Tronk – wat nou?

Wat doen ‘n werkgewer wanneer ‘n werknemer versuim om vir werk aan te meld en daar ontdek word dat die werknemer op kriminele aanklagte gearresteer is en verhoorafwagtend in polisie-aanhouding is? Moet die werknemer behandel word asof hy gedros het? Afwesig sonder toestemming? Ongeskik? Moet die werknemer betaal word? Dit is van die vrae wat werkgewers het.

Moets en moenies wanneer jou werknemer in die tronk is:

  • Geen werk – geen betaling! ‘n Werkgewer is nie verplig om ‘n werknemer te betaal wat nie vir diens aanmeld nie. Dit is gebaseer op die beginsel van geen werk geen betaling nie.
  • Werk moet aangaan, maak seker jy het die regte kontrak in plek. Die werkgewer is ook geregtig daarop om ‘n ander werknemer op ‘n vastetermynbasis in diens te neem totdat die werkgewer meer duidelikheid het oor die situasie.
  • Volg ek ‘n drosprotokol? Nee, dros behels afwesigheid vanaf die werksplek met die intensie om nie terug te keer werk toe nie en is ‘n kontrakbreuk deur die werknemer. Die voorneme om nie terug te keer werk toe nie, onderskei “dros” van “afwesigheid sonder verlof”, waar ‘n werknemer afwesig is, maar van voorneme is om terug te keer werk toe. In gevalle waar ‘n werknemer in die tronk is, is die voorneme om terug te keer werk toe waarskynlik teenwoordig en dienooreenkomstig sal die drosprotokol nie in alle gevalle raadsaam wees nie. Omstandighede in elke geval speel ‘n rol. ‘n Werkgewer wat ‘n werknemer op grond van dros ontslaan, met die wete dat die werknemer in polisie-aanhouding is, loop die risiko van ‘n bevinding van onbillike ontslag.
VERTOON JY DIE KORREKTE REGSPLAKKATE?
LAAT LWO JOU HELP!

Wat moet ek doen?

Ingevolge Artikel 188 van die Wet op Arbeidsverhoudinge is ‘n werkgewer geregtig daarop om ‘n werknemer te ontslaan weens onbevoegdheid. Wanneer ‘n werknemer in aanhouding is en nie in staat is om pligte ingevolge die dienskontrak uit te voer nie, kan sy/haar dienste weens onbevoegdheid beëindig word nadat ‘n billike prosedure gevolg is.

‘n Werkgewer kan nie ‘n werknemer ontslaan omdat hy in die tronk is, sonder om ‘n billike ongeskiktheidsprosedure te volg nie. Verskeie faktore moet in ag geneem word met betrekking tot die redenasie waarom die werknemer nie toegelaat moet word om pligte te hervat na afloop van die tronkstraf nie.

Kontak jou LWO regsadviseur ten einde te verseker dat jy beide ‘n substantiewe en prosedurele billike proses volg.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.