; of
(b) die verteenwoordiger se deelname aan die geskilbeslegtingsproses –

(i) teenstrydig sou wees met die bedoeling van die reël om goedkoop en vinnige geskilbeslegting te bevorder op ‘n wyse wat bi lik is vir a le partye;
(i) nie in ooreenstemming is met die doelwitte van die Wet op Arbeidsverhoudinge Wet 66 van 1995 nie; of
(i) die gevolg mag hê dat ʼn ander party tot die geskil onregverdig benadeel word.

5. BESLEGTING VAN GESKILLE:

5.1 Indien enige dispuut ontstaan tussen die lid en die LWO oor lidmaatskap, ledevoordele of enige ander relevante aangeleenthede, stem die lid hiermee in, dat:

5.1.1 die toepaslike geskil eers deur die toepaslike afdeling van die LWO hanteer word; en dan

5.1.2 indien nodig deur die Hoof Uitvoerende Beampte; en dan

5.1.3 indien nodig deur die Dagbestuur; en dan

5.1.4 indien nodig deur die LWO Raad, elkeen onderskeidelik binne 30 (dertig) dae.

5.2 Indien die geskil steeds onbesleg bly, stem die lid toe dat ‘n eksterne bemiddelaar, waarop die partye ooreenkom, die geskil
besleg en dat die uitkoms van hierdie proses finaal en bindend sal wees.

5.3 Die kostes van die eksterne bemiddelaar sal deur beide partye betaal word op ‘n 50/50 persentasie grondslag.

6. VEELVULDIGE LIDMAATSKAPPE:

Lidmaatskap van die LWO Werkgewersorganisasie is per definisie gesetel in die natuurlike persoon of regsentiteit wat as werkgewer optree. Verski lende werkgewers moet dus elkeen afsonderlike lidmaatskappe opneem om elkeen afsonderlik die reg te verkry om verteenwoordig te mag word in die KVBA, Bedingingsraad of Arbeidshof.

7. BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING (“POPI”):

7.1 Die lid erken en stem in dat die LWO persoonlike inligting sal insamel, verwerk en stoor in ooreenstemming met die toepaslike databeskermingswette, insluitend maar nie beperk tot die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting nie.

7.2 Die werkgewer onderneem om die werknemer se PI slegs te verwerk in ooreenstemming met die voorwaardes van wettige verwerking soos uiteengesit in terme van die POPI-wet, en slegs in die mate wat dit nodig is om sy verpligtinge na te kom en sy funksies as werkgewer uit te voer, asook binne die raamwerk van die diensverhouding en soos vereis deur Suid-Afrikaanse wetgewing.

7.3 Die LWO sal redelike maatreëls implementeer om die vertroulikheid en sekuriteit van persoonlike inligting te beskerm, met die doel om ongemagtigde toegang, openbaarmaking, wysiging of vernietiging te voorkom.

7.4 Die lid het die reg om toegang tot, regsteling van of uitwis van hul persoonlike inligting wat deur die LWO gehou word te versoek, in ooreenstemming met toepaslike databeskermingswette.

7.5 Die LWO sal die lid se persoonlike inligting behou vir die tydsduur wat nodig is om aan die doeleindes te voldoen waarvoor dit ingesamel is, tensy ‘n langer bewaringstydperk deur die wet vereis of toegelaat word.

7.6 In die geval van ‘n data-verbreking wat die sekuriteit van persoonlike inligting blootstel, sal die LWO toepaslike stappe neem om die impak van so ‘n verbreking te temper.

7.7 Die lid stem daartoe in om die LWO onmiddelik in kennis te stel van enige veranderinge aan hul persoonlike inligting om akkurate en bygewerkte rekords te verseker.

7.8 Die LWO mag hierdie POPI-klousule opdateer soos nodig om te voldoen aan veranderinge in toepaslike databeskermingswette. Lede sal in kennis gestel word van enige wesenlike veranderinge.

Deur hierdie ooreenkoms te onderteken, erken die lid dat hule die bepalings van hierdie POPI-klousule gelees, verstaan en daartoe ingestem het.

8. BEDANKING:

Bedanking as ‘n lid kan gedoen word by wyse van ‘n 30 (dertig) dae skriftelike kennisgewing aan die LWO.

9. DIE LWO KONSTITUSIE:

Deur hierdie ooreenkoms te onderteken, aanvaar die lid die LWO se Konstitusie en sal die inhoud van hierdie ooreenkoms geïnterpreteer word aan die hand van enige bepalings, soos wat dit in die LWO se Konstitusie uiteengesit is, of enige redelike interpretasie daarvan.