Misbruik van die werkgewer se eiendom

Die werkgewer se eiendom vorm ‘n integrale deel van die besigheidsinfrastruktuur en enige verlies, skade, misbruik, opsetlike misbruik en vermorsing daarvan is ernstige wangedrag wat onnodige druk op die werkgewer plaas om die eiendom te herstel en/of te vervang.

 

Die werkgewer se eiendom word gedefinieer as beide fisiese en intellektuele bates. Fisiese bates sluit in, maar is nie beperk nie tot die werksplekperseel, geboue, toerusting, masjinerie, brandstof, produkte, skryfbehoeftes, besigheidsvoertuie, selfone, internet, werksure, ens. Intellektuele eiendom sluit in, maar is nie beperk tot bates van die besigheid nie: geheime, handelsmerke, patente, vertroulike inligting, ens.

Arbeidsreg

In gevalle van verlies en/of skade aan die werkgewer se eiendom, moet die werkgewer optree ingevolge die toepaslike arbeidswetgewing met betrekking tot die werkgewer-werknemerverhouding. Die werkgewer kan dissiplinêre stappe teen ‘n werknemer neem vir die skade en/of verlies van die werkgewer se eiendom.

 

Werkgewers moet altyd onthou dat ‘n werknemer nooit, selfs met ‘n geldige rede, ontslaan kan word sonder om eers ‘n dissiplinêre verhoor te hou om te verseker dat ‘n billike prosedure gevolg word en dat daar substantiewe rede (bewys) vir die ontslag is nie. Die substantiewe bewys in hierdie verband verwys na die skade wat die werkgewer se eiendom onder meer as gevolg van die werknemer se wangedrag gely het.

Nodige sorg en aandag

Elke werknemer moet kennis neem van die werkgewer se eiendom en dit met die nodige sorg en aandag gebruik, asook sonder om enige skade daaraan en/of verlies daarvan te veroorsaak. Elke saak rakende skade en/of verlies van die werkgewer se eiendom sal deur die werkgewer geëvalueer moet word om te bepaal of die werknemer nalatig was en of dit bloot ‘n bona fide fout (fout gemaak in goeie trou) was wat die skade of verlies veroorsaak het. Op grond van hierdie evaluering kan die werkgewer bepaal wat die volgende stap in terme van dissiplinêre stappe sou wees, indien enige.

SUKKEL JY MET MISBRUIK VAN EIENDOM IN DIE WERKSPLEK?

LAAT LWO JOU HELP!

Evalueer die skade/verlies

Wanneer die werkgewer die skade/verlies op ‘n geval-tot-geval basis evalueer, moet die volgende proses gevolg word:

  • Ondersoek die voorval en versamel alle bewyse;
  • Raadpleeg die betrokke werknemer(s) en getuies om ‘n duidelike prentjie van die voorval te kry;
  • Bepaal die nodige regstellende aksie wat toegepas moet word;
  • Neem dissiplinêre stappe indien nodig, afhangende van die uitslag van die ondersoek.

Proaktiewe maatreëls

Werkgewers behoort proaktiewe maatreëls in te stel om die risiko van wangedrag wat verwys na verlies, skade, misbruik en vermorsing van die werkgewer se eiendom, te beperk. Werkgewers moet ook sorg vir:

  • Konsep dienskontrakte wat proaktiewe klousules insluit wat die werkgewer se risiko in die werksplek sal verminder.
  • Verseker dat die dissiplinêre kode relevant en op datum is met betrekking tot oortredings en toepaslike sanksies.
  • Maak ook seker dat alle werknemers bewus gemaak word van wat die dissiplinêre kode behels.
  • Moedig werknemers aan om oneerlike gedrag van medewerkers aan te meld. Elke werknemer het die fidusiêre verpligting om in goeie trou en in die werkgewer se beste belang op te tree en enige wangedrag deur medewerkers aan te meld.
  • Verseker dat elke werknemer ‘n gedetailleerde posbeskrywing het om sy/haar pligte en die werkgewer se verwagtinge te verduidelik.
  • Verseker dat werknemers deeglik bewus is van die beleide en prosedures wat in die werksplek gevolg moet word met betrekking tot die werkgewer se eiendom en die gebruik daarvan.

Beperk jou risiko

Dit is noodsaaklik vir werkgewers om risiko in die werksplek so ver moontlik te beperk. Die werkgewer moet verseker dat alle reëls en regulasies, beleide en prosedures onder die werknemers se aandag gebring word en seker maak dat hulle bewus is daarvan. Hou gereelde vergaderings oor die dissiplinêre kode, reëls en beleide en prosedures, en maak seker dat die vergaderings goed gedokumenteer is en dat werknemers ‘n bywoningsregister teken.

 

Hierdie proaktiewe stappe sal verseker dat die nodige dissiplinêre stappe geneem kan word wanneer nodig.

    Nog nie ‘n LWO lid nie?
    KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

    Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

    Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.