Tydelike afleggings: hoe en wanneer?

Tydelike afleggings: Omstandighede buite die werkgewer se beheer, soos die COVID-19 pandemie, kan bydra tot die skep van ‘n uitdagende omgewing waar die werkgewer moeilike besluite moet neem ten einde besigheid volhoubaar te kan aanhou bedryf. Wanneer sulke onvoorsiene omstandighede lei daartoe dat die besigheidsaktiwiteite tot ‘n stilstand kom en ‘n gevolglike verlies aan inkomste, het die werkgewer steeds ‘n verpligting teenoor werknemers. Die werkgewer kan dan tydelike afleggings oorweeg waar die werknemers tydelik afgelê word weens operasionele vereistes.
Ons beveel sterk aan dat werkgewers proaktief optree en ‘n klousule in die dienskontrak insluit waar die werknemer toestem hiertoe, sodat in ‘n geval van onvoorsiene omstandighede buite die werkgewer se beheer, die werkgewer in die posisie is om vinnig te kan optree. Indien so ‘n klousule nie deel vorm van die dienskontrak nie, moet daar ooreengekom word tussen die werkgewer en werknemer dat tydelike afleggings geïmplementeer kan word.

Hoe werk dit?

Gedurende ‘n tydelike afleggingsperiode, sal die werknemer nie aanmeld vir diens nie en geen vergoeding betaal word vir hierdie periode nie. Dit is belangrik om te verstaan dat die werknemer nie ontlsaan is nie. Die werknemer sal egter geregtig wees daarop om voordele te eis vanaf die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) nadat die werkgewer die werknemer behulpsaam was om die nodige dokumentasie te voltooi.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wanneer kan die werkgewer dit implementeer?

Voorbeelde van onvoorsiene omstandighede buite die werkgewer se beheer sluit in:
  • ‘n kliënt versuim om te betaal vir werk gedoen;
  • ‘n kliënt versuim om bestellings af te lewer;
  • ontvangs/aflewering van bestellings is vertraag;
  • in die geval van ‘n kragonderbreking(s) wat produksie tot stilstand bring;
  • weeromstandighede wat besigheid negatief beïnvloed;
  • of enige ander geval wat buite die werkgewer se beheer is, insluitende die COVID-19 pandemie, ens.

Maak seker die korrekte prosedure word gevolg

  • Die werkgewer moet ‘n kennisgewing om te konsulteer opstel waarin die besprekingspunte gelys word, sodat die werknemers vir die vergadering kan voorberei.
  • Reik die kennisgewing om te konsulteer uit aan werknemers en maak seker dat hulle ontvangs daarvan skriftelik erken.
  • Indien daar ‘n vakbond betrokke is in die werksplek, moet die kennisgewing om te konsulteer ook aan hulle gestuur word.
  • Hou ‘n bywoningsregister asook notule.
  • Bespreek die punte soos gelys op die kennisgewing tydens die vergadering.
  • Gee die werknemers die geleentheid om alternatiewe tot die tydelike afleggings te verskaf.
  • Rapporteer terug ten opsigte van die werknemers se voorstelle.

Voordele van tydelike afleggings

Tydelike afleggings hou definitiewe voordele in vir beide die werkgewer en werknemer.

Werkgewer voordele:

  • “Geen werk geen betaling” beginsel sal geld.
  • Aangesien dit slegs tydelik is, is dit nie nodig vir die werkgewer om drastiese stappe te neem om die besigheid te likwideer nie.

Werknemer voordele:

  • Die werknemer is nie ontslaan nie en is steeds in diens.
  • Die werknemer mag eis vir WVF.

Is daar ‘n tydsbeperking op tydelike afleggings?

Tydelike afleggings kan nie vir ‘n onbepaalde tyd geïmplementeer word nie. Die tydsperiode moet billik en regverdig wees. Indien dit blyk dat onstandighede onveranderd bly, sal die werkgewer moontlik personeelvermindering moet oorweeg.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.