Een Stop Arbeidswinkel

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Deur u lidmaatskap by die LWO het u toegang tot die nodige regsadvies, bystand en ondersteuning om te verseker dat u as werkgewer aan hierdie vereistes voldoen. Die LWO stuur deurlopend belangrike kennisgewings per e-pos uit om lede in te lig oor wetswysigings, asook ander belangrike inligting wat relevant is tot u besigheid.

Dit het onder ons aandag gekom dat van ons lede egter nie die jongste plakkate in die werksplek vertoon, soos vereis deur arbeidswetgewing nie.

Datums van die jongste plakkate is soos volg (kontroleer asseblief die datum regs onder op u bestaande plakkate):

  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes – 01/03/2020
  • Wet op Billike Werksgeleenthede – 01/11/2017
  • Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid – 01/02/2019
  • LWO Dissiplinêre kode – 01/10/2020

Kontak ons gerus by 086 110 1828 met enige navrae in hierdie verband, of indien u regsadvies/bystand benodig. Ons is 24/7 beskikbaar

Vriendelike Groete
Die LWO Werkgewersorganisasie