ARBEIDSWETGEWING VRAELYS

BEPAAL OF JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSREG VOLDOEN

Besighede en werkgewers wat nie aan arbeidsreg voldoen nie, kan swaar boetes en selfs tronkstraf opgelê word.

(Die antwoorde op hierdie vrae bly vertroulik en word nie gestoor nie. Dit word bloot gebruik om jou voldoening aan arbeidsreg te bepaal.)

Staan ‘n kans om te wen!

Voltooi die vraelys en staan ‘n kans om een jaar se GRATIS LIDMAATSKAP op die Basiese pakket te wen.. ’n WENNER sal kwartaalliks aangekondig word.

ANTWOORD JA OF NEE OP DIE ONDERSTAANDE VRAE

Het jy ‘n geldige, ondertekende dienskontrak met elkeen van jou werknemers?

Vertoon jy die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) op jou perseel waar alle werknemers dit kan sien? *

Vertoon jy die Wet op Billike Werksgeleenthede, hetsy verkort of volledig, op jou perseel waar alle werknemers dit kan sien? *

Betaal jy alle werknemers ten minste wat die Nasionale Minimumloonwet vereis – (R25,42 per uur)? *

Het jy ‘n ontruimingsplan soos vereis deur die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid No 85 van 1993 (OHASA) *

Het jy as werkgewer ‘n grieweprosedure en ‘n toepaslike dissiplinêre kode in plek? *

Moes jy al enige arbeidsgeskille self, deur ‘n arbeidsdeskundige, regsadviseur of deur die KVBA besleg? *

Weet jy wat progressiewe dissipline is? *

Moes jy al ‘n werknemer afdank? *

Is al jou werknemers vir werkloosheidsversekering geregistreer en is jy op datum met die oorbetalings? *

SLUIT AAN BY DIE LWO