JY FOKUS OP JOU BESIGHEID.
DIE LWO FOKUS OP JOU
ARBEIDSKWESSIES.
Spesialisdienste
wet op billike werksgeleenthede
opleidingskursusse
Die oomblik wanneer ‘n werkgewer-werknemerverhouding ontstaan, is daar streng vereistes waaraan die werkgewer moet voldoen, ongeag die aantal werknemers.
Beperkende arbeidsregulasies bemoeilik besigheid in Suid-Afrika egter geweldig. Dit is dikwels meer effektief om nie-kernaktiwiteite uit te kontrakteer, sodat die werkgewer meer tyd beskikbaar het om aan noodsaaklike besigheidsaktiwiteite te spandeer.
Die LWO maak die hantering van arbeidsregskwessies maklik, eenvoudig EN help jou om jou besigheid te beskerm.
SPESIALISDIENSTE
Die LWO beskik oor ‘n span hoogsopgeleide regsadviseurs – met nagenoeg 235 jaar se toepaslike ervaring op die gebied van arbeidsreg. As ‘n werkgewersorganisasie wat by die Departement van Indiensneming en Arbeid geregistreer is, fokus die LWO uitsluitlik daarop om lede te ondersteun om aan arbeidsreg te voldoen.
Die LWO lewer dienste op die werkgewer se perseel volgens ledebehoefte, maar het ‘n nasionale voetspoor en die nodige infrastruktuur om te verseker dat lede kwaliteit diens ontvang wanneer hulle dit benodig. Die LWO het ook ‘n 24/7 arbeidsregsadvies hulplyn waar lede direkte toegang het tot die regsafdeling vir telefoniese bystand. Dit is belangrik om te verstaan dat die LWO persoonlike diens met praktiese oplossings lewer en nie ‘n inbelsentrum-benadering volg nie.
As geregistreerde werkgewersorganisasie het die LWO outomaties die reg om lede te verteenwoordig by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof.
GRATIS ARBEIDSOUDIT VIR ALLE NUWE LEDE

DOELONTWERPTE DIENSKONTRAKTE

PERSONEEL-VERMINDERING (AFLEGGINGS)

REËLS EN DISSIPLINE IN DIE WERKSPLEK

KONSULTASIES

WAARSKUWINGS

DISSIPLINÊRE VERHORE

HERSTRUKTURERING

BILLIKE WERKSGELEENTHEDE

VAKBONDONDER-HANDELINGE

STAKINGS | INDUSTRIËLE AKSIE

DEPARTEMENT VAN INDIENSNEMING EN ARBEID INSPEKSIES

VERTEENWOORDIGING KVBA BEDINGINGRADE EN ARBEIDSHOF


SLUIT AAN BY DIE LWO
WET OP BILLIKE WERKSGELEENTHEDE
Die Wet op Billike Werksgeleenthede (WBW) het ten doel om onregverdige diskriminasie in die werksplek uit te skakel deur gelyke geleenthede en billike behandeling te bevorder. Dit is van toepassing op alle werkgewers, maar “aangewese werkgewers” (wat aan die minimum vereistes voldoen) het addisionele verpligtinge.
Ons is trots om aan te kondig dat die LWO Werkgewersorganisasie geaffilieer is met Labour Quest, wat voortaan alle dienste wat verband hou met die Wet op Billike Werksgeleenthede, sal hanteer. Kontak ons gerus vir meer inligting Employment Equity | Labour Quest. Ons bied vyf pakketopsies om “aangewese werkgewers” te help om aan wetgewing te voldoen.
OPLEIDINGSKURSUSSE
VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?
VIND NOU UIT.
Bly voor met ons omvattende voldoeningsvraelys. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.