LWO werkswinkels 2025

LWO werkswinkels 2025

LWO werkswinkels 2025

By die LWO is ons missie duidelik: om ‘n dinamiese rol te speel in die bestuur van arbeidsverhoudinge wat sal bydra tot ‘n produktiewe en volhoubare werksomgewing. Ons werkswinkels speel hier ’n kernrol in die bied van praktiese, toepaslike opleiding wat spesifiek op die werkgewer se werklikhede fokus. Deur aktuele onderwerpe aan te spreek en regsvereistes op ‘n verstaanbare wyse te verduidelik, stel ons werkswinkels werkgewers in staat om proaktief op te tree, risiko’s te beperk en ’n regverdige, wettige en produktiewe werksplek te bou.

Vir die afgelope 35 jaar het die LWO het ‘n wêreldklas span hoogsopgeleide regsadviseurs wat daagliks nasionaal arbeidsregsadvies verskaf en arbeidsregtelike dienste lewer aan werkgewers. Sedert 2023 bied die LWO weer ‘n reeks praktiese werkswinkels aan wat fokus op arbeidsreg vir die werkgewer. Werkswinkels word aanlyn via ‘n digitale platform soos Microsoft Teams, asook in persoon aangebied.

VOLDOEN JY AAN ARBEIDSWETGEWING?

LAAT LWO JOU HELP!

Werkswinkels 2025

Gedurende die eerste sewe maande van die 2025 het daar reeds ongeveer 25 werkswinkelsessies plaasgevind. Ons is opgewonde om aan te kondig dat daar nog vele geskeduleerde werkwinkels is wat voor die einde van 2025 gaan plaasvind. Onderwerpe sluit in:

 

  • Hoe om griewe te hanteer
  • Feitevinding en ondersoekproses vir ‘n suksesvolle verhoor
  • Hoe om alkohol, dwelms en afwesigheid te hanteer
  • Wat in jou werksplekdienskontrak moet wees en ingesluit moet word in jou aanboordkomsproses 101

Landbousektor

‘n Reeks werkswinkels is spesiaal doelontwerp vir die landbousektor om boere as werkgewers toe te rus met noodsaaklike kennis in terme van arbeidswetgewing wat spesifiek op die landbousektor van toepassing is. Dit het ten doel om wetlike nakoming en werkgewer-werknemer verhoudings te verbeter en ‘n veilige en billike werksomgewing binne die landbousektor te verseker. Verskeie werkswinkels in hierdie reeks, genaamd die Deurslaggewende basiese arbeidsreggids vir die landbousektor, het reeds plaasgevind. Onderwerpe wat hanteer sal word in die reeks se opkomende werkswinkels sluit in:

 

  • Afwesigheid en dissiplinêre verhore
  • Voorbereiding vir ‘n basiese diensvoorwaarde-inspeksie
  • Hantering van alkohol en dwelms in die werksplek
  • Wat om te doen as daar ‘n besering aan diens (“IOD”) is
  • Vorme van diensbeïndiging
Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Skedule van werkswinkels

Die LWO werkswinkels is ontwerp om werkgewers op hoogte te hou van die jongste arbeidswetgewing en bied praktiese advies om uitdagings in die werksplek doeltreffend te hanteer. Klik op die skakel onder om die volledige skedule van werkswinkels te sien, asook skakels om te registreer. Bespreek jou plek vroegtydig! https://lwo.co.za/one-stop-labour-shop/training-courses/

 

Ons het groot waardering vir besigheidseienaars wat so ‘n kritiese rol speel in ons land se ekonomie en is ons trots op hierdie inisiatief om op grondvlak ‘n verskil te maak in elke werkgewer se besigheid. Het jy geweet dat die LWO ook werkswinkels op aanvraag aanbied? Ons verstaan dat elke besigheid uniek is en daarom nooi ons jou as werkgewer om ons te kontak met jou spesifieke opleidingsbehoeftes ten opsigte van arbeidsregtelike onderwerpe indien hierdie behoefte nie in die skedule gedek word nie, of met enige vrae oor die werksessies.

 

Ons sien daarna uit om jou by ons sessies te verwelkom! Ons is hier om jou groei en sukses te ondersteun met doelontwerpe oplossings.

Kontak Hannes Latsky, LWO Opleiding en Nakomings Bestuurder, vir meer inligting oor werkswinkels by 0861 101 828 x303 of stuur ‘n e-pos na hannes@lwo.co.za

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

POPI-wet: 5 praktiese riglyne

POPI-wet: 5 praktiese riglyne

POPI-wet: 5 praktiese riglyne

Dit is noodsaaklik dat werkgewers hul verpligtinge en verantwoordelikhede ten opsigte van databeskerming en privaatheid in terme van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI), Wet 4 van 2013 verstaan. Werkgewers moet voldoeningsvereistes, noodsaaklike beleide en beste praktyke vir die hantering van persoonlike inligting in ag neem in ooreenstemming met die wet.

 

Vyf praktiese riglyne vir werkgewers sluit in:

1. Inligtingsbeampte

Identifiseer ‘n “Inligtingsbeampte” wat verantwoordelik (en aanspreeklik) sal wees vir alle nakomingspligte, en saam met die Reguleerder werk ten einde prosedures daar te stel en jou span op te lei ten opsigte van bewustheid en nakoming. ‘n Persoon sal outomaties ‘n besigheid se Inligtingsbeampte wees indien hulle sy “Hoof” is, dit wil sê ‘n eenmansaak, enige vennoot in ‘n vennootskap, of in die geval van ‘n “regspersoon” soos ‘n maatskappy die HUB, Besturende Direkteur of “gelykstaande beampte”. Jy, jou vennootskap of jou maatskappy kan ‘n ander persoon in die besigheid (bestuursvlak of hoër) “behoorlik magtig” om as Inligtingsbeampte op te tree en jy kan een of meer werknemers (weereens bestuursvlak of hoër) as “Adjunk-inligtingsbeamptes” aanwys. Beide Inligtingsbeamptes en Adjunk-inligtingsbeamptes moet by die Reguleerder geregistreer word.

2. Evalueer watter persoonlike inligting jy hou, hoe jy dit hou en hoekom:

Die maatskappy en/of Inligtingsbeampte(s) sal moet bepaal watter persoonlike inligting jy tans hou, hoe jy dit hou en hoekom jy dit hou. Dit is belangrik dat die term “persoonlike inligting” baie wyd gedefinieer word om enige inligting te beteken wat gebruik kan word om ‘n individuele persoon of ‘n ander besigheidsentiteit te identifiseer. Om inligting wettig in te samel en te “verwerk” moet jy kan wys dat jy wettig en redelik optree op ‘n wyse wat nie die datasubjek se privaatheid skend nie. Jy moet verder wys dat “gegewe die doel waarvoor dit verwerk word, dit voldoende, relevant en nie buitensporig is nie”. Data kan slegs ingesamel word vir ‘n spesifieke doel wat verband hou met jou besigheidsaktiwiteite en kan net behou word vir so lank as wat jy wettiglik moet, of toegelaat word om dit te hou.

VOLDOEN JY AAN DIE POPI-WET?

LAAT LWO JOU HELP!

3. Gaan sekuriteitsmaatreëls na, weet wat om te doen indien maatreëls verbreek word:

Die maatskappy en/of Inligtingsbeampte(s) moet verseker dat toepaslike sekuriteitsmaatreëls in plek is. Hierdie maatreëls moet voortdurend bygewerk word om die integriteit en vertroulikheid van persoonlike inligting onder sy beheer of in besit te verseker, deur toepaslike, redelike tegniese en organisatoriese maatreëls te tref om enige verlies van, skade aan, of ongemagtigde vernietiging van persoonlike inligting, en/of onwettige toegang tot of verwerking van persoonlike inligting te voorkom. Enige werklike of vermoedelike maatreëlverbrekings (waarna verwys word as “sekuriteitskompromieë” in die Wet) moet so gou as redelikerwys moontlik by die Inligtingsreguleerder en geaffekteerde datasubjekte aangemeld word.

4. Evalueer of jy enige direkte bemarking doen:

Die definisie vir direkte bemarking in die Wet is wyd en sluit “enige benadering” tot ‘n datasubjek in “vir die direkte of indirekte doel om in die normale verloop van besigheid enige goedere of dienste aan die datasubjek te bevorder of aan te bied om te verskaf, of hulle selfs versoek om ’n skenking van enige aard en om enige rede te maak”. ‘n Eenvoudige e-pos of WhatsApp-boodskap aan jou kliënte oor nuwe produkte/spesiale aanbiedinge, sal jou stewig binne-in daardie definisie plaas. Indien jou benadering deur middel van “enige vorm van elektroniese kommunikasie, insluitend outomatiese oproepmasjiene, faksmasjiene, SMS’e of e-pos” is, moet jy die bepalings van die POPI-wet nakom.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

5. Begin met prosedures en opleiding:

Die maatskappy en/of Inligtingsbeampte(s) sal moet bepaal hoe hulle toestemming verkry, data insamel, verwerk en stoor, asook vir hoe lank, vir watter doeleinde/s ensovoorts. Jy is baie minder geneig om ‘n POPI-wet-probleem te hê indien almal in jou besigheid verstaan wat jou prosedures is en dit as vanselfsprekend implementeer. Maak seker dat geen verantwoordelikhede ontoegewys gelaat word nie—ken spesifieke nakomingstake aan aangewese personeellede toe en maak seker dat dit duidelik is wie vir elke taak verantwoordelik is.

    Nie-nakoming

    Hoofstuk 11, artikel 107 van die POPI-wet, handel oor die gevolge indien daar bevind word dat ‘n besigheid nie voldoen nie. Vir opvoedkundige doeleindes kan oortredings in ernstige oortredings en minder ernstige oortredings gekategoriseer word. Die straf vir ‘n ernstige oortreding is ‘n boete van tot R10 miljoen, 10 jaar gevangenisstraf, of ‘n kombinasie van beide ‘n boete en gevangenisstraf. Net so is die straf vir ‘n minder ernstige oortreding ‘n boete van tot R1 miljoen, een jaar gevangenisstraf, of ‘n kombinasie van beide.

    Die inhoud in hierdie artikel is slegs vir inligtingsdoeleindes en moet nie as regsadvies beskou word nie. Kontak asseblief die LWO vir verdere inligting en ‘n verwysing na ons POPI-wet diensverskaffers.

      Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

      Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

      VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

      VIND NOU UIT.

      Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

      Plaaswerkers se reg tot gesinsverantwoordelikheidsverlof

      Plaaswerkers se reg tot gesinsverantwoordelikheidsverlof

      Plaaswerkers se reg tot gesinsverantwoordelikheidsverlof

      Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing voorsien werknemers van ‘n menigte verskillende regte op verlof, insluitend jaarlikse verlof, siekverlof, gesinsverantwoordelikheidsverlof, kraamverlof, ouerlike verlof, aannemingsverlof, opdraggewende ouerlike verlof en studieverlof. Dit blyk egter steeds dat daar baie werknemers is wat gesinsverantwoordelikheidsverlof verwar met ander vorme van verlof, asook wanneer hulle geregtig is daarop om gesinsverantwoordelikheidsverlof te neem.

       

      In die landbousektor het werkgewers gereeld navrae oor plaaswerkers wat daarop aandring om gesinsverantwoordelikheidsverlof met ander vorme van verlof te kombineer, bv. gesinsverantwoordelikheidsverlof en/of siekverlof neem om hul kinders se roetinekliniek- of hospitaalondersoeke by te woon.

      Wat is die feite #1 & #2:

      1. ‘n Plaaswerker is nie geregtig op betaalde gesinsverantwoordelikheidsverlof om ‘n kind vir ‘n roetine-ondersoek na ‘n kliniek te neem nie.

      2. ‘n Plaaswerker kan nie sy/haar eie siekverlof gebruik om ‘n kind vir ‘n roetine-ondersoek na ‘n kliniek te neem nie.

      Gesinsverantwoordelikheidsverlof

      Arbeidswetgewing vervat die reg tot gesinsverantwoordelikheidsverlof wat ‘n werknemer toelaat om sekere spesifieke gesinsverantwoordelikhede na te kom, soos wanneer die werknemer se kind, of aangenome kind, siek is. Siekverlof daarenteen gun die werknemer tyd af van werk om te herstel van ‘n ongeskiktheid wat hom/haar tydelik onbekwaam of medies ongeskik laat om te werk weens siekte of besering.

      Wat is die feite #3:

      3. ‘n Plaaswerker is nie geregtig daarop om gesinsverantwoordelikheidsverlof te neem met die geboorte van hul kinders nie.

       

      Ongeveer vier jaar na die wetswysiging, is hierdie wanopvatting steeds gewild… Voorheen het die wet voorsiening gemaak vir ‘n werknemer wat die eggenoot of lewensmaat was van ‘n persoon wat geboorte skenk, om drie dae se gesinsverantwoordelikheidsverlof te neem. Die wet het egter sedertdien verander om ander vorme van verlof in te sluit. Vanaf 1 Januarie 2020 is plaaswerkers (buiten hul gades/lewensmaats wat met kraam-, aanneming- of opdraggewende ouerlike verlof is) nie meer geregtig op die drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof vir die geboorte van hul kind nie, maar is wel nou geregtig op onbetaalde ouerlike verlof.

       

      Tans is die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (soos gewysig), meer algemeen bekend as die WBDV, saamgelees met Sektorale Vasstelling nommer 13 (van toepassing op die landbousektor), die belangrikste wetgewende gesag oor wetgewing rondom gesinsverantwoordelikheidsverlof vir plaaswerkers.

      voldoen jy aan arbeidsreg?

      LAAT LWO JOU HELP!

      Vereistes om vir gesinsverantwoordelikheidsverlof te kwalifiseer

      In wese bepaal die wet huidiglik dat plaaswerkers geregtig is op drie dae se betaalde gesinsverantwoordelikheidsverlof per jaarlikse siklus, mits hulle vir ‘n tydperk van langer as vier maande in diens is en ten minste vier dae per week vir die werkgewer werk.

       

      Gesinsverantwoordelikheidsverlof kan in die geheel of in dae geneem word, soos dit nodig is. Wanneer ‘n plaaswerker gesinsverantwoordelikheidsverlof versoek, kan die werkgewer redelike bewyse, soos ‘n mediese of doodsertifikaat, aanvra.

       

      Werkgewers word slegs vereis om plaaswerkers betaalde gesinsverantwoordelikheidsverlof toe te staan indien hulle oor voldoende gesinsverantwoordelikheidsverlof beskik, en slegs in die volgende gevalle:

       

      • Wanneer die plaaswerker se kind siek is; of
      • Indien enigeen van die plaaswerker se ondergenoemde familielede tot sterwe sou kom:
        • die plaaswerker se gade/lewensmaat,
        • die plaaswerker se kind/aangenome kind,
        • die plaaswerker se ouer/aagenome ouer,
        • die plaaswerker se broer/suster,
        • die plaaswerker se grootouer,
        • die plaaswerker se kleinkind.

      Die skep van ‘n presedent

      Die werkgewer het wel die diskresie om meer tyd af toe te staan, of om ‘n plaaswerker toe te laat om ander vorme verlof te neem soos jaarlikse of spesiale verlof, wat betaald of onbetaald kan wees, indien die plaaswerker se reg tot gesinsverantwoordelikheidsverlof uitgeput is. Indien die werkgewer egter in hierdie gevalle addisionele betaalde verlof toestaan, kan dit as ‘n bykomende voordeel vir die plaaswerker beskou word. Dit kan ook ‘n presedent in die werksplek skep en daarom moet die werkgewer sorg dat hy konsekwent optree in die toestaan van soortgelyke voordele teenoor alle werknemers.

        Nog nie ‘n LWO lid nie?
        KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

        Deur hierdie wanopvattings uit die weg te ruim, kan ons ‘n beter begrip van plaaswerkers se regte in Suid-Afrika bevorder, ten einde te verseker dat beide werkgewers en werknemers in die landboubedryf billike behandeling en ondersteuning ontvang om hul werk- en gesinsverantwoordelikhede te balanseer.

        Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

        Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

        VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

        VIND NOU UIT.

        Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

        NUWE WYSIGINGS IN SUID-AFRIKAANSE ARBEIDSREG

        NUWE WYSIGINGS IN SUID-AFRIKAANSE ARBEIDSREG

        NUWE WYSIGINGS IN SUID-AFRIKAANSE ARBEIDSREG

        1. SEKSUELE TEISTERING IN DIE WERKSPLEK

        Die omvang van wetgewing oor seksuele teistering het uitgebrei om sielkundige mishandeling en kuberafknouery in die werksplek in te sluit. Hierdie omvattende definisie noodsaak ‘n opdatering van besighede se beleide oor seksuele teistering om oortredings soos aanstootlike gedrag, vyandige terg en diskriminerende taalgebruik aan te spreek.

        Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het verder ‘n Gewysigde Goeie Praktykskode gepubliseer oor hoe om seksuele teistering in die werksplek te hanteer. Die goeie praktykskode sit die proses en prosedure duidelik uiteen, asook wat as seksuele teistering geklassifiseer kan word en wie hierdie dade in die werksplek kan pleeg.

        2. POPI-WET/PAIA-WET

        Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (“POPI”) vereis behoorlike versameling, gebruik, berging en beskerming van persoonlike inligting. Nakoming is van kardinale belang, met ernstige gevolge vir nie-nakoming, insluitend boetes van tot R10 miljoen en/of tronkstraf van tot 10 jaar. Deurlopende nakomingspogings is noodsaaklik, en besluitnemers moet bewus wees van die veranderde regslandskap.

        3. AANGEPASTE INKOMSTEPLAFON

        Werknemers wat vanaf 1 April 2024 bo die inkomsteplafon verdien, wat die bedrag van R21 197.64 per maand is, word by sekere artikels van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) uitgesluit. Dit sluit in gewone werksure, oortyd, saamgeperste werksweke, en meer. Werkgewers moet hierdie voorwaardes individueel onderhandel tydens kontrakonderhandelinge.

        Die effek van die inkomsteplafon is dat die beperkings, beskerming of die reg op bykomende betaling wat deur sekere bepalings van die WBDV verleen word, nie van toepassing is op werknemers wat die nuwe drempel oorskry nie. Hierdie bepalings is:

        • artikel 9 (werksure)
        • artikel 10 (oortyd)
        • artikel 11 (saamgeperste werksweek)
        • artikel 12 (gemiddelde ure)
        • artikel 14 (etensbreke)
        • artikel 15 (daaglikse en weeklikse rusperiodes)
        • artikel 16 (Sondagbetaling)
        • artikel 17 (2) (nagwerk), and
        • artikel 18 (3) (openbare vakansiedae waarop die werknemer nie normaalweg sou werk nie).
        Die vorige inkomsteplafon was R24 1110.59 per jaar. Dit beteken dat werknemers wat tans tussen R24 1110.59 en R25 4371.67 per jaar verdien (en voorheen uitgesluit was daarvan om voordeel te trek uit hierdie bepalings) nou aansluit by die geledere van diegene wat geregtig is op betaling vir oortyd, dubbele betaling vir werk op openbare vakansiedae, ens., nieteenstaande die feit dat hul kontrakte kan meld dat hulle nie kwalifiseer nie.
        VERTOON JY DIE KORREKTE REGSPLAKKATE?
        LAAT LWO JOU HELP!

        4. WYSIGINGS AAN DIE WERKLOOSHEIDSVERSEKERINGS-FONDS (WVF)

        Die Wet op Werkloosheidsversekering is gewysig om WVF-voordele van 238 tot 365 dae te verhoog. Staatsamptenare word nou ingesluit en gedek onder die WVF in die geval van ‘n afdanking. Werkers sal ook ‘n verminderde kredietsiklus waarneem wat vereis word om in aanmerking te kom om WVF te eis. Die wysiging maak ook voorsiening vir die uitbreiding van die werkloosheidsversekeringsvoordele na leerders wat leerlingskapopleiding ondergaan en staatsamptenare. Die wysiging is aangebring om dienslewering deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) te verbeter en verhoogde toegang en voordele vir honderde duisende afgelegde en afgedankte werkers te bied.

        5. WET OP BILLIKE WERKSGELEENTHEDE

        Die Wysigingswet op Billike Werksgeleenthede vereis dat aangewese werkgewers met meer as 50 werknemers ‘n billike werksgeleenthedebeleid en -plan moet ontwikkel. Dit behels die aanstel van ‘n senior werknemer en die vorm van ‘n billikheidskomitee om onderverteenwoordiging aan te spreek, met ‘n minimum tot maksimum plangoedkeuringstydperk van een tot vyf jaar.

        6. GEWYSIGDE KVBA-REËLS

        Die KVBA het gedurende 2023 sy reëls gewysig. Die wysigings het betrekking op:
        • Voldoening aan databeskermingswetgewing, soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (“POPI”).
        •  Wyses van bediening en indiening.
        • Kondonasie.
        • Uitstel.
        • Betogingsreëls.
        a). Voldoening aan databeskermingswetgewing, soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (“POPI”)
        Reël 1A vereis van partye om aan databeskermingswetgewing, soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (“POPI”) te voldoen. Dit geld vir die bediening en indiening van dokumente en die verwerking van persoonlike inligting. Werkgewers moet bewus wees van hul POPI-verpligtinge in hierdie verband om te voorkom dat hulle die Reëls en POPI oortree terwyl hulle in die KVBA litigeer.
        b). Wyses van bediening en indiening

        n Beduidende wysiging regdeur die Reëls is die verwydering van faks as ‘n aanvaarde vorm van indiening. Reël 2(3) en Reël 7(2) is gewysig om hierdie verandering te weerspieël.

        Die KVBA se amptelike elektroniese verwysing aanlynportale is nou die voorkeurmetode vir kommunikasie.
        Hierdie wysigings word in verskeie reëls weerspieël. Vir een, partye kan aansoek doen vir kondonasie kragtens Reël 9(2A) via die aanlyn portale. Partye kan ook nou ‘n dispuut vir versoening en arbitrasie via die aanlyn portale verwys, onderskeidelik onder Reëls 10(1) en 18(1).

        c). Kondonasie
        Reël 10(2)(b) maak steeds voorsiening daarvoor dat ‘n aansoek om kondonasie aan ‘n konsiliasieverwysingsvorm geheg word indien die verwysende party laat is. Reël 10(3) is nou toegevoeg, wat bepaal dat die KVBA sal vasstel of kondonasies by ’n verhoor beslis sal word of slegs deur skriftelike voorleggings. So, daar kan nou in die toekoms minder in limine kondonasie verhore wees.
        d). Uitstel

        Indien alle partye sewe dae voor ‘n verhoor tot ‘n uitstel ingestem het, was die KVBA voorheen onder ‘n verpligting om die verrigtinge uit te stel. Die woord “moet” in Reël 23(2) is nou verander na “mag” om te weerspieël dat “Die Kommissie ‘n arbitrasie kan uitstel sonder dat die partye verskyn”. Daarbenewens is Reël 23(5) by die Reëls gevoeg, wat bevestig dat “Daar geen reg op uitstel is nie.”

        Dit dui daarop dat die verkryging van uitstel in die KVBA in die toekoms moeiliker gaan wees.

        e). Betogingsreëls

        Reël 13(1A) bring die uitreik van betogingsreëls in ooreenstemming met die wet en maak daarvoor voorsiening dat betogingsreëls eers vasgestel moet word voordat ‘n sertifikaat van nie-resolusie uitgereik kan word, tensy ‘n getekende betogingsooreenkoms met die konsiliasie aan die KVBA verskaf word.

        Bykomend, skryf Reël 31A nou die proses voor wat gevolg moet word om aansoek te doen om dringende betogingsreëls of die bepaling van dispute wat daarmee verband hou. Die gedeelte het betrekking op aansoeke om betogingsreëls ingevolge artikel 69(6B), geskille met betrekking tot betogingsooreenkomste en geskille rakende artikel 69(8) van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 (WAV). Belangrik, tensy die partye anders op ooreengekom het, moet die KVBA die aansoek binne twee dae na ontvangs van die aansoek neerlê.

        f). Sluiting van die KVBA

        Voor die wysigings aan die Reëls, het die ou Reël 3(2) bepaal dat wanneer tydperke bereken word, die laaste dag uitgesluit moet word indien dit op ‘n Saterdag, Sondag, openbare vakansiedag of die tydperk tussen 16 Desember en 7 Januarie val. Dié deel van die reël wat na die tydperk tussen 16 Desember en 7 Januarie verwys het, is nou in die wysigings aan die Reëls verwyder.

        Hierdie verwydering dui ook daarop dat die KVBA nou kan voortgaan om sake in die tydperk tussen 16 Desember en 7 Januarie vir prosesse te skeduleer.

        g). Verwysende party wat nie arbitrasie bywoon nie

        Reël 30(1) verplig die Kommissaris nou om die rede vir nie-bywoning vas te stel. As daar ‘n goeie rede vir afwesigheid is, sal die Kommissaris eers dan herskeduleer. Die verwysing sal nie van die hand gewys word soos voorheen die geval was nie. Dit was die gevolg van ‘n verandering na afloop van ‘n Arbeidshof-uitspraak wat aanleiding gegee het tot verwyderings van die rol en nie ‘n afwysing van die eis nie.

        Reël 31C skryf nou die proses voor wat gevolg moet word vir ‘n versoek om ‘n arbitrasie te laat herregistreer. ‘n Party kan nou ‘n versoek vir herregistrasie indien binne 14 dae nadat hy bewus geword het daarvan dat die aangeleentheid van die rol geskrap is. Die reël maak ook voorsiening vir die ander party om binne sewe dae vanaf ontvangs van die versoek om herregistrasie, dit teen te staan. Dit is nuttig aangesien daar baie onsekerheid oor die opposisie van die laaste tydperk was.

        VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

        VIND NOU UIT.

        Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

        Wat beteken die Hooggeregshof se uitspraak oor ouerskapverlof vir werkgewers

        Wat beteken die Hooggeregshof se uitspraak oor ouerskapverlof vir werkgewers

        Wat beteken die Hooggeregshof se uitspraak oor ouerskapverlof vir werkgewers

        Op 25 Oktober 2023 het ’n baanbrekende regsontwikkeling in die Gautengse Hooggeregshof afgespeel met die saak van Van Wyk and Others v Minister of Employment and Labour [2023]. In ‘n deurslaggewende uitspraak is spesifieke artikels van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (WBDV), en die Wet op Werkloosheidsversekering, 2001, as ongrondwetlik en nietig verklaar. Hierdie artikels het betrekking op kraam-, ouerlike -, aannemings- en opdraggewende ouerlike verlof. Die uitspraak is gebaseer op die gronde dat die bepalings teenstrydig is met die reg op gelykheid en waardigheid soos uiteengesit word in artikels 9 en 10 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.

        Die dryfveer agter die hof se besluit het berus op die bewering dat die WBDV onregverdig tussen ouers onderskei op grond van hul rolle, hetsy moeders of vaders, aanneemouers, of diegene met kinders deur surrogaatskap. Die belangrikste is dat die hof ‘n holistiese siening ingeneem het, met inagneming van die beste belange van die kind en beklemtoon dat versorgingsverlofregte ingevolge die WBDV nie net gemik is op die fisiologiese herstel van die geboorte ouer nie, maar ook op die versorging van ‘n pasgebore baba of kleuter.

         

        Dit is noodsaaklik om daarop te let dat die hof dit duidelik gemaak het dat hoewel sekere aspekte as ongrondwetlik geag is, bepalings wat die fisiologiese herstel van ‘n geboorte moeder aanspreek, van hierdie beslissing vrygestel is.

        IS JY INGELIG OOR DIE JONGSTE REGSVERWIKKELINGE?

        LAAT LWO JOU HELP!

        Vrae en antwoorde

        • Status van ouerskapverlof: ‘n Gesin sal ‘n keuse kan uitoefen van wie die primêre versorger gaan wees. Die vier maande ouerskapverlof (voorheen kraamverlof) word dan deur die ouers gedeel indien hulle dit sou wou doen.

         

        • Duur van verlof vir elke ouer: In teenstelling met die aanname dat elke ouer individueel ‘n verloftydperk van vier maande ontvang, is hierdie tydperk van vier maande per gesin en kan dit op grond van hul ooreenkoms tussen ouers verdeel word.

         

        • Administratiewe las: Geen riglyne is nog in plek nie en sal deur die Departement van Indiensneming en Arbeid verskaf word.

         

        • Tydlyn vir implementering en status van werkgewers: Die Hooggeregshof-uitspraak verander tans niks nie. Die bevel is na die Konstitusionele Hof verwys vir geldigheid, en is huidiglik in proses. Die Konstitusionele Hof is geskeduleer om die saak aan te hoor met ‘n pontensiële tydlyn vir plasing in die derde kwartaal van 2024. Indien die uitspraak bevestig word, het die parlement twee jaar om wetgewing op te stel in lyn met die uitspraak.

         

        • Impak op WVF ouerskap- en kraamverlofvoordele: Onder tussentydse verligting is alle ouers geregtig op ‘n aaneenlopende ouerskapverlof van vier maande. Ouers van ‘n kwalifiserende kind het die opsie om te besluit hoe om hierdie tydperk tussen hulle te verdeel. Enige gedeelte van hierdie vier maande wat deur ‘n ouer as verlof geneem word, ongeag hul rol in die bevalling, kwalifiseer vir WVF-voordele.
        Nog nie ‘n LWO lid nie?
        KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

        Ten slotte

        Ten slotte, verander die Hooggeregshof se uitspraak niks op hierdie stadium nie, maar sodra wetgewing potensieel opgestel is, afhangende van die uitkoms van die Konstitusionele Hof, kan die Van Wyk-uitspraak die landskap van ouerskapverlof in Suid-Afrika hervorm.

        Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

        Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

        VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

        VIND NOU UIT.

        Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

        2024 nasionale minimum loon

        2024 nasionale minimum loon

        2024 nasionale minimum loon

        Op 2 Februarie 2024het die Minister van Indiensneming en Arbeid die gewysigde nasionale minimum loon in die Staatskoerant gepubliseer. Die gewysigde minimum loon is geskeduleer om in werking te tree op 1 Maart 2024.

        VOLDOEN AAN ARBEIDSWETGEWING

        Dit is uiters belangrik vir werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen, insluitend enige wetswysigings of regstellings wat deur die Departement van Indiensneming en Arbeid uitgereik is. Dit is dus noodsaaklik dat u die nasionale minimum loontarief vir u werknemers aanpas om te verseker dat u voldoen aan die gewysigde nasionale minimum loon met intrede 1 Maart 2024.

        STAATSKOERANT

        BETAAL JY TEN MINSTE DIE NASIONALE MINIMUM LOON?

        LAAT LWO JOU HELP!

        Kontak die LWO vir bystand by 0861 101 828 of stuur ‘n e-pos aan info@lwo.co.za om te verseker dat u die regte prosedure volg wanneer ‘n werknemer se vergoeding aangepas word, of indien u enige navrae het in hierdie verband.

        Nog nie ‘n LWO lid nie?
        Take a look at our membership packages.

        Contact the LWO for any advice or assistance!

        Nog nie ‘n LWO lid nie? Take a look at our lidmaatskap opsies..

        VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

        VIND NOU UIT.

        Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.