LWO-LIDMAATPAKKETTE
(Huiswerker)

HUISWERKERPAKKET

Die werksverhouding tussen die werkgewer en die huishulp (werknemers in ‘n privaat huishouding sluit in: huiswerkers | tuiniers | werkers wat kinders versorg, bejaardes, siekes, verswaktes of gestremdes | bestuurders van motorvoertuie | en huishulpe voorsien deur ‘n indiensnemingsdiens) skep unieke uitdagings en besliste risiko vir die werkgewer.

Neem spesiale kennis van die dienskontrak, vergoeding, verlof, werksure, ens. Dit is belangrik om hierdie aspekte deeglik aan te spreek ten einde jou regte as werkgewer in die verhouding vorentoe te beskerm. Die LWO het hierdie pakket geskep om werkgewers van huiswerkers te ondersteun om aan arbeidswetgewing te voldoen.

Huiswerkers Pakket
Huiswerkers Pakket