COIDA WERKSWINKEL AANGEBIED IN SAMEWERKING LABOUR QUEST

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons “COIDA” werkswinkel in vennootskap met Labour Quest ontwerp is om werkgewers, menslike hulpbronne kundiges, veiligheidsbeamptes en bestuurders van noodsaaklike kennis en vaardigehede te voorsien om die basiese Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (“COIDA”) regulasies beter te verstaan.
Die werkswinkel gaan in 1 maklik verstaanbare deel aangebied word en vind aanlyn plaas.

A COMPREHENSIVE WORKSHOP OF THE 2026 COIDA AMENDMENT ACT

Datum: 14 Oktober 2026 | Tyd: 10:00  | Plek: Aanlyn

LWO Members R1400 p.p | Non-Members R2400 p.p

Hierdie werkswinkel fokus op van die kern bepalings van “COIDA” en hantering van werksplekbeserings of -siektes.

Ons kyk na wat gedoen moet word in geval van ‘n besering aan diens, die aanmelding van ‘n besering, ondersoekprosedures, betaling vir beserings en die rapportering van beroepsiektes. Ons gee ook wenke om van kennis te neem met die aanmeld van beroepsbeserings en -siektes, en kyk ook na watter soort insidente by die Departement van Indiensneming en Arbeid se Hoofinspekteur aangemeld moet word.

Om te verseker dat u met bruikbare kennis vertrek, dek die werkswinkel ‘n wye reeks noodsaaklike onderwerpe, insluitend:

  • Inleiding tot die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (beter bekend as “OHSA”) en COIDA-wetgewing
  • ‘n Gids vir werkgewers: bestuur en rapportering van beserings aan diens
  • 7 noodsaaklike dele van die beserings aan diens ondersoek
  • Voorvalrapportering aan die hoofinspekteur se kantoor volgens OHSA.
  • Wenke en besonderhede om in ag te neem wanneer ‘n OHSA-artikel 24-voorval aangemeld word
  • Wenke om in ag te neem wanneer ‘n beroepsiekte aangemeld word
  • Betaling vir beserings aan diens
  • Voortgesette nakoming van die gesondheids- en veiligheidsregulasies is die sleutel tot die voorkoming van toekomstige voorvalle.

Hierdie werkswinkel is noodsaaklik vir werkgewers wat ‘n gesonde werksplek wil handhaaf terwyl hulle aan COIDA wetgewing voldoen.