Mediese sertifikaat as bewys van onbevoegdheid

Dit is amper ‘n sekerheid dat ‘n werknemer op ‘n stadium siek sal word, of nie in staat is om werk by te woon nie weens ‘n mediese toestand of prosedure. In sommige gevalle kan ‘n werknemer vir weke ongeskik wees om te werk, byvoorbeeld wanneer ‘n werknemer ‘n groot operasie moet ondergaan.

Artikel 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes

Ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing word daar van ‘n werknemer vereis om ‘n mediese sertifikaat in te dien ten opsigte van afwesigheid vanaf die werk onder sekere omstandighede. Die opskrif van Artikel 23 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) is gemerk “Bewys van Ongeskiktheid” en bepaal dat:

 

  • Ingevolge Artikel 22 word ‘n werkgewer nie verplig om ‘n werknemer te betaal indien die werknemer vir meer as twee opeenvolgende dae, of by meer as twee geleenthede gedurende ‘n tydperk van agt weke, vanaf die werk afwesig was nie en, op versoek van die werkgewer, nie ‘n mediese sertifikaat toon wat verklaar dat die werknemer weens siekte of besering vir die duur van die werknemer se afwesigheid nie kon werk nie.

  • Die mediese sertifikaat moet uitgereik en onderteken word deur ‘n mediese praktisyn of enige ander persoon wat gesertifiseer is om pasiënte te diagnoseer en te behandel en wat geregistreer is by ‘n professionele raad wat deur ‘n Parlementswet ingestel is.

 

Dit is dus noodsaaklik vir werkgewers om te versoek dat werknemers ‘n geldige mediese sertifikaat indien as hulle afwesig is vanaf die werk vir die tydperke hierbo uiteengesit. Indien die werknemer versuim om dit te doen, is die werkgewer nie verplig om die werknemer te vergoed ten opsigte van die afwesigheid vanaf die werk nie.

 

In sommige omstandighede kan dit ook lei tot verdere dissiplinêre stappe teen die werknemer wat versuim om ’n geldige mediese sertifikaat in te dien ingevolge die werkgewer se dissiplinêre kode en werksplekbeleide, wat die moontlike dissiplinêre stappe en sanksies in verwante omstandighede uiteensit.

IS JY ONSEKER OOR MEDIESE SERTIFIKATE EN ONBEVOEGDHEID?

LAAT LWO JOU HELP!

Inligting ingesluit op die mediese sertifikaat

Die WBDV spesifiseer nie watter inligting ‘n geldige mediese sertifikaat moet bevat nie, maar die Etiese en Professionele Reëls van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (“HPCSA”) verskaf wel leiding aan werkgewers oor die uitreik van ‘n geldige mediese sertifikaat. Ingevolge dié Raad (“HPCSA”) se reëls moet die volgende inligting op die mediese sertifikaat verskyn:

 

  • die naam, adres en kwalifikasie van die praktisyn;
  • die naam van die pasiënt;
  • indiensnemingsnommer van die pasiënt (indien van toepassing);
  • die datum en tyd van die ondersoek;
  • of die sertifikaat uitgereik word as gevolg van persoonlike waarnemings deur die praktisyn tydens ‘n ondersoek, of as gevolg van die inligting wat van die pasiënt ontvang is en wat gebaseer is op aanvaarbare mediese gronde;
  • ‘n beskrywing van die siekte, ongesteldheid of kwaal in leketerme, met die pasiënt se toestemming. Indien die pasiënt nie bereid is om sodanige toestemming te gee nie, kan die praktisyn bepaal dat die pasiënt volgens sy of haar opinie, gebaseer op ‘n ondersoek van die pasiënt, ongeskik vir werk is;
  • of die pasiënt totaal ongeskik is vir diens en of sodanige pasiënt in staat is om minder veeleisende pligte ten opsigte van die werksomstandighede uit te voer;
  • die presiese tydperk van aanbevole siekverlof;
  • die datum van uitreiking van die sertifikaat van siekte; en
  • die voorletter en van in drukletters, asook die registrasienommer, van die praktisyn wat die sertifikaat uitgereik het.

 

In die geval dat bogenoemde inhoud nie op die mediese sertifikaat verskyn nie, kan die mediese sertifikaat ongeldig wees. Voordat daar egter besluit word om die geldigheid van ‘n mediese sertifikaat te verwerp, moet ‘n werkgewer ‘n deeglike ondersoek doen en die nodige navrae rig aan die betrokke werknemer en mediese praktisyn ten einde die geldigheid daarvan te bevestig.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Hierdie artikel is bedoel as algemene inligting en is van toepassing op werkgewers en werknemers wat onder die bestek van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) resorteer. Om te verseker dat jy as werkgewer bewus is van die korrekte bepaling van toepassing op jou industrie, kontak die LWO by 086 110 1828.

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.