Lidmaadskaap Ooreenkoms

1. WOORDOMSKRYWINGS:

Hernuwingsjaar: die periode vanaf dag van aansluiting as lid tot en met 12 (twaalf) maande daarna.

Implementering: bespreking van terme en voorwaardes van dienskontrakte, beleide, prosedures, dissiplinêre kode en toepaslike wetgewing met werkgewer en werknemers, sodat die lid in ale opsigte voldoen aan die vereistes van die lid se toepaslike sektor / Bedingingsraad.

Inligtingsessie: proaktiewe opleiding met betrekking tot ale fasette van die werkgewer se toepaslike sektor / Bedingingsraad. Dienskontrakte, salarisstrokies, beleide, prosedures, dissiplinêre kode en pro-forma arbeidsreg dokumentasie (waarskuwings, ultimatums, ensovoorts) sal verskaf en verduidelik word.

Lid: die natuurlike persoon of regsentiteit wat as werkgewer optree en wat aansoek om lidmaatskap doen en deur die LWO aanvaar word. Lidmaatskap vestig by uitreiking van ‘n lidnommer.

Lidmaatskap pakkette: die onderskeie pakkette wat die LWO aanbied aan lede. Die onderskeie voordele en tariewe word aangeheg by hierdie ooreenkoms. Voordele en tariewe kan van tyd tot tyd aangepas word.

LWO Werkgewersorganisasie (die LWO): ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie kragtens Artikel 96(7) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet nommer 66 van 1995, soos gewysig, met registrasienommer LR2/6/3/271, hierin verder na verwys as “die LWO”.

Regsbystandfondsdekking: dekking vir kostes wat betaal word vanuit die LWO Regsbystandfonds vir kostes (onder andere vir reis- en verblyfkostes en tyd bestee) ten opsigte van KVBA-, Bedingingsraad- en Arbeidshof aangeleenthede vir lede wat daarvoor kwalifiseer.

Telefoniese advies: ‘n lid sal gratis telefoniese advies 24 uur per dag en sewe dae per week geniet, maar sal beperk word tot 20 minute per oproep. Gesprekke wat lei tot konsultasies en/of oorskryding van die 20 minute limiet kan onderhewig wees aan fakturering teen ons standaard LWO uurlikse tarief van toepassing op die tyd van die oproep.

Werkgewersorganisasie: enige aantal werkgewers wat met mekaar geassosieer is met die doel, hetsy op sigself of saam met ander doeleindes, om verhoudinge tussen werkgewers en werknemers of vakbonde te reël.

Werkgewer: enige persoon (hetsy ‘n natuurlike persoon of regsentiteit) wat enige persoon aanstel kragtens ‘n dienskontrak. In die geval van ‘n natuurlike persoon, sluit dit ‘n opvolger, erfgenaam of genomineerde van die werkgewer in.

Werknemer: enige persoon, behalwe ‘n onafhanklike kontrakteur, wat vir enige ander persoon werk en wat besoldiging ontvang of geregtig is daarop om besoldiging te ontvang en enige persoon wat op enige wyse help om die besigheid van ‘n werkgewer voort te sit of te bedryf.

2. TERME EN VOORWAARDES:

2.1 Aansluitingsfooi
2.1.1 ‘n Verpligte eenmalige aansluitingsfooi en eerste maand- of jaarpremie is betaalbaar voordat ‘n lid sal kwalifiseer vir bystand van enige aard.

2.1.2 Met aansluiting ontvang elke lid ‘n eenmalige in-persoon/virtuele inligting- en implementeringsessie, wat ingesluit is by die aansluitingsfooi.

2.2 Lidmaatskap pakkette en ledegelde:
2.2.1 Voornemende lede oefen ‘n keuse uit tussen beskikbare lidmaatskap pakkette.

2.2.2 Addisionele produkte en / of dienste ooreenkomstig met die werkgewer (lid) se behoeftes kan per kwotasie bygevoeg word teen lede tariewe, welke tariewe van tyd tot tyd deur die LWO bepaal word.

2.2.3 Lede mag te enige tyd tydens die hernuwingsjaar aansoek doen vir opgradering van die lidmaatskap pakket. Lede wat opgradeer moet hul lidmaatskap ook vir die eerste 12 (twaalf) maande na opgradering volhou. Enige opgradering is onderhewig aan ‘n drie (3) maande wagtydperk.

2.2.4 Ledegelde soos vasgestel vir elke onderskeie lidmaatskap pakket kan jaarliks of maandeliks per debietorder betaal word. Lede wat die opsie uitoefen om maandeliks per debietorder te betaal, moet lidmaatskap vir die eerste 12 (twaalf) maande volhou.

2.2.5 Regskoste aangegaan deur die LWO vir die verhaal van kostes en uitstaande en / of agterstalige gelde, kan gevorder word op ‘n prokureur-en-kliënt skaal.

2.3 Algemene verpligtinge van die lid:
2.3.1 Dit is die lid of die lid se gevolmagtigde verteenwoordiger se verantwoordelikheid om die LWO, hetsy ‘n Hoofkantoor Regsadviseur of ‘n Streekverteenwoordiger, te kontak om die lid in ale arbeidsaangeleenthede te adviseer en / of te versoek om dit namens die lid te behartig.

2.3.2 Elke werkgewer wat as lid aansluit moet binne 12 (twaalf) maande vanaf aansluiting ‘n inligting- en implementeringsessie ondergaan.

2.3.2.1 Nadat daar op 2 (twee) geleenthede afsprake gereël en bevestig was met die lid vir die inligting– en implimenteringsessie, maar dit gekanseleer word deur die lid sal dit herskeduleer word teen die standaard uur en kilometer tarief van toepassing op daardie tydperk.

2.3.3 Om deurlopend te voldoen aan ale toepaslike bepalings van die LWO se Konstitusie.

2.4 Verpligtinge van die LWO Werkgewersorganisasie:
2.4.1 Die LWO sal ten ale tye die lid na waarde ag en behandel met die nodige respek en integriteit.

2.4.2 Die lid se belange word vooropgestel, tensy dit indruis teen die LWO se Konstitusie, openbare belang en / of toepaslike arbeidsregtelike en ander Suid-Afrikaanse wetgewing.

2.4.3 Die LWO onderneem om die lid van ale tersaaklike wysigings in die lid se toepaslike sektor / Bedingingsraad te verwittig.

2.4.4 Die LWO onderneem om die lid se persoonlike inligting te verwerk in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting en slegs vir doeleindes om die LWO se verpligtinge en geregtelike funksies te vervul binne die raamwerk van die LWO se Konstitusie.

3. LIDMAATSKAP VOORDELE:

Voordele soos per gekose lidmaatskap pakket, wat uiteengesit is in die aanhangsel tot hierdie lidmaatskap ooreenkoms.

Die volgende voordele is van toepassing op ale lede en word gedek deur die lidmaatskapfooi wat jaarliks of maandeliks betaalbaar is:

  • gereelde nuusbrief met relevante inligting en gevalestudies;
  • gratis telefoniese advies 24 uur per dag en sewe dae per week;
  • ‘n eenmalige in-persoon/virtuele inligting- en implementeringsessie, verwys na paragraaf 2.1.2;
  • toegang tot ale LWO dienste teen lede tariewe;
  • ‘n lidmaatskap sertifikaat vir doeleindes van KVBA- / Bedingingsraad- en Arbeidshof aangeleenthede;
  • toepaslike plakkate, dienskontrakte, ‘n handleiding en a le relevante arbeidsreg dokumentasie.

4. SPESIFIEKE UITSLUITINGS OP REGSDEKKING VANUIT DIE LWO REGSBYSTANDFONDS:

4.1 Arbeidsregtelike dispute wat ontstaan het voor aansluiting by die LWO.

4.2 Indien die lid nie ‘n inligting- en implementeringsessie bygewoon het, soos uiteengesit in paragraaf 2.3.2 nie.

4.3 Wanneer die Regsbystandfonds van die lid vir die toepaslike hernuwingsjaar uitgeput is, sal die lid nie vir verdere dekking kwalifiseer in daardie hernuwingsjaar nie.

4.4 Indien die lidmaatskap voordele nie voorsiening maak vir Regsbystandfondsdekking nie.

4.5 Indien ‘n lid nie advies van ‘n LWO Regsadviseur of gemagtigde LWO-beampte ingewin het nie en / of nie die dienste van ‘n LWO Regsadviseur of gemagtigde LWO-beampte gebruik het nie en / of teenstrydig opgetree het met die voorskrifte van enige tersaaklike arbeidswetgewing.

4.6 Enige dispuut / aangeleentheid wat nie verband hou met die regsverhouding tussen lede en hul werknemers of vakbonde nie en nie arbeidsregtelik van aard is nie

5. BESLEGTING VAN GESKILLE:

5.1 Indien enige dispuut ontstaan tussen die lid en die LWO oor lidmaatskap, ledevoordele of enige ander relevante aangeleenthede, stem die lid hiermee in, dat:

5.1.1 die toepaslike geskil eers deur die toepaslike afdeling van die LWO hanteer word; en dan

5.1.2 indien nodig deur die Hoof Uitvoerende Beampte; en dan

5.1.3 indien nodig deur die Dagbestuur; en dan

5.1.4 indien nodig deur die LWO Raad, elkeen onderskeidelik binne 30 (dertig) dae.

5.2 Indien die geskil steeds onbesleg bly, stem die lid toe dat ‘n eksterne bemiddelaar, waarop die partye ooreenkom, die geskil besleg en dat die uitkoms van hierdie proses finaal en bindend sal wees.

5.3 Die kostes van die eksterne bemiddelaar sal deur beide partye betaal word op ‘n 50/50 persentasie grondslag

6. VEELVULDIGE LIDMAATSKAPPE:

Lidmaatskap van die LWO Werkgewersorganisasie is per definisie gesetel in die natuurlike persoon of regsentiteit wat as werkgewer optree. Verski lende werkgewers moet dus elkeen afsonderlike lidmaatskappe opneem om elkeen afsonderlik die reg te verkry om verteenwoordig te mag word in die KVBA, Bedingingsraad of Arbeidshof.

7. BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING (“POPI”):

7.1 Die lid erken en stem in dat die LWO persoonlike inligting sal insamel, verwerk en stoor in ooreenstemming met die toepaslike databeskermingswette, insluitend maar nie beperk tot die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting nie.

7.2 Die werkgewer onderneem om die werknemer se PI slegs te verwerk in ooreenstemming met die voorwaardes van wettige verwerking soos uiteengesit in terme van die POPI-wet, en slegs in die mate wat dit nodig is om sy verpligtinge na te kom en sy funksies as werkgewer uit te voer, asook binne die raamwerk van die diensverhouding en soos vereis deur Suid-Afrikaanse wetgewing.

7.3 Die LWO sal redelike maatreëls implementeer om die vertroulikheid en sekuriteit van persoonlike inligting te beskerm, met die doel om ongemagtigde toegang, openbaarmaking, wysiging of vernietiging te voorkom.

7.4 Die lid het die reg om toegang tot, regsteling van of uitwis van hul persoonlike inligting wat deur die LWO gehou word te versoek, in ooreenstemming met toepaslike databeskermingswette.

7.5 Die LWO sal die lid se persoonlike inligting behou vir die tydsduur wat nodig is om aan die doeleindes te voldoen waarvoor dit ingesamel is, tensy ‘n langer bewaringstydperk deur die wet vereis of toegelaat word.

7.6 In die geval van ‘n data-verbreking wat die sekuriteit van persoonlike inligting blootstel, sal die LWO toepaslike stappe neem om die impak van so ‘n verbreking te temper.

7.7 Die lid stem daartoe in om die LWO onmiddelik in kennis te stel van enige veranderinge aan hul persoonlike inligting om akkurate en bygewerkte rekords te verseker.

7.8 Die LWO mag hierdie POPI-klousule opdateer soos nodig om te voldoen aan veranderinge in toepaslike databeskermingswette. Lede sal in kennis gestel word van enige wesenlike veranderinge. Deur hierdie ooreenkoms te onderteken, erken die lid dat hule die bepalings van hierdie POPI-klousule gelees, verstaan en daartoe ingestem het.

8. BEDANKING:

Bedanking as ‘n lid kan gedoen word by wyse van ‘n 30 (dertig) dae skriftelike kennisgewing aan die LWO

9. DIE LWO KONSTITUSIE:

Deur hierdie ooreenkoms te onderteken, aanvaar die lid die LWO se Konstitusie en sal die inhoud van hierdie ooreenkoms geïnterpreteer word aan die hand van enige bepalings, soos wat dit in die LWO se Konstitusie uiteengesit is, of enige redelike interpretasie daarvan.