Lidmaatskaap Ooreenkoms –
Huiswerker Pakket

1. WOORDOMSKRYWINGS:

Hernuwingsjaar: die periode vanaf dag van aansluiting as lid tot en met 12 (twaalf) maande daarna.

Huiswerker: volgens Sektorale Vassteling nommer 7 sluit dit in enige huiswerker of onafhanklike kontrakteur wie huishoudelike werk verrig in ‘n privaat huishouding en wie besoldiging verdien, of geregtig is daarop om besoldiging te verdien, insluitend ‘n tuinier, ‘n persoon wie in diens geneem is as bestuurder van ‘n motorvoertuig, of ‘n persoon wie omsien na kinders, bejaardes, siek-, verswakte- en gestremde persone.

Inligtingsessie: proaktiewe opleiding met betrekking tot ale fasette van die Huiswerkersektor, waartydens dienskontrakte, salarisstrokies, beleide, prosedures, dissiplinêre kode en pro-forma arbeidsreg dokumentasie (waarskuwings, ultimatums, ensovoorts) verskaf en verduidelik word.

Lid: die natuurlike persoon wat as werkgewer optree en wat aansoek om lidmaatskap doen en deur die LWO aanvaar word. Lidmaatskap vestig by uitreiking van ‘n lidnommer.

Telefoniese advies: ‘n lid sal gratis telefoniese advies 24 uur per dag en sewe dae per week geniet, maar sal beperk word tot 20 minute per oproep. Gesprekke wat lei tot konsultasies en/of oorskryding van die 20 minute limiet kan onderhewig wees aan fakturering teen ons standaard LWO uurlikse tarief van toepassing op die tyd van die oproep.

LWO Werkgewersorganisasie (die LWO): ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie kragtens Artikel 96(7) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet nommer 66 van 1995, soos gewysig, met registrasienommer LR2/6/3/271, hierin verder na verwys as “die LWO”.

Werkgewersorganisasie: enige aantal werkgewers wat met mekaar geassosieer is met die doel, hetsy op sigself of saam met ander doeleindes, om verhoudinge tussen werkgewers en werknemers of vakbonde te reël.

Werkgewer: enige natuurlike persoon wat ‘n huiswerker aanstel kragtens ‘n dienskontrak.

2. TERME EN VOORWAARDES:

2.1 Aansluitingsfooi:
2.1.1 ‘n Verpligte eenmalige aansluitingsfooi en jaarpremie is betaalbaar voordat ‘n lid sal kwalifiseer vir bystand van enige aard.

2.1.2 Met aansluiting ontvang elke lid ‘n eenmalige elektroniese inligtingsessie, wat ingesluit is by die aansluitingsfooi.

2.2 Algemene voorwaardes en verpligtinge van die lid:
2.2.1 Lidmaatskap is beperk tot twee huiswerkers, waarna ‘n addisionele R200.00 per jaar per addisionele huiswerker betaalbaar is.

2.2.2 Elke werkgewer wat as lid aansluit is geregtig op ‘n gratis elektroniese inligtingsessie. ‘n Inligtingsessie het ten doel om die lid op te lei in die basiese beginsels van die Arbeidswetgewing, asook oor die spesifieke wetgewing wat van toepassing is op die Huiswerkersektor, sodat die lid sy arbeidsregtelike risiko kan beperk.

2.2.3 Elke werkgewer wat as lid aansluit onderneem om deurlopend te voldoen aan ale bepalings van die LWO se Konstitusie wat op lede van toepassing is.

2.2.4 Regskoste aangegaan deur die LWO vir die verhaal van kostes en uitstaande en / of agterstalige gelde, kan gevorder word op ‘n prokureur-en-kliënt skaal.

2.3 Verpligtinge van die LWO Werkgewersorganisasie:
2.3.1 Die LWO sal ten ale tye die lid na waarde ag en behandel met die nodige respek en integriteit.

2.3.2 Die lid se belange word vooropgestel, tensy dit indruis teen die LWO se Konstitusie, openbare belang en / of toepaslike arbeidsregtelike en ander Suid-Afrikaanse wetgewing.

2.3.3 Die LWO onderneem om die lid van ale tersaaklike arbeidsreg wysigings in die Huiswerkersektor te verwittig.

2.3.4 Die LWO onderneem om die lid se persoonlike inligting te verwerk in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting en slegs vir doeleindes om die LWO se verpligtinge en geregtelike funksies te vervul binne die raamwerk van die LWO se Konstitusie.

3. LIDMAATSKAP VOORDELE:

Die volgende voordele is van toepassing en vorm deel van die lidmaatskapfooi wat vooruitbetaalbaar is:

  • gereelde elektroniese nuusbrief met relevante inligting en geva lestudies;
  • gratis telefoniese advies 24 uur per dag en sewe dae per week;
  • ‘n eenmalige elektroniese inligtingsessie, verwys na paragraaf 2.1.2;
  • toegang tot ale LWO dienste teen lede tariewe;
  • ‘n lidmaatskap sertifikaat vir doeleindes van KVBA- en Arbeidshof aangeleenthede;
  • ‘n inligtingslêer met gebinde dienskontrakte, asook ‘n kompakskyf (“USB”) waardeur toepaslike wetgewing, dienskontrakte, ‘n handleiding en ale relevante arbeidsreg dokumentasie verskaf word.

4. BESLEGTING VAN GESKILLE:

4.1 Indien enige dispuut ontstaan tussen die lid en die LWO oor lidmaatskap, ledevoordele of enige ander relevante aangeleentheid, stem die lid hiermee in, dat:

4.1.1 die toepaslike geskil eers deur die toepaslike afdeling van die LWO hanteer word; en dan

4.1.2 indien nodig deur die Hoof Uitvoerende Beampte; en dan

4.1.3 indien nodig deur die Dagbestuur; en dan

4.1.4 indien nodig deur die LWO Raad, elkeen onderskeidelik binne 30 (dertig) dae.

4.2 Indien die geskil steeds onbesleg bly, stem die lid toe dat ‘n eksterne bemiddelaar, waarop die partye ooreenkom, die geskil besleg en dat die uitkoms van hierdie proses finaal en bindend sal wees.

4.3 Die kostes van die eksterne bemiddelaar sal deur beide partye betaal word op ‘n 50/50 persentasie grondslag.

5. BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING (“POPI”):

5.1 Die lid erken en stem in dat die LWO persoonlike inligting sal insamel, verwerk en stoor in ooreenstemming met die toepaslike databeskermingswette, insluitend maar nie beperk tot die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting nie.

5.2 Die werkgewer onderneem om die werknemer se PI slegs te verwerk in ooreenstemming met die voorwaardes van wettige verwerking soos uiteengesit in terme van die POPI-wet, en slegs in die mate wat dit nodig is om sy verpligtinge na te kom en sy funksies as werkgewer uit te voer, asook binne die raamwerk van die diensverhouding en soos vereis deur Suid-Afrikaanse wetgewing.

5.3 Die LWO sal redelike maatreëls implementeer om die vertroulikheid en sekuriteit van persoonlike inligting te beskerm, met die doel om ongemagtigde toegang, openbaarmaking, wysiging of vernietiging te voorkom.

5.4 Die lid het die reg om toegang tot, regsteling van of uitwis van hul persoonlike inligting wat deur die LWO gehou word te versoek, in ooreenstemming met toepaslike databeskermingswette.

5.5 Die LWO sal die lid se persoonlike inligting behou vir die tydsduur wat nodig is om aan die doeleindes te voldoen waarvoor dit ingesamel is, tensy ‘n langer bewaringstydperk deur die wet vereis of toegelaat word.

5.6 In die geval van ‘n data-verbreking wat die sekuriteit van persoonlike inligting blootstel, sal die LWO toepaslike stappe neem om die impak van so ‘n verbreking te temper.

5.7 Die lid stem daartoe in om die LWO onmiddelik in kennis te stel van enige veranderinge aan hul persoonlike inligting om akkurate en bygewerkte rekords te verseker.

5.8 Die LWO mag hierdie POPI-klousule opdateer soos nodig om te voldoen aan veranderinge in toepaslike
databeskermingswette. Lede sal in kennis gestel word van enige wesenlike veranderinge.

Deur hierdie ooreenkoms te onderteken, erken die lid dat hule die bepalings van hierdie POPI-klousule gelees, verstaan en daartoe ingestem het.

6. BEDANKING:

Bedanking as ‘n lid kan gedoen word by wyse van ‘n 30 (dertig) dae skriftelike kennisgewing aan die LWO.

7. DIE LWO KONSTITUSIE:

Deur hierdie ooreenkoms te onderteken, aanvaar die lid die LWO se Konstitusie en sal die inhoud van hierdie ooreenkoms geïnterpreteer word aan die hand van enige bepalings, soos wat dit in die LWO se Konstitusie uiteengesit is, of enige redelike interpretasie daarvan.