Feitebevinding en ondersoekproses vir ‘n suksesvolle verhoor

Ons Feitebevinding en ondersoekproses vir ‘n suksesvolle vehoor werkswinkel is ontwerp om menslike hulpbronne kundiges, bestuurders, regsadviseurs en ander relevante personeel toe te rus met die nodige vaardighede en kennis om deeglike en doeltreffende ondersoeke in die werksplek te doen.

Ontsluit die pad na feitebevinding en ondersoekproses uitnemendheid met ons omvattende opleiding

Datum: 12 September 2025| Tyd: 10:00
Gouspringaanbod! Bespreek voor 10 Augustus 2025 LWO-lede: R1000 p.p | Nie-lede: R1500
Na 10 Augustus LWO-lede: R1400 p.p | Nie-lede R2100 p.p

Koop ‘n kaartjie vir ‘n kollega en kry 25% afslag. Kontak ons om te bespreek.

Vrywaring: Neem asseblief kennis dat hierdie werkswinkel opgeneem sal word. Deur deel te neem, erken en stem jy in dat jou stem, opmerkings en enige gedeelde inligting moontlik deel van die opname sal vorm. Hierdie opname sal uitsluitlik beskikbaar gestel word aan LWO-lede via die ledeportaal vir opleiding doeleindes.

Die werkswinkel fokus daarop om te verseker dat deelnemers die beste praktyke verstaan om feite in te samel, onderhoudvoering met getuies, hantering van bewyse en voorbereiding vir verhore. Hierdie proses is noodsaaklik om billikheid, objektiwiteit en wetlike nakoming te verseker wanneer werksplekdispute, bewerings van wangedrag, of griewe aangespreek word.
Sleutelonderwerpe wat tydens die werkswinkel gedek word, sluit in:
  • Verstaan waarom ondersoeke belangrik is
  • Wat word ondersoek – wangedrag / teistering / beleidsoortredings / griewe
  • Stel ‘n tydlyn op en identifiseer die omvang
  • Insameling van feite en bewyse – waar, wanneer, wat en hoe
  • Insameling van bewyse
  • Vasmaak van getuies se getuienis
  • Wat is hoorsê
  • Geloofwaardigheid van bewyse
  • Identifisering van teenstrydige stellings
  • Dokumentasie en rekords
  • Poligrawe, videos, foto’s, opnames – wat word toegelaat
  • Voorbereiding van getuies
  • Kruisondervraging
  • Slotargumente