Wetgewing wat arbeidsverhoudinge in Suid-Afrika reguleer

WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE, WET 66 VAN 1995 (WAV)

Die WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE, WET 66 VAN 1995 (hierna verwys as die WAV) bly die belangrikste arbeidswet. Dit reguleer kollektiewe regte en bied ook beskerming teen onbillike arbeidspraktyke. Die WAV reguleer vakbonde en werkgewersorganisasies en vestig sleutelgeskilbeslegtingsagentskappe in die vorm van die KVBA, bedingingsrade en arbeidshowe.

Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet van 1997 (WBDV)

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet van 1997 (hierna verwys as die WBDV) stel die minimum statutêre bepalings waarop werkgewers en werknemers kan kontrakteer, en dwing dit af.

Sektorale vasstellings

‘n Sektorale vasstelling reguleer die bepalings en voorwaardes van indiensneming in ‘n bepaalde sektor waar daar geen gesentraliseerde kollektiewe bedinging is nie en wat gedetailleerde en spesifieke regulasies vereis. Voorwaardes in ‘n sektorale vasstelling kan verskil van dié in die WBDV, maar sal hoër rangeer en voorrang geniet.
VERTOON JY DIE KORREKTE REGSPLAKKATE?
LAAT LWO JOU HELP!

Bedingingsraadooreenkomste

Bedingingsrade hanteer kollektiewe ooreenkomste, los arbeidsgeskille op, vestig verskeie skemas en maak voorstelle oor arbeidsbeleide en -wette. Vakbonde en werkgewersorganisasies kan bedingingsrade vorm.

Wet op Billike Werksgeleenthede, Wet van (WBW)

Die Wet op Billike Werksgeleenthede, Wet van (hierna verwys as die WBW) verbied onregverdige diskriminasie by indiensneming en bevorder billike en gelyke behandeling binne die werksplek. Dit vereis ook dat aangewese werkgewers ‘n billike werksgeleenthedeplan (EEA13) formuleer en verslae indien ( EEA2 en EEA4) by die Departement van Indiensneming en Arbeid.

Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet 97 of 1998 (WVO)

Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet 97 van 1998 (hierna verwys as WVO) reguleer standaard instellings, opleiding en ontwikkeling deur werkgewers (met ‘n jaarlikse uitgawe aan salarisse van meer as R500,000.00) te vereis om 1% van hul betaalstaat by te dra tot die fondsinfrastruktuur wat daargestel is deur die WVO.

Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (hierna verwys as WVF) verskaf korttermynverligting aan werkers wanneer hulle werkloos raak, of nie kan werk nie as gevolg van kraam- of aannemingsverlof, of siekte. Dit bied ook verligting aan die afhanklikes van ‘n oorlede bydraer. Dit is die werkgewer se verantwoordelikheid om die werkloosheidsversekeringsbydraes (2% van die werknemer se salaris) oor te betaal, alhoewel beide die werkgewer en werknemer gelykop 1% bydra.

Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, Wet 130 van 1993 (“COIDA”)

Wanneer ‘n werknemer aan diens beseer word of siek word as gevolg van jou werk, kan ‘n werknemer vergoeding eis by die Vergoedingsfonds. Gesinne of afhanklikes kan ook eis indien hul broodwinner sterf as gevolg van ‘n werkverwante ongeluk of siekte. Alle werkgewers moet by die Vergoedingskommissaris registreer en word jaarliks gegradeer, waarna betalings gemaak moet word.

Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, Wet 85 van 1993 (“OHSA”)

Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, Wet 85 van 1993 (hierna verwys as “OHSA”) reguleer gesondheids- en veiligheidstoestande in die werksplek. Wetgewing is van toepassing op alle werkgewers met betrekking tot die skep van ‘n veilige en gesonde werksomgewing. Sekere regulasies moet geïmplementeer word wanneer die werkgewer vyf of meer werknemers in diens het.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.