ARBEIDSREGONDERSTEUNING
VIR WERKGEWERS

Aandag sake-eienaars! Word lid van die LWO hierdie Januarie en kry ‘n voorsprong op jou nakomingsverpligtinge sonder om die bank te breek. So sluit jy nie net die jaar met selfvertroue af nie, maar jy geniet ook ‘n sensasionele aanbod pasgemaak vir proaktiewe besighede soos joune.

VOORDELE

Een van die grootste voordele van LWO-lidmaatskap is die gemoedsrus wat jy kry met die wete dat jou besigheid volkome voldoen aan arbeidswetgewing. Hierdie gerustheid word versterk deur die bied van praktiese advies om enige werkgewer-werknemer situasie te hanteer. Bo en behalwe om nakoming te verseker, stap die LWO die ekstra myl om arbeidswette só aan te wend om jou besigheid te beskerm en jou regte as werkgewer te handhaaf.

Gratis, onbeperkte, 24/7 hulplyn

Praat direk met ‘n gekwalifiseerde regsadviseur met geen beperking op die aantal kere wat jy kan inbel nie.

Nuusbrief vir lede

Tweemaandelikse nuusbrief met praktiese inligting oor hoe om spesifieke situasies in die werksplek te hanteer.

KVBA-, Bedingingsraad- en Arbeidshofverteenwoordiging

Verteenwoordiging by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof teen ledetariewe.

Toegang tot alle LWO dienste

Insluitend die hou van dissiplinêre verhore, konsultasies, herstrukturering, personeelvermindering (afleggings) en nog vele meer.

SLUIT AAN OP ONS BASIESE PAKKET

SLUIT NOU AAN. BETAAL LATER

Eksklusiewe aanbod vir Januarie:

Sluit hierdie maand aan by die LWO en ontvang die LWO se onontbeerlike Verpligte Nakomingspak gratis! Wat meer is, jou eerste lidmaatskapfooi is eers betaalbaar in Maart 2024.

Onthou, om nakoming te handhaaf gaan nie net daaroor om boksies af te merk nie. Dit is jou toegang tot die LWO se kundige bystand vir enige arbeidsverwante kwessies. Belangriker nog, dit herbevestig jou verbintenis tot die bevordering van ‘n werksomgewing wat regverdigheid en wettige praktyke vir alle betrokke partye op prys stel.

Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie. Spring hierdie Januarie weg met jou nakomingsreis saam met die LWO en stel ‘n maatstaf vir operasionele uitnemendheid vir die jaar wat kom!

Wat is in die nakomingspak:

  • Virtuele inligting- & implementeringsessie
  • Arbeidsreg plakkate – WBDV, DISP, WBW, OHSA (Afrikaans & Engels)
  • Voorvalleboek

SLUIT AAN IN JANUARIE 2023
BETAAL JOU EERSTE LIDMAATSKAPFOOI IN MAART 2024
Betaal slegs R99 vaste tarief versendingskoste
Bepalings en voorwaardes geld

Original price was: R995.00.Current price is: R0.00.

Out of stock