LWO vat hande met Moulder Skills Development

LWO vat hande met MSD

Moulder Skills Development (MSD) het een van die leiers in vaardigheidsontwikkeling geword oor die afgelope 10 jaar deur langtermynverhoudinge wat bekostigbaar is, te bou met hul kliënte. Oor die jare het hulle sekere elemente geïdentifiseer wat ‘n besigheidsrisiko inhou vir hul kliënte, soos om aan arbeidswetgewing te voldoen. Dikwels is werkgewers se kontrakte nie voldoende nie, of selfs nie wettig nie – dit het MSD genoop om vir hul kliënte ‘n oplossing te vind wat eerlik, professioneel en bekostigbaar is ten einde te verseker dat werkgewers voldoen aan wetgewing en ondersteuning het ten opsigte van onvoorsienbare aangeleenthede en dispute in die werksplek. MSD kan werkgewers ook bystaan om aan die Wet op Billike Werksgeleentede te voldoen.

“Die LWO het my beïndruk vanaf die eerste ontmoeting waar die Bybel op die raadsaal se tafel gelê het en getuig het van die organisasie se waardes wat ook groot teen die muur geskryf staan – integriteit, eerlikheid en uitstekende diens.

Een van die grootste risiko’s vir enige besigheid vandag, is om aan arbeidswetgewing te voldoen. Wanneer aspekte soos algemene voldoening, dokumentasie en die korrekte prosedures in plek is en nougeset gevolg word, is daar min wat kan fout gaan. Dit is waarom samewerking tussen spesialiste so krities is om te verseker dat die beste resultate deurlopend verkry word in elke aspek van besigheid.”

– James Moulder, Eienaar (Moulder Skills Development)

Kontak Moulder Skills Development

Aandag alle WERKGEWERS!

Skryf vandag in

om meer inligting oor die LWO en jou

GRATIS Arbeidsreg Ouditkontrolelys

Op maat gemaak vir jou besigheidsbehoeftes

U inligting is veilig en sal nie met derdeparty-maatskappye gedeel word nie.