LWO werkswinkels vooruitsig vir 2026

By die LWO is ons missie duidelik: om ‘n dinamiese rol te speel in die bestuur van arbeidsverhoudinge wat sal bydra tot ‘n produktiewe en volhoubare werksomgewing. Hier speel ons werkswinkels ’n kernrol deur praktiese, toepaslike opleiding wat spesifiek op die werkgewer se werklikhede fokus. Deur aktuele onderwerpe aan te spreek en regsvereistes op ‘n verstaanbare wyse te verduidelik, stel ons werkswinkels werkgewers in staat om proaktief op te tree, risiko’s te beperk en ’n regverdige, wettige en produktiewe werksplek te vestig en te handhaaf.
Arbeidswetgewing stel streng vereistes aan werkgewers en die LWO se hoofdoel is om te verseker dat jou besigheid aan al hierdie vereistes voldoen. Arbeidswetgewing is nie onderhandelbaar nie en om daaraan te voldoen verg spesialiskennis, wat ‘n besigheidsrisiko inhou vir elke werkgewer. Die LWO se span hoogsopgeleide regsadviseurs verskaf reeds vir 36 jaar daagliks arbeidsregsadvies en lewer arbeidsregtelike dienste aan werkgewers regoor die land.
Werkswinkels in 2026
Ons is opgewonde om aan te kondig dat daar vir 2026 ‘n baie interessante reeks van werkswinkels geskeduleer is ten einde werkgewers kritiese arbeidsregtelike kennis en vaardighede te leer. Werkswinkels sluit die volgende in:
- Oudit werkswinkel
- WVF werkswinkel
- Feitebevinding en ondersoekproses vir ‘n suksesvolle verhoor werkswinkel
- Prestasiebestuur werkswinkel
- Basiese diensvoorwaardes werkswinkel
- Inisieer verhore – die basiese beginsels werkswinkel
- Hoe om griewe te hanteer werkswinkel
- COIDA werkswinkel
- Arbeidsinspeksies werkswinkel
Ons is ook verheug om aan te kondig dat ons in Februarie 2026 ‘n aanlyn OHS-webinaar hou as voorspel tot ons in persoon opleiding en mega OHS-werkswinkel wat in Julie 2026 saal plaasvind waar werkgewers meer sal leer oor hul gesondheid- en veiligheidsverpligtinge in die werksplek, noodhulp, noodhulpkiste en regulasies. As ‘n bonus sal werkgewers wat hierdie werkswinkel suksesvol voltooi, ook hul noodhulpakkreditasie verdien.
Hierdie werkswinkels is ontwerp om werkgewers op hoogte te hou van die jongste arbeidswetgewing en bied praktiese advies om uitdagings in die werksplek doeltreffend te hanteer. Klik op die skakel hieronder vir die volledige skedule van werkswinkels en om te registreer. Bespreek jou plek vroegtydig!
Kies ‘n onderwerp en leer by arbeidsregkundiges
Het jy geweet dat die LWO ook werkswinkels op aanvraag aanbied
Sedert 2023 bied die LWO weer ‘n reeks praktiese werkswinkels aan wat fokus op arbeidsreg vir die werkgewer. Werkswinkels is aanlyn via digitale platforms (soos Microsoft Teams) en in persoon beskikbaar.
Die LWO het gedurende 2025 meer as 30 werkswinkelsessies aangebied oor verskeie aspekte van arbeidsreg, insluitende ons Deurslaggewende basiese arbeidsreggids vir die landbousektor – ‘n reeks van werkswinkels wat ontwerp is om werkgewers in die landbousektor toe te rus met noodsaaklike kennis van arbeidswetgewing wat spesifiek op die landbousektor van toepassing is. Dit het ten doel om wetlike nakoming en werkgewer-werknemer verhoudings te verbeter en ‘n veilige en billike werksomgewing binne die landbousektor te verseker.
Lede wat vorige werkswinkels misgeloop het is welkom om ons te kontak om die moontlik te bespreek om dit weer aan te bied. Ons bied graag weer hierdie werkswinkels aan lede op aanvraag.
Ons verstaan dat elke besigheid uniek is, en dat daar moontlike arbeidsregtelike onderwerpe is waarop werkgewers wil fokus. Daarom nooi ons werkgewers hartlik uit om ons te kontak met enige vrae oor die werksessies, of spesifieke opleidingsbehoeftes indien hul behoefte nie in die skedule gedek word nie.
Ons het groot waardering vir besigheidseienaars wat ‘n kritiese rol speel in ons land se ekonomie en is ons trots op hierdie inisiatief om op grondvlak ‘n verskil te maak in elke werkgewer se besigheid. Ons sien daarna uit om jou by ons sessies te verwelkom! Ons is hier om jou groei en sukses te ondersteun met doelontwerpe oplossings.
Lede kan vir Hannes Latsky (LWO Opleiding en Nakomingsbestuurder) kontak vir meer inligting oor werkswinkels by 0861 101 828 x303 | hannes@lwo.co.za.
Kontak die LWO– vir enige advies of bystand!
Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.
VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?
VIND NOU UIT.