National minimum wage 2021

Ten spyte van die swak toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie, asook die impak van die Coronavirus (COVID-19) en negatiewe effek van die staat van inperking op werkgewers se finansiële posisie, het die Minister van Indiensneming en Arbeid op 8 Februarie 2021 in die Staatskoerant 44136 die gewysigde nasionale minimum loon afgekondig.

Die gewysigde minimum loon sal inwerking tree op 01 Maart 2021. Die huidige nasionale minimum loon van R20.76 per uur verhoog na R21.69 per uur.

Neem kennis van minimum loon wysigings in die volgende industrieë:

KOMENDE ARBEIDSINSPEKSIE?
LAAT LWO JOU BYSTE!

Landbousektor

Die landbousektor se minimum loon sal vanaf 01 Maart 2021 gelykstaande wees aan die nasionale minimum loon van 2021 van R21.69 per uur. Die landbousektor het voorheen vrystelling ontvang om slegs 90% van die nasionale minimum loon te betaal (dit het R18.68 beloop in 2020). Hierdie vrystelling het egter nou verval en die minimum loon vir plaaswerkers is gelykgestel aan die nasionale minimum loon vir 2021. Dit bereken tot ‘n 16,1% verhoging van die vorige minimum loon vir plaaswerkers van R18.68 per uur (2020) na R21.69 per uur (2021). Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang.

Huiswerkersektor

Die huiswerkersektor se minimum loon verhoog vanaf 01 Maart 2021 na R19.09 per uur.

Kontrakskoonmaaksektor

Die kontrakskoonmaaksektor se minimum loon verhoog vanaf 01 Maart 2021 gebaseer op die spesifieke area waarin die werkgewer besigheid doen (sien die gewysigde Skedule 2 op bladsy 5 van die Staatskoerant):

  • Area A: R23.87 per uur – Stad Kaapstad, Groter Oosrand Metro, Stad Johannesburg, Stad Tshwane en Stad Nelson Mandela, Plaaslike Rade van Emfuleni, Merafong, Mogale City, Metsimaholo, Randfontein, Stellenbosch en Westonaria.
  • Area B: Kollektiewe Ooreenkoms soos vervat in die Bedingingsraad vir die Kontrakskoonmaakdienste – Alle areas in KwaZulu-Natal.
  • Area C: R21.77 per uur – Alle areas nie vermeld in Areas A en B nie.

Groot- en kleinhandelsektor

Die groot- en kleinhandelsektor se minimum loon verhoog vanaf 01 Maart 2021 gebaseer op die spesifieke area waarin die werkgewer besigheid doen, asook die onderskeie posbeskrywingsvan werknemers (sien die gewysigde Tabel 1 en 2 op bladsy 6-7 van die Staatskoerant).

Dit is belangrik vir werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen Dit is dus nodig dat u die nasionale minimum loontarief wat u werknemers vanaf 01 Maart 2021 moet ontvang aanpas volgens die gewysigde nasionale minimum loon.

IS YOUR BUSINESS LABOUR-COMPLIANT?

FIND OUT NOW.

Stay ahead with our comprehensive compliance questionnaire. We’ll help pinpoint any gaps, ensuring you operate within legal guidelines.