24/7 ARBEIDSREGSADVIES HULPLYN

Arbeidsreguitdagings hou nie by ‘n nege-tot-vyf-skedule nie, en ons ook nie. Die LWO bied aan lede ‘n onbeperkte 24/7 arbeidsregsadvies hulplyn.
Beman deur kundiges wat goed vertroud is met alle aspekte van arbeidsreg, verskaf ons hulplyn onmiddelike, betroubare advies wanneer jy dit die nodigste het. Of dit nou ‘n laataand navraag is oor die uitreik van ‘n waarskuwing, ‘n vroegoggend bekommernis oor ‘n dissiplinêre verhoor, of ‘n onverwagse kwessie met ‘n KVBA-saak, ons is hier om te help.

LIDMAATSKAPVOORDEEL

LWO lede het toegang tot ons gratis 24/7 arbeidsregsadvies hulplyn waar lede die regsafdeling kan kontak vir telefoniese ondersteuning. Dit is belangrik om te verstaan dat die LWO ‘n persoonlike diens met praktiese oplossings bied en nie ‘n inbelsentrumbenadering volg nie. Lede kan direk met ‘n gekwalifiseerde regsadviseur praat vir kundige advies. Alle lede het toegang tot hierdie voordeel, ongeag hul gekose lidmaatskappakket.

 

‘n Praktiese oplossing vir elke dag onsekerheid, wangedrag en dispute in die werksplek. Arbeidsreg vereenvoudig – praat met ons kenners!

PROAKTIEWE BENADERING

Die werksplek is ‘n baie diverse omgewing in terme van kultuur, godsdiens, oortuigings, waardes, politieke sienings, verwysingsraamwerke, werksetiek, opinies, kommunikasievaardighede, ens. Almal sal nie altyd met mekaar oor die weg kom nie en wanneer konflik, wrywing, of ‘n misverstand ontstaan, moet die werkgewer intree in en help om die aangeleentheid op te los voordat dit eskaleer, of meer werknemers begin raak. Dieselfde geld vir vermeende wangedrag en swak werksprestasie.

 

Die sleutel is om aangeleenthede aan te spreek soos dit gebeur en voordat dit eskaleer tot ‘n ernstiger aard, wat die werkgewer-werknemerverhouding, werksplekmoraal en die werkgewer se reputasie ernstig kan beïnvloed. Die oplossing is so maklik: tel die foon op en kry kundige arbeidsregadvies vir jou situasie.

SLUIT AAN BY DIE LWO

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.