DEPARTEMENT VAN INDIENSNEMING EN ARBEID INSPEKSIES

Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing is omvangryk en ononderhandelbaar. Baie werkgewers doen besigheid eerlikwaar onder die indruk dat hulle aan arbeidswetgewing voldoen, terwyl dit in der waarheid nie die geval is nie. Nie-nakoming kan ‘n ernstige finansiële impak hê, wat jou besigheid op onnodige risiko plaas. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die gesag om arbeidswetgewing af te dwing en gereelde inspeksies van die werksplek uit te voer om seker te maak dat werkgewers aan wetgewing voldoen.

3 SOORTE ARBEIDSINSPEKSIES

Daar is drie tipes arbeidsinspeksies, wat elkeen fokus op voldoening aan ‘n ander stel wetgewing.  Werkgewers moet kennis neem om tussen hierdie tipe inspeksies te onderskei om nakoming as geheel te verseker.  Die drie tipes arbeidsinspeksies spreek die volgende aan:

 

1.  Wet op Basiese Diensvoorwaardes
Hierdie arbeidsinspeksie fokus op die nakoming van die minimum diensbepalings en -voorwaardes waaroor die werkgewer en werknemer kan ooreenkom, insluitend bedryfspesifieke wetgewing soos ‘n Sektorale Vasstelling van Bedingingsraad se hoofkollektiewe ooreenkoms, wat arbeidswetgewing in ‘n spesifieke sektor reguleer.

Die inspekteur sal na die volgende kyk:

  • Dienskontrakte (skriftelike besonderhede van diens)
  • Bywoningsregister
  • Inligting oor vergoeding – betaalstrokies/koeverte, minimum loon, oortyd, betaalde verlof, werksure, ens.
  • WVF- en COIDA-registrasie en bewys van betalings gemaak
  • Lys van alle werknemers se name en ID-nommers

WAT IS DIE RISIKO?

Nie-voldoening: die inspekteur sal ‘n voldoeningsbevel (gedateer) aan die werkgewer uitreik, waarna ‘n geldelike boete of tronkstraf opgelê kan word.

2. Wet op Billike Werksgeleenthede

Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan die Wet op Billike Werksgeleenthede, wat ten doel het om onregverdige diskriminasie in die werksplek uit te skakel en gelyke geleenthede en regverdige behandeling te bevorder. “Aangewese werkgewers” is werkgewers wat aan sekere kriteria voldoen en addisionele verpligtinge het. Werkgewers moet toets of hulle as “aangewese werkgewers” geklassifiseer word ten einde te verseker dat hulle aan wetgewing voldoen.

WAT IS DIE RISIKO?

Nie-voldoening: ‘n “aangewese werkgewer” kan ‘n boete opgelê word vir ‘n eerste oortreding, van R1.5 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset (wat ook al die grootste is) en/of 10 jaar tronkstraf.

3. Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid

Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan gesondheid- en veiligheidsregulasies ten einde ‘n veilige en gesonde werksplek te verseker. Die inspekteur sal die volgende ondersoek: wetgewende plakkaat, gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger en –komitee, toepaslike aanwysingsborde en persoonlike beskermende toerusting, ens.

WAT IS DIE RISIKO?

Nie-voldoening: die inspekteur sal ‘n voldoeningsbevel (gedateer) aan die werkgewer uitreik en/of die besigheidsaktiwiteite tydelik tot stilstand bring, afhangende van die erns van nie-voldoening. Deurlopende nie-voldoening kan lei tot boetes, tronkstraf en moontlike strafregtelike vervolging.

SLUIT AAN BY DIE LWO

KOMMER OOR VEILIGHEID

Baie werkgewers is bekommerd oor veiligheid na aanleiding van mense wat hulself valslik voordoen as inspekteurs van die Departement van Indiensneming en Arbeid ten einde toegang te verkry tot die perseel. Dring aan op positiewe identifikasie van die persoon wat hom-/haarself as ‘n inspekteur voorstel en verifieer eers hierdie inligting voordat die persoon toegang tot die perseel verkry. Onthou ook dat geen inspekteur ‘n fooi mag hef vir die inspeksie, ondersoek, advies of enige bystand nie. Die Departement van Indiensneming en Arbeid delegeer geen derdeparty om ‘n inspeksie namens die Departement te doen nie – geen van die Departement se magte mag dus gedelegeer word nie. Geen inspekteur mag plakkate, produkte of inligting verkoop nie.

INSPEKTEUR SE REG OM INSPEKSIES UIT TE VOER

Ingevolge Artikel 65(1) van die WBDV mag ‘n arbeidsinspekteur, sonder lasbrief of kennisgewing, op enige redelike tyd enige werksplek of enige ander plek waar ‘n werkgewer besigheid bedryf of indiensnemingsrekords hou, wat nie ‘n woning is nie, betree ten einde nakoming van arbeidswetgewing af te dwing. Arbeidswetgewing plaas ook ‘n verpligting op persone om met arbeidsinspekteurs saam te werk en bystand te bied.

 

  • Geskeduleerde inspeksies: Arbeidsinspekteurs doen dikwels geskeduleerde inspeksies en verskaf vooraf kennisgewing aan werkgewers. Dit stel besighede in staat om nodige dokumentasie voor te berei, soos dienskontrakte, betaalstaatrekords en gesondheids- en veiligheidsprotokolle. Bewustheid van geskeduleerde inspeksies help om deursigtigheid en doeltreffendheid te handhaaf.

 

  • Ewekansige besoeke: Benewens geskeduleerde inspeksies, kan inspekteurs ook onaangekondigde of ewekansige besoeke aan werksplekke bring. Werkgewers moet voorbereid wees op sulke verrassingsbesoeke en deurlopende nakoming van arbeidswetgewing handhaaf om moontlike boetes te vermy.

 

‘n Arbeidsinspekteur word deur wetgewing gemagtig om met of sonder kennisgewing by ‘n werksplek aan te kom om ‘n inspeksie uit te voer. Die werkgewer is eweneens verplig om enige vrae wat deur die arbeidsinspekteur aan hom/haar gestel word, te beantwoord en om die inspekteur te voorsien van enige bystand wat hy/sy mag vereis om sy/haar funksies doeltreffend te verrig. Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing is omvangryk en ononderhandelbaar. Nie-nakoming kan ‘n ernstige finansiële impak hê, wat jou besigheid op onnodige risiko plaas.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.