Dispute oor aftrekkings

Artikel 34 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) skets die voorvereistes waaraan werkgewers moet voldoen voordat enige aftrekkings van ’n werknemer se vergoeding gemaak kan word.

Wat is die gevolge daarvan om geld van die werknemer se vergoeding af te trek sonder sy/haar toestemming?

Die werknemer het die reg om intern ‘n dispuut oor die beweerde onregmatige aftrekking te opper. Indien so ‘n dispuut intern geopper word, moet dit hanteer word, en terugvoer moet aan die werknemer verskaf word. Indien die dispuut nie opgelos word nie, het die werknemer die reg om die dispuut vir eksterne dispuutbeslegting te verwys.

Watter eksterne geskilbeslegting het die reg om ‘n dispuut oor beweerde onregmatige aftrekkings te hanteer?

Artikel 77 van die WBDV bepaal dat die Arbeidshof eksklusiewe jurisdiksie het oor alle dispute wat uit die Wet voortspruit. Daarom, ingevolge Artikel 77, het die Arbeidshof jurisdiksie om geskille met betrekking tot onregmatige aftrekkings te hanteer.

 

Hierdie beginsel is bevestig in die aangeleentheid van O’Reilly v CCMA and Others JR 2395 19, waar die Hof beslis het dat “daar geen bepaling in die WBDV is wat sê dat die KVBA jurisdiksie het om ‘n eis rakende ‘n beweerde oortreding van Artikel 34(1) van die WBDV te bepaal nie.”

HET JY ‘N DISPUUT OOR ‘N AFTREKKING?

LAAT LWO JOU HELP!

Het die KVBA jurisdiksie?

Nee, die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het nie jurisdiksie om ‘n dispuut oor onregmatige aftrekkings te bereg nie. Indien ‘n saak na die KVBA verwys word waar die werknemer die aftrekkings wat gemaak is betwis, kan ‘n punt in limine geopper word waarin argumente aangevoer moet word dat die KVBA nie jurisdiksie het nie en dat die saak slegs deur die Arbeidshof hanteer kan word.

 

Die KVBA sal slegs jurisdiksie hê om aangeleenthede te bereg wat verband hou met gelde wat verskuldig is aan ‘n Aansoeker ingevolge Artikel 73A, wat salarisse, bonusse, bedrae verskuldig ingevolge die Nasionale Minimumloonwet (NMWA), en enige bedrae wat die werkgewer verplig is om te betaal ingevolge die WBDV insluit, maar dit sluit aftrekkingsgeskille uit.

Wenke om in gedagte te hou:

  • Werkgewers kan wettiglik spesifieke bedrae van ‘n werknemer se salaris aftrek met hul skriftelike toestemming, asook indien so vereis of toegelaat ingevolge ‘n wet, kollektiewe ooreenkoms, hofbevel of arbitrasietoekenning.
  • Die bedrag wat van ‘n werknemer se salaris afgetrek word, mag nie ‘n kwart van die werknemer se vergoeding in geld (per betaling) oorskry nie.
  • Die KVBA het nie jurisdiksie om geskille te bereg met betrekking tot Artikel 34 van die WBDV wat verband hou met aftrekkings wat gemaak is nie, en die dispuut moet eerder na die Arbeidshof verwys word.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Aftrekkings van ‘n werknemer se vergoeding word streng gereguleer deur arbeidswetgewing en moet werkgewers versigtig wees om nie gelde af te trek sonder om die korrekte prosedure te volg nie.

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.