MEER OOR DIE LWO

oor ons

visie / missie

bestuur / raad / regspaan

vakatures

netwerk

DIE LWO HELP WERKGEWERS OM AAN ARBEIDSREG TE VOLDOEN.

Die LWO is in 1990 in die landbousektor gestig. Ons is baie trots op hierdie geskiedenis aangesien boere as werkgewers uitsonderlike uitdagende omstandighede trotseer om hul ondernemings volhoubaar en produktief te bestuur.

Sedertdien het die LWO onsself so geposisioneer om alle werkgewers in alle bedryfsektore, nasionaal te bedien op die gebied van arbeidsreg.

WAT IS MY OPSIES?

Wie kan my help om aan Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing te voldoen?
Beperkende arbeidsregulasies is een van die mees problematiese faktore as dit kom by die doen van besigheid in Suid-Afrika. Dit is ‘n moderne tendens onder besigheidseienaars om nie-kernaktiwiteite uit te kontrakteer, wat die werkgewer ekstra tyd gun om te fokus op sy kernaktiwiteite.

Die werkgewer het hoofsaaklik ses opsies om te oorweeg: hanteer dit self, stel ‘n voltydse arbeidsregkundige aan, of kontrakteer die kundigheid uit aan ‘n professionele diensverskaffer (vier beskikbare opsies).

Neem kennis dat wanneer die werkgewer hierdie ondersteuning uitkontrakteer, daar definitiewe verskille is tussen die vier opsies wat groot implikasies kan inhou met spesifieke verwysing na koste, spesialiskennis, spektrum van dienste, infrastruktuur en beskikbaarheid, ens.

‘N PAAR VRAE OM IN GEDAGTE TE HOU MET DIE KIES VAN ‘N SPESIALIS OM JOU BESIGHEID TE ONDERSTEUN OM AAN ARBEIDSWETGEWING TE VOLDOEN:

Die LWO bedryf ‘n arbeidsregopleidingsprogram suksesvol in landbouskole en ander opleidingsinstellings. Uit die terugvoer is dit duidelik dat die kursus van groot waarde is vir die leerders wat in baie gevalle in die besigheidsomgewing, insluitend die landbousektor, gaan werk.

Die LWO is trots om ons arbeidsregopleidingsprogram in die volgende landbouskole aan te bied:

KAN JY MY BY DIE KVBA / BEDINGINGSRAAD VERTEENWOORDIG?

Die LWO bedryf ‘n arbeidsregopleidingsprogram suksesvol in landbouskole en ander opleidingsinstellings. Uit die terugvoer is dit duidelik dat die kursus van groot waarde is vir die leerders wat in baie gevalle in die besigheidsomgewing, insluitend die landbousektor, gaan werk.

Die LWO is trots om ons arbeidsregopleidingsprogram in die volgende landbouskole aan te bied:

SPESIALISEER JY IN ARBEIDSWETGEWING? HET JY TOEPASLIKE ERVARING IN DIE VELD?

Remember: The LWO has been assisting employers to comply with labour law since 1990 and is a market leader today in the field of labour law in terms of expertise. Die LWO beskik oor ‘n span hoogsopgeleide regsadviseurs – tans met nagenoeg 235 jaar se toepaslike ervaring op die gebied van arbeidsreg. As ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie fokus ons uitsluitlik daarop om werkgewers by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen.

LEWER JY DIENSTE OP DIE WERKGEWER SE PERSEEL?

Onthou: Die LWO lewer dienste op die werkgewer se perseel volgens ledebehoefte. Ons is trots op ons waardes en lewer kwaliteit diens.

IS JOU OPLOSSING KOSTE-EFFEKTIEF?

Onthou: Die LWO is ‘n lede-organisasie sonder ‘n winsoogmerk wat beteken dat finansies in belang van ons lede bestuur word en nie om wins na te jaag nie. Ons maak definitief ‘n wins (andersins sou ons organisasie nie volhoubaar wees nie), maar hierdie surplus word weer teruggeploeg in die organisasie om dienslewering te verbeter met verwysing na kundigheid en infrastruktuur.

HOE LANK BESTAAN DIE BESIGHEID AL? BESIGHEID KONTINUÏTEIT?

nthou: Die LWO spesialiseer al vir 33 jaar op die gebied van arbeidsreg. Die organisasie is gestig in 1990 om werkgewers by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen.

Die LWO het ‘n nasionale voetspoor, asook die nodige infrastruktuur, om te verseker dat ons lede kwaliteit diens ontvang wanneer hulle dit nodig het. Ons bied ook ‘n 24/7 regsadvies hulplyn waar ons lede direkte toegang het tot ons regsafdeling vir bystand enige tyd.

KAN EK AS DIE WERKGEWER INSETTE LEWER IN TERME VAN DIE BESTUUR VAN DIE ORGANISASIE?

Onthou: Die LWO is ‘n lede-organisasie sonder ‘n winsoogmerk wat bestuur word deur ‘n Raad wat uit lede van die organisasie bestaan. Die voordeel vir jou as lid is dat die organisasie bestuur word deur werkgewers wat weet wat die behoefte op grondvlak is en dan volgens ledebehoefte strategies rigting gee aan die organisasie.

SLUIT AAN BY DIE LWO

VISIE

‘n Volhoubare werksomgewing waar die werkgewer en werknemer in harmonie saam werk.

MISSIE

Om ‘n dinamiese rol te speel in die bestuur van arbeidsverhoudinge wat sal bydra tot ‘n produktiewe en volhoubare werksomgewing.
Die dag-tot-dag bestuur van die LWO lê by hierdie ampsdraers:

Dirk Schoeman

Hoof Uitvoerende Beampte

André Naudé

Bestuurder: Finansies,
Administrasie en Menslike Hulpbronne

Adv Michelle Smuts

Bestuurder: Regsdienste
Die LWO is ‘n lede-organisasie sonder winsbejag wat bestuur word deur ‘n raad wat uit lede van die organisasie bestaan. Die voordeel vir jou as lid, is dat die organisasie bestuur word deur werkgewers wat weet wat die behoefte op grondvlak is en dan volgens ledebehoefte strategies rigting gee aan die organisasie.

Wannie Scribante

Voorsitter Raadslid (Gauteng)

Kowie Stofberg

Vise-Voorsitter
Raadslid (Wes-Kaap)

Johan Rademeyer

Raadslid (Oos-Kaap)

Esti Steenkamp

Raadslid (Vrystaat)

Iaan van Niekerk

Raadslid (Gauteng)

Prof Fanie van Jaarsveld

Raadslid (Gauteng)

Jannie Roux

Raadslid (Noord-Kaap)

Edrean Ernst

Raadslid (Limpopo)

Lourie Bosman

Raadslid (KwaZulu-Natal)

Stephnie Snyman

Raadslid (Mpumalanga)

John Rankin

Raadslid (Noordwes)

Roelof Swanepoel

Raadslid (Gauteng)

Nicholas de Villiers

Raadslid (Gauteng)
Die LWO Werkgewersorganisasie het ‘n span hoogs opgeleide regsadviseurs – wat 235 jaar toepaslike ervaring op die gebied van arbeidsreg na lede bring.

HOOFKANTOOR

Adv Michelle Smuts

Bestuurder: Regsdienste

Christiaan Swart

Senior Regsadviseur

Madeleine Ackermann

Regsadviseur

Xander Levendal

Regsadviseur

James Pretorius

Regsadviseur

Christoff Pretorius

Regsadviseur

Tiaan Botes

Junior Regsadviseur

OOS-KAAP KANTOOR

Anneline Scriven

Senior Regsadviseur

Hannes Latsky

Regsadviseur

WES-KAAP KANTOOR

Meyer Louw

Regsadviseur

MPUMALANGA KANTOOR

Kontak Hoofkantoor

086 110 1828 | info@lwo.co.za

SLUIT AAN BY DIE LWO

VAKATURES

Word deel van ons dinamiese span – sien beskikbare vakatures hieronder:

Geen vakatures tans beskikbaar nie.

Regsadviseur - Noord-Wes

Vereistes vir die pos:

  • LLB / Bcom Regte / HR / IR-kwalifikasie
  • Arbeidsreg agtergrond voordelig
  • Rekenaar geletterd
  • Eie betroubare voertuig
  • Vlot in Afrikaans en Engels

Stuur jou CV na: hesca@lwo.co.za

Sluitingsdatum - 31 Maart 2024

Geen vakatures huidiglik beskikbaar nie.

Administratiewe Assistent

Vereistes vir die pos:

  • 'n Jong dinamiese persoon
  • Microsoft Office kennis
  • Ondervinding in administrasie & finansies
  • Ondervinding in CRM en Sage Evolution sal voordelig wees
  • Vlot in Afrikaans en Engels
  • Eie betroubare vervoer
  • Gr12 Kwalifikasie 'n vereiste
  • Goeie kommunikasie vaardighede

Stuur jou CV na:

hesca@lwo.co.za

NETWERK & SAMEWERKINGSVENNOTE

Die LWO sluit voortdurend nuwe samewerkingsooreenkomste om waarde toe te voeg tot ons lede, asook om werkgewers regoor Suid-Afrika by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen. Ons ondersoek ook die relevante platforms en forums om werkgewers te bereik waar ons hulle kan inlig oor die vereistes wat arbeidswetgewing stel en die risiko gekoppel aan nie-voldoening, asook werkgewers se regte en hoe om hierdie regte toe te pas.

Netwerk

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Bly voor met ons omvattende voldoeningsvraelys. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.