Die goue reels van dissipline toepas

Deur Anneline Scriven

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) – beter bekend in Engels as die CCMA – is gestig as ‘n onafhanklike, apolitiese geskilbeslegtingsliggaam ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) 66 van 1995.
Dit is daarop gemik om billike arbeidspraktyke te bevorder en arbeidsgeskille in die werksplek op te los. Meeste sake wat na die KVBA verwys word, hou verband met onbillike ontslag. Oor die algemeen word arbitrasietoekennings ten gunste van die werknemer toegeken as gevolg van die werkgewer wat nie die korrekte prosedures gevolg het nie.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Volg altyd die goue reëls van dissipline toepas en verseker só dat ‘n KVBA-saak nie die einde van jou besigheid beteken nie:

  1. Implementeer duidelike reëls en riglyne in die werksplek en maak seker dat elke werknemer bewus is van hierdie reëls. Werkgewers moet ‘n opgedateerde dissiplinêre kode hê wat oortredings lys met toepaslike sanksies, wat dan gebruik word wanneer hierdie reëls en prosedures oortree word.
  • Pas progressiewe dissipline toe volgens die erns van die oortreding en hou gedetailleerde rekord daarvan.
  • Onthou die KVBA beoordeel hoofsaaklik twee elemente wanneer ‘n werknemer ‘n dispuut verwys:
  • Substantiewe billikheid – ‘n geldige en billike rede vir die sanksie wat toegepas is. Die werkgewer moet die volgende kan bewys op ‘n oorwig van waarskynlikheid:
  • Was daar ‘n reël in die werksplek?
  • Was die reël billik?
  • Was die reël billik?
  • Het die werknemer die reël oortree?
  • Het die werkgewer progressiewe dissipline toegepas (konsultasie en waarskuwings, volgens die oortreding)?
  • Het die werkgewer dissipline konsekwent toegepas?
  • Het die oortreding die sanksie wat toegepas is regverdig?
  • Prosedurele billikheid – ‘n Werkgewer kan onder geen omstandighede, selfs met ‘n geldige rede, ‘n werknemer afdank sonder om eers ‘n dissiplinêre verhoor te hou nie. Dit verseker dat ‘n billike prosedure gevolg word. Die werkgewer moet die volgende kan bewys:
  • ‘n Dissiplinêre verhoor is gehou;
  • Die werknemer was ten minste 48 uur (naweke en openbare vakansiedae uitgesluit) voor die verhoor skriftelik in kennis gestel van die verhoor ten einde te kon voorberei;
  • Alle dokumentasie het al die nodige inligting soos vereis deur wetgewing bevat (kennisgewing om die verhoor by te woon en ‘n prosedurele aansoekvorm);
  • Die voorsittende beampte was kundig en onbevooroordeeld;
  • Die aangeklaagde werknemer was elke geleentheid gegun om vir die saak voor te berei en sy/haar saak te verdedig;
  • Verswarende en versagtende omstandighede is in ag geneem;
  • Die uitkoms van die verhoor is gebaseer op die feite soos voorgelê gedurende die verhoor;
  • Die sanksie was toepaslik in ooreenstemming met die oortreding,
  • Die verhoor en uitkoms was skriftelik deur die voorsittende beampte gerekordeer, en
  • Die werknemer het die uitkoms op skrif ontvang.

Arbeidsrisiko is ‘n reuse besigheidsrisiko. Om die besigheid se volhoubaarheid en winsgewendheid te verseker, moet arbeidsrisiko proaktief bestuur word. Wanneer die korrekte prosedures nie gevolg word nie, kan dit baie ernstige gevolge inhou vir die werkgewer met ‘n groot finansiële impak.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.